Liewe vriende en vriendinne
Eerstens, ‘n Geseënde Kersfees, Voorspoedige nuwe jaar en gelukkige Valentynsdag! En sommer geseënde Paasfees as ek teen daardie tyd nog nie weer geskryf het nie. Ek is maar lui vir skryf deesdae…. Hier is bietjie nuus oor ons lewens hier in Korea, asook ons Europa-trippie wat ons oor Kersfees en Nuwejaar gedoen het.
Europa was wonderlik en ek het aanvanklik verskriklike heimwee gehad en wou letterlik op die vliegtuig begin huil het toe ons weer moes terugvlieg Korea toe, dit het net verkeerd gevoel. Ons is mos veronderstel om huis toe te gaan na ‘n vakansie. Korea sal nou maar net nooit ‘huis’ wees nie. Ek was ook ongelooflik siek die eerste paar dae in Europa, dit nadat ek die Woensdag voor ons gevlieg het al by die dokter was (wat met my gekommunikeer het via google translate), maar dit het nie juis gewerk nie. Hulle gee mens net genoeg medisyne vir 3-dae en dis baie flou…
![72866_10151327234463476_212617464_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/72866_10151327234463476_212617464_n.jpg?w=225&h=300)
Van Amsterdam af, het ons ons eerste trein na Nijmegen geneem. Van daar sou ons volgende trein na Hannover eers oor 4 ure vertrek. Ons het gereken ons sal in die stasie wag/slaap, maar ongelukkig het hulle ons uitgejaag omdat die stasie vir die aand gesluit het. Ons het toe maar met ons bagasie en als in die strate afgestap en ‘n koffie in ‘n Egiptiese bar gaan drink. Dit was maar ongemaklik en die hele plek het van hubblies gestink wat verseker nie goed was vir my brongitis nie. So het ons maar vir 4 ure in die middel van die nag in Nijmegen se strate rondgedwaal. Ons het aanvanklik in die Moslem-gedeelte ingestrompel en was maar bietjie skrikkerig vir al die immigrante. Nie ver daarvandaan nie, het ons die ‘wit’ area gekry waar die ‘scene’ heeltemal anders was. Almal ry met hul fietse nagklub toe…en dit was selfs vermaaklik om te sien hoe iemand na ‘n paar drankies fietsry. Die rasse-skeiding was nogal opvallend in die dorp. Met ons wandelings het ons ook op ‘n monument van Charl die Grote afgekom (Charlemagne), koning van die Franke. Interessant dat hy so naby aan die Moslem-gebied is en hy juis die koning was wat sy volk en land teen die Moslem-invalle jare gelede beskerm het. Net jammer die Moslems stroom nou alweer vir Europa toe…
Ons het naderhand maar op ‘n bankie voor die stasie probeer lê, maar dit was maar koud en weereens nie gehelp vir my aaklige griep-lyf nie. Dit was darem nie lank voor ons uiteindelik ons trein kon neem nie. Ek kon darem ‘n lekker slaap-sessie inwerk tot in Hannover (Duitsland).
![64952_10151327269048476_384070305_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/64952_10151327269048476_384070305_n.jpg?w=300&h=300)
![538031_10151327269053476_513587898_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/538031_10151327269053476_513587898_n.jpg?w=300&h=273)
Ons is baie dankbaar vir Luise en haar gesin wat ons al 3 so gasvry in hul huis ontvang het, ons kos gegee het en letterlik op die hande gedra het. Dit het ook ons toer aansienlik goedkoper gemaak. Ons is 6pm saam hul na hul kerk se pragtige Kersdiens gewees wat gepak was met mense. Terug by die huis was dit tyd vir feesvier en het ons uit die Bybel gelees, die kerse aan die Kersboom aangesteek en presente uitgedeel en Duitse koekies geëet. Tannie Ina het ook vir ons wors gebraai wat ook heerlik was aangesien ek nie gaan waag om hierdie wors in Korea te eet nie (net nou is daar hond of so iets in)… Ek was ongelukkig so siek soos ‘n hond en het nie weer saam na die middernag-Kersdiens gegaan nie. Ek was nogals teleurgesteld, want dis gewoonlik (van wat ek laas onthou), baie spesiaal.
Die volgende dag is ons egter vir die Sondag (wat ook Kersdag was) kerk toe en daar was aansienlik minder mense gewees. Ons het ook in vleilande gaan stap wat heerlik was om weer ooptes te sien (waarvan hier bitterlik indien eniges in Korea is). Die son het ook deur die wolke gebreek en dit was pragtig.
