The American dream – ‘n nagmerrie by die konsulaat

Tydens die Somer van 2015 is ek en Adi bietjie na Amerika gewees waar ons van ons Facebook vriende in persoon gaan ontmoet het en waar Adi vir 4 Sondae by ‘n klein kerkie gaan preek het. Maar meer oor ons trippie later. Eers wil ek my ervaring met die visum-aansoek deel.

Ek wou al lankal vertel, maar was so bang ek word gearresteer of assassinate as ek uitpraat voor ons trippie dat ek dit vir ‘n rukkie eers uitgestel het, haha.

Eerstens as jy op die internet jou afspraak maak, moet jy ‘n vraelys invul. Die vreemdste vrae onder die son. Vrae soos: “Do you plan on being a prostitute” of “do you plan to engage in terrorist activities?” Imagine nou ek tick “no” en gaan blaas ‘n bank of iets op… Gaan hul dan met my raas en sê “Jy’t BELOWE jy sal nie!!!”

Op die website sê hul dat as mens jou selfoon saambring, dit dalk jou afspraak kan vertraag weens sekuriteitskontrole. Maar aangesien ek die middag weer terug in Groningen moes wees om die oppaskinders by die skool op te tel en ek nie geweet het hoe lank dit gaan vat nie (die treinrit alleen is 2 ure lank), kon ek nie regtig my foon tuis los nie aangesien ek die kinders se ouers sou moes bel as ek nie betyds kon terug wees nie. Dus beplan ek toe om ‘n uur vroeër al vir my afspraak daar op te daag.

Daar gekom staan daar een norse man voor die konsulaat. Ek gaan na hom en wys my papiere. Hy sien ek’s vroeg en stuur my toe weg. “Come back at your appointed time.” Nou ja, ek stroll toe maar daar op Amsterdam se museumplein rond, drink ‘n koffie’kie en eet ‘n stroopwafel. So 5 minute voor my afspraaktyd gaan ek terug. Die keer verloor die meneer dit en skree op my “I told you to come back at your appointed time!!!!” F****t ou, haal die boeing uit jou hol, dis net 5 minute!!! (Ek’t dit net gedink – nie hardop gesê nie, maar ek wou).

Ek’t maar weer vir 5 minute gaan stap en toe teruggekom. Terug daar, vra hy of ek my selfoon by my het. Ja ek het. Ek het dit ook al die eerste keer wat ek soontoe gegaan het vir hom gesê. Baie nors word ek na ‘n ander ry gestuur. Die ry van die “stout kinders” wat hul selfone by hul het.

Daar staan ons toe vir seker ‘n driekwartier en wag tot ‘n sekuriteitswag uitkom en vir ons vertel dat die konsulaat nou gaan sluit en dis nou sleg vir ons maar ons moet re-schedule want hul het nie tyd om ons selfone deur die security check te sit nie. Maar….hy sê toe ook: “If you can get rid of your phone within the next 10 minutes, you can go right in.” Ek en die een Hollander daar dink dadelik dieselfde ding en ons hardloop na ‘n blombedding aan die oorkant van die plein en gooi ons fone sommer daar in. Ons het besluit ons vat die kans vir ons fone om gesteel te word — myne was toe net ‘n ou Blackberry en dit sou my inelkgeval meer gekos het om te re-schedule. Terug by die konsulaat kom daar ‘n shitload sekuriteit uit. “You have committed an act of terrorism by planting electronic devices in front of a US consulate, this is a felony.”

Kyk, ek bevuil amper myself en bars in trane uit. Ek sê vir die mense “do I look like a terrorist??? You told us to get rid of our phones, that’s what we did!” Ons word toe beveel om ons fone te gaan haal, hul sal gou die check doen. Ek glo nie hul wou ons regtig arresteer nie, net weer bietjie hul eie magsgevoel boost deur ons te intimideer.