![540867_10151327270578476_629810143_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/540867_10151327270578476_629810143_n.jpg?w=300&h=225)
26 Desember:
Ons sou na Luise-hul se tannie op ‘n plaas daar naby gaan, maar hulle kon nie ‘n groter kar geleen kry nie (ons is een persoon te veel vir hul kar gewees). Ek’t aangebied om op Adi se skoot te sit, maar hulle was sooooo geskok dat ek dit net oorweeg om die wet te oortree. Vir my is dit weer vrek snaaks dat hulle so paranois is om dit so stiptelik te volg…as hulle maar net geweet het hoeveel mense ‘n student in ‘n 5-seater kan prop en dan ry mens soms van Bloem tot by Warmbad…
![537175_10151331993378476_1864655366_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/537175_10151331993378476_1864655366_n.jpg?w=300&h=300)
![537283_10151331993678476_756657823_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/537283_10151331993678476_756657823_n.jpg?w=300&h=225)
27 Desember:
![582429_10151335160263476_197620854_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/582429_10151335160263476_197620854_n.jpg?w=300&h=195)
![320961_10151335181113476_641000845_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/320961_10151335181113476_641000845_n.jpg?w=300&h=225)
Adi het na die Romeins-germaanse kultuurmuseum gegaan en ek en Vivo het besluit om na die eau de cologne-winkel/fabrieke te gaan. Dis hier waar die eerste cologne gemaak is, maar twee verskillende ‘brands’ (4711 en Farina) claim albei om die eerste een te wees. Hulle het baie geskenkpakke wat mens kan koop en so, maar dit ruik maar vir my na seep, so ekt niks gekoop nie, al is die idee dat dit die eerstes was nogal cool.
28 Desember:
![230664_10151340881703476_255574374_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/230664_10151340881703476_255574374_n.jpg?w=300&h=225)
Ons het die aand in Munich in ‘n jeug-hostel oorgeslaap. Luise en haar familie was so gaaf om dit als vir ons te betaal as deel van ons Kersgeskenk!! Die hostel is regtig baie nice en as ek ooit weer in Europa iewers sal moet oornag, gaan ek nie nog sukkel met duur gastehuise en hotelle nie.
29 Desember:
![9467_10151344343313476_1161367796_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/9467_10151344343313476_1161367796_n.jpg?w=300&h=225)
![431511_10151345902273476_2039105372_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/431511_10151345902273476_2039105372_n.jpg?w=300&h=225)
![536917_10151345902693476_1552912211_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/536917_10151345902693476_1552912211_n.jpg?w=225&h=300)
![154171_10151345900478476_73841264_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/154171_10151345900478476_73841264_n.jpg?w=300&h=225)
![869_10151340881873476_2133414427_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/869_10151340881873476_2133414427_n.jpg?w=300&h=300)
Van daar af, is ons Antwerpen toe, in België, om ons bietjie te gaan tuismaak in Vivo se kamer.
30 Desember:
![318078_10151357967728476_1120202869_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/318078_10151357967728476_1120202869_n.jpg?w=300&h=267)
31 Desember:
![72912_10151357968243476_3192949_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/72912_10151357968243476_3192949_n.jpg?w=300&h=300)
Ek’t ook die baie goeie nuus gekry dat my boetie ‘n beurs van Sunette Bridges gekry het nadat ek hom benoem het daarvoor, so toe vier ek sommer nog lekkerder die ou jaar. Toe dit nou begin later word, het ons na ‘n kroeg gegaan, ‘n doppie gedrink en toe nader na die rivier begin beweeg vir die vuurwerk-vertoning. Ons het ook deur die rooi-lig gebied gestap. Dis nogal erg!! Die meisies staan in die vensters soos winkelpoppe en pose in onderklere ens. Ekt nogals nie gedink die bordele is so oop en bloot nie. Adi was so diep in gesprek met ‘n Hollander, hy’t dit gemis. En natuurlik teruggehardloop toe ons daar uit is en dit met hom meedeel!!! Dit het darem vir baie vermaak gesorg onder ons klomp. By die rivier het ons met ‘n tonnel onderdeur gegaan om van die ander kant af te kyk omdat die rivier-bank te vol mense was aan ons kant. Dit het vir my soos ‘n ewigheid gevoel. Wat nogals cool is, is dat die roltrappe van hout is. Die vuurwerkvertoning was amazing en dit het lekker lank aangehou. Al wat vir my hiper-weird was, was ‘n vrou wat daar was met haar klein hondjie…dink sy regtig hy wil ook graag dit sien???