Hollandertjie word beveel om sy foon se battery uit te haal. Ek wil nie tyd mors nie en haal my battery ook uit. Die offisier ontplof. “I did not tell YOU to take out your battery, I need to see it on!!!!” Okay okay, ek sit weer die battery in. Nou ek weet nie of jy weet hoe lank ‘n Blackberry vat om aan te gaan as jy die battery insit nie. Laaaaaank. Offisier verloor weer sy cool en dinges my uit omdat my foon so lank vat. Ek kan mós die foon aanjaag. Op die ou end is hy te ongeduldig om te wag tot die foon aangaan en word ek gevra om die battery uit te haal. Nou weet julle wat is die sekuriteits check wat apparently so lank vat??? Dis so wit papiertjie dingetjie wat hy net so oor my foon waai. Vat 2 sekondes tops!!!

Binne die gebou moet ons ook deur een van daardie scanner goed loop. Stupid kaaskop het toe ‘n broodmes in sy tas! Ja, dis nou een ding van die Hollanders. Hul pak nie ‘n klaargemaakte broodjie vir die dag in nie. Hul pak ‘n halwe brood, mes en grondboontjiebotter in en maak dan deur die dag broodjies wanneer hul honger is.

Eerste balie waar ek moet aanmeld daar binne kry ek toe ‘n baie vriendelike man wat my help. Toevallig is hy ‘n Nederlander. Baie opgewonde toe hy my SA paspoort sien en wil net hê ek moet asseblief bietjie Afrikaans met hom praat. Hy’t my nogals gehelp om te kalmeer na my “felony” van vroeër.

In die onderhoud ry hoor ek die gesprek met die meisie voor my. Sy word haar visum geweier. Sy’s oppad na ‘n konferensie in die VSA, maar het pas klaar studeer en nog nie werk in Nederland nie, toe figure die beampte dat sy nie genoeg bewyse het dat sy gaan terugkom nie. O donner, ek gaan nie my visum vandag kry nie, is al waaraan ek kan dink.

My beurt. Nog ‘n nors Amerikaner. Hy val weg met klomp name wat hy opnoem en vra of ken ek die mense. Ek ken niemand nie. Hy kyk my aan asof hy nie ‘n woord uit my mond glo nie met “are you sure you don’t know them?” Hy vra toe wat ek in Nederland doen vir ‘n werk. Ek’s ‘n nanny. Nee ek het nie ‘n kontrak nie. Maar geluk (prys die Here) het ek ‘n brief van my werkgewers wat my vakansiedatums uitstippel en wanneer ek weer moet begin werk. Volgende vraag: hoe ken ek my vriende in die VSA? Okay, so ek kon net nie vir hom sê dat ons hul op Facebook ontmoet het nie. Dan gaan ek mós die visum kry. Ek sê “networking”. Hy kyk my weer weird aan. Dit lyk nie of ek die visum gaan kry nie. Hy vra my “What are you going to do at thát church?” Nou omdat daardie kerkie nog bitter klein is en nog nie geregistreer is as ‘n kerk nie het ek heeltemal niks daaroor gesê of so nie. Bloot net dat ons vir vriende gaan kuier. Dus het hul op ‘n manier goed op my gespy om goed te weet wat ek nie vertel het nie. My tong knoop amper soos wat ek iets probeer uitdink “we are Christians and planning to attend church on Sundays.”

Skielik kry ek die brainwave om te sê dat Adi al die mense ontmoet het. Hy was vroeër die jaar in Florida vir ‘n konferensie. Ek sê dit vir die man. “Did we issue his visa?” Yes. Gelukkig het ek op die laaste minuut voor ek die oggend by die huis weg is, sy paspoort saamgevat en kon ek vir hom wys. Toe wou hy weet wat ons in Korea gesoek het… Net bietjie gaan geld maak ou.

Die man kyk my stip in die oë. Ek dink “o shit.” Hy sê: “Enjoy your stay in the United States of America.” Ek glo dit nie. Ek vra hom “so is my visa approved????” “Yes.”

All’s well that ends well, maar dit was vir seker een van die mees stresvolle dinge wat ek nog gedoen het. Oppad terug Groningen toe tjank ek van verligting in die trein. Drie dae later word my paspoort met die visa by my afgelewer. 10 jaar geldig. Dankie tog!! Nou weet ek darem vir seker ek hoef die volgende 10 jaar nie deur dieselfde stront te gaan nie.

Nou wonder ek… julle Amerikaanse boikies, gaan julle my blog vertaal en lees? Watch my lekker hoor!

 

 

Griekeland: Kos it’s lekker!

Na 3 jaar van getroude lewe het ons ‘n regte egte honeymoon gekry! Ons het besluit op Griekeland en is voort na die reisagent. Die goedkoopste opsies was Kreta en Kos. Ja ja, ons is al goed suinige Nederlanders. Ek’t nog nooit voorheen in my lewe van Kos gehoor nie, maar het besluit om te gaan google en het op ‘n ekspat-groep gevra vir aanbevelings. Kos het loshande gewen en ons het bespreek. Jippie!!! Met bietjie google het ek ook gesien dat Kos in die Bybel voorkom. Handelinge 21:1. Nogal pretty cool om op ‘n plek te kon wees waar die ysters van die geloof ook was baie baie lank terug.

EN nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.

Dis net ‘n week gewees, maar was so so nodig. Ons het besef met die wat ons so oorsee bly het ons eintlik lanklaas net ‘n gewone vakansie van rus beleef. Ons wou natuurlik soveel moontlik van Europa sien en het elke keer baie intense toere gedoen wat ons eintlik meer uitgeput as uitgerus gelaat het na die tyd. Ek het verlief geraak op Kos-eiland en sou ons langer in Europa woon of ooit weer dit kan bekostig, sal ek weer en weer en weer op ‘n Griekse eiland wil gaan vakansie hou.

11050280_10153268552733476_4565081459883515792_nOns het Sondag 10 Mei vanaf Schiphol gevlieg. Terwyl ons wag vir ons vlug het ‘n snaakse mannetjie na ons geloop en vir Adi kom sonroom aansmeer. Gingers en ‘n son-vakansie is gevaarlik… Ons vlug met Arke was heerlik en dit was ‘n direkte vlug. Ons is vanaf Kos se lughawe weer met ‘n bus opgelaai wat ons tot by Imperial Hotel gebring het. Ons het die goedkoopste opsie vir ‘n kamer gekies maar later gedink dat dit dalk meer ekonomies sou wees as ons liewers ‘n duurder kamer met kombuisapparaat gekies het want op die ou end moes ons elke ete gaan uiteet het wat maar mens se geld vinnig opvreet. Die aand het ons so bietjie in die dorpie gaan rondloop en vir ons elkeen ‘n hoed teen die son gekoop. Ons het heerlike skaaptjops by La Strega Restaurant naby ons hotel geëet. 10441526_10153269372648476_2075398113643713825_nDie baklava was ook van die beste wat ek nog geproe het. 10301932_10153348931638476_691221797581701545_n                    Die Grieke was ontsettend vriendelik en oral is geselsies aangeknoop en die verbasing was vir hul super groot om Suid-Afrikaners daar te kry. Ek dink nie dis ‘n algemene gesig nie.