1 Januarie:
Ons was Gent toe vir die dag, maar dit was nie juis iets besonders nie en baie winkels was gesluit omdat dit die eerste was.
Dit was wel mooi met al hul water en huisies ens.
![19421_10151360708583476_1901158850_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/19421_10151360708583476_1901158850_n.jpg?w=300&h=225)
2 Januarie:
![45556_10151397708963476_1137041648_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/45556_10151397708963476_1137041648_n.jpg?w=225&h=300)
![602221_10151397709513476_1454100009_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/602221_10151397709513476_1454100009_n.jpg?w=300&h=225)
![534989_10151399629633476_973515835_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/534989_10151399629633476_973515835_n.jpg?w=300&h=300)
3 Januarie:
![382216_10151408083193476_1109645906_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/382216_10151408083193476_1109645906_n.jpg?w=99&h=300)
![484777_10151367601313476_936529982_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/484777_10151367601313476_936529982_n.jpg?w=300&h=225)
![600993_10151408082063476_556405864_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/600993_10151408082063476_556405864_n.jpg?w=282&h=300)
4 Januarie:
![72946_10151409226038476_95946230_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/72946_10151409226038476_95946230_n.jpg?w=300&h=201)
![73486_10151409226143476_1903466386_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/73486_10151409226143476_1903466386_n.jpg?w=300&h=225)
![600947_10151409226053476_2106790941_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/600947_10151409226053476_2106790941_n.jpg?w=300&h=159)
Alhoewel die meeste diere in die ark ‘fake’ is, is daar tog ook lewende diere soos honde, perdjies, poue, hoenders, klomp voëls, ens wat daar rondloop. Daar is ook ‘n ark-restaurant en dit was nogal kostelik toe ek hoor hoe ‘n Nederlandse ma vir haar kinders vertel dat daar nou nie regtig ‘n restaurant met hierdie kos in die ark was nie. Daar was vreeslik baie families daar en ook die grootste gesinne as in die res van Europa. Ek skryf dit toe aan die feit dat Dordrecht aan die Bybelgordel is en ernstige Christene is mos oor die algemeen meer ernstig daaroor om groot gesinne te hê en die Bybelse opdrag te gehoorsaam (wees vrugbaar en vermeerder). Dit was vir my baie mooi om te sien….hoekom nou net 1 of 2 kinders hê as jy 5 kan hê???
Ons het vir ons ‘n Ark-bordspeletjie gekoop wat nogals lekker is en ook Johan Huibers se autobiografie. Ek lees dit nou op die oomblik en dit is werklik interessant en ek leer ook sommer baie oor die geskiedenis van my moederland.
Ons het van daar af na Amsterdam vertrek en weer by Stefan aangesluit. Hy het ons bederf met ‘n heerlike gekookte ete by sy huis (lekker groot nogal!)
Hy het ons die aand toe na Utrecht geneem om ‘n drankie te gaan drink in ‘n kroeg wat vroeër ‘n Rooms-katolieke kerk was. Dit voel nogal vreemd om daar te staan en drink terwyl die moeder Maria en saints almal na jou kyk. Die atmosfeer in die Europese kroeë is vir my baie lekker. Ek dink dis juis omdat hulle nie musiek speel baie van die tye nie en die atmosfeer geskep word deur die mense se gepraat met mekaar. Ek haat mos ‘n club waar ek nie kan hoor wat die mense vir mekaar sê nie. Adi het ‘n Duvel (duiwel) gedrink en ek en Stefan het ‘n kriek gedrink. Ons het ook bitterballe geëet.
![179720_10151413303543476_522621658_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/179720_10151413303543476_522621658_n.jpg?w=300&h=225)
![537025_10151413303403476_33167102_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/537025_10151413303403476_33167102_n.jpg?w=225&h=300)
![25955_10151413304533476_638120967_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/25955_10151413304533476_638120967_n.jpg?w=225&h=300)
![46971_10151413303913476_667752952_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/46971_10151413303913476_667752952_n.jpg?w=300&h=225)
![65700_10151413305188476_1146266193_n](https://illaquaeputo.wordpress.com/wp-content/uploads/2015/05/65700_10151413305188476_1146266193_n.jpg?w=193&h=300)
Ons het in totaal 50 treine in 8 dae gery met ons hele toer!!!
5 Januarie:
Oppad terug Korea toe en ek is in trane. Is nou gatvol vir Asiërs en slegte kos. Ek’t nou die Weste geproe en wil huistoe!! Dit was so lekker om met mense te kon kommunikeer wat my verstaan! Hetsy dit Engels, Afrikaans of Duits was. Die wat my goed ken weet mos ek is baie lief vir gesels en hierdie geen-kommunikasie in Korea maak my dood. Ek dink dis waar my keerpunt gekom het dat ek nie nog ‘n jaar in Korea wil deurbring nie.
Moenie my verkeerd verstaan nie, Korea was nog net goed vir ons. Maar ek dink ‘n jaar was genoeg en dat daar ander avonture op ons wag. As ons egter nie ander en beter moontlikhede in SA of elders kry nie, mag ons dit dalk oorweeg om later weer Korea toe te kom, al is dit net vir die lekker salaris.
Maar ek sal nie weer kindergarten wil gee nie. Ek dink ek is nou allergies vir klein kindertjies en hulle irriteer my net ongelooflik baie. Adi geniet hulle nogal baie. Eintlik snaaks omdat hy die een was wat voor die tyd gesê het hy wil nie met kleintjies werk nie en ek wou weer graag. Maar ek mis my hoërskool-kids met wie mens darem ‘n gesprek kan voer en dieper in ‘n voorgeskrewe boek in kan delf as om net hulle te leer lees. Ek dink wel my 5 en 6-jariges hier lees uitstekend…seker omdat ek ‘n spelling-nazi is en hulle dril. Ek moet sê dit is nogal impressive om te dink dat in SA die kinders eers op 7-jarige ouderdom hul eie taal begin lees en skryf en dalk so bietjie engels leer praat. Maar hier kan hulle al vlot Koreaans lees en skryf as hul 5 is en dan begin hulle ook Engels lees en skryf. En om te dink die tale het nog verskillende simbole ook. Net jammer hul verstaanvlakke is nie dieselfde as hul lees en skryf vermoëns nie. En dis die eintlike probleem.
Maar ek sal nooit enige land aanbeveel om Korea se opvoedingstelsel te na-aap nie. Dan kies ek eerder SA se onder-standaard waar die kinders nog gelukkig is en net kan speel. Dis skokkend om te dink dat Korea se selfmoordsyfer bykans net so hoog is as SA se moordsyfer. En meestal is dit kinders wat net onder die akademiese druk vou. Die dag van hul groot matriek-eksamen (die toets duur iets soos 9-ure) en die dag daarna is wanneer die meeste selfmoorde gebeur. Ek hoor gereeld dat die kinders tot 7pm nog skool het (ja, die HELE dag). Dan eers begin hul met buitemuurs soos Taekwondo of nog ekstra akademiese klasse soos Engels. As dit klaar is (kom ons sê so 10PM), dan begin hulle eers met huiswerk en swot. Volgens wat ek hoor, slaap die gemiddelde Hoërskool-kind van 2am tot 6am. Die res van die tyd swot hulle. Dit is regtig INSANE!!
Ek het ook nou die dag koffie gedrink saam met ons kerk se worship-team se klavierspeler. Sy is ‘n Koreaanse meisie van amper 30. Sy vertel my toe hoe sy stres dat sy nooit ‘n man gaan kry nie, want sy het nie tyd om bietjie mense te ontmoet nie omdat sy die heeltyd swot. En by haar werk? Nee sy is ‘n psigiater en sy soek nie ‘n crazy nie, haha!
Verder gaan dit goed met ons en ons gaan nog aan. Ons begin voelers uitsteek vir ander moontlikhede en beide ek en Adi het al positiewe terugvoer gekry, maar nog niks definitief nie.
Ek sal julle graag wil vra dat julle ook vir ons bid in hierdie tyd dat daar vir ons nuwe deure sal oopgaan en dat ons ook die regte besluite sal maak. Dis nogal ‘n stresvolle storie want ons moet aan die einde van die maand kennis gee en ons hoop om dan al meer sekerheid te hê.
Intussen sien ek vreeslik uit om al die geliefdes in SA te sien en ek beplan om sommer ‘n lekker bring-en-braai te hou (BRAAI!!!!!!! VLEIS!!!!) met almal wat ons hopelik ook verlang het.
Ek weet ek vra elke keer en dat net soos 2 mense dit ooit doen, maar skryf asseblief terug. Ek wil regtig ook weet hoe dit met jou gaan, anders sou ek nie die moeite gedoen het om julle te update nie. Ek het ook bietjie my facebook gedeaktiveer tot en met paasfees, so ek gaan nou my emails ekstra baie waardeer. Ek hoop ek hou by die challenge, 40 dae is super lank!!
Ek hoop julle behou kontak!!
Liefde
Lize
(PS. Jammer vir die super lang brief!! )