10593185_10153348935598476_1143534191152663457_n

Maandag 11 Mei: Ons het besluit om ons onmiddelike omgewing te gaan verken en het na al die bouvalle gaan kyk. Dit was nogals indrukwekkend, veral om te dink dat sommige pilare en mosaïekwerk al voor Jesus se tyd ontstaan het. 11252677_10153348933748476_82518108140630807_n                                           Ons het na ‘n bitter lang winter in Nederland ook die warmte van die son ingedrink.   11401260_10153348933493476_2598577616114929704_n 11406867_10153348934628476_5081644455851414293_nOns het ons eerste gyros pita geëet en dit was byna elke middagete se storie siende dat dit so vullend en goedkoop is. Ons het ook die boom van Hippokrates gesien wat glo een van die oudste bome in Europa is. Hippokrates is op Kos gebore en het daar gepraktiseer. 10995628_10153418777263476_9064244102955493001_nOns het vir ons ‘n kopie van die eed gekoop en ek was nogals verbaas hoe spesifiek dit sê dat geen geneesheer vir ‘n vrou iets mag gee wat tot ‘n aborsie sal lei nie en hoe ‘n geneesheer ook geensins euthanasie sal toepas, selfs al word daarna gevra nie. Deesdae vee meeste geneeshere hul bloot daaraan af. Geen trots meer in die beroep om te GENEES ipv dood te maak nie.

Nor shall any man’s entreaty prevail upon me to administer poison to anyone; neither will I counsel any man to do so. Moreover, I will give no sort of medicine to any pregnant woman, with a view to destroy the child.

11412368_10153373584608476_1568692380599499354_n

11143679_10153373604873476_8174324683528320472_n

Dinsdag 12 Mei: Die dag was bietjie reënerig en nie juis ‘n strand-dag nie, so ons was bly dat ons die vorige dag vir die ekskursie na Nisyros-eiland bespreek het. Ons het ‘n ferry geneem en vriende gemaak met ‘n ouer Britse paartjie. Die vertel ons toe dat hul baie graag SA sou wou besoek maar dat dit vir hul net te duur is. Dit was aanvanklik vir my ‘n skok want ek was altyd onder die indruk dat SA goedkoop is. Die ander kant is seker dat ek nog altyd SA se plaaslike fooie betaal het en nie as buitelander uitgebuit word deur hotelle en plekke nie. Ek weet wel dat die Gautrein belaglik duur is in vergelyking met treine en subways in Europa.1508565_10153373592763476_7338397226458276897_n Die vulkaan op Nisyros was nogals indrukwekkend.10460450_10153373587528476_1318937058644110194_n Ons het in die groot krater afgeklim en kon die hitte onder ons voete voel. Ook kon mens die stink-eier-reuk van die swael ruik en rook by gate sien uitkom en water hoor borrel. Daar is ‘n legende dat Poseidon glo met een of ander god baklei het en ‘n stuk van Kos-eiland afgebreek het en toe op die god gegooi het. Dis nou glo hoe Nisyros ontstaan het en die vulkaan is eintlik die ander god wat kwaad is en probeer uitkom. 11193340_10153272752993476_8950489169901721105_nOns het verder in die dorpie rondgestap wat te skattig is met sy blou en wit huisies, katte orals en mosaïek vloere.          11412452_10153373599508476_1504259798382629074_n

Woensdag 13 Mei: Die dag het ons heerlik op die strand spandeer, getan en geswem. Die water is super helder en ons kon die vissies saam ons sien swem. So wow!!10153090_10153378787473476_5132952997994044275_n 10473619_10153378787648476_2630034097913062994_n11537696_10153378785723476_2960589994473915501_n               10957317_10153278352408476_3364637303084313329_nEn natuurlik het ons die cocktails-op-die-strand ding gedoen! Die een waiter by die restaurant kan vlot Nederlands praat en ons het nogal lekker gelag vir hom. Hy’t perongeluk vir ‘n Nederlandse omie gesê goede morgen ipv goede middag en die oom het dadelik op sy horlosie gekyk en gereken dat hy die jong man moet reghelp. Die Griek was sommer geïrriteerd en het om “mureneuker” toegesnou. Glad nie ‘n mooi woord nie, maar ek en Adi het uitgebars van die lag. Ons het lekker met hom gesels oor al die snaakse gewoontetjies wat die Nederlanders soms kan hê. Wat ons glad nie van Kos-eiland verwag het nie, was hoe Nederlands dit is. Die restaurante adverteer vir kelners wat Grieks, Engels en Nederlands magtig is, daar is tot Nederlandse vlae en posters van die Koningsgesin oral op en natuurlik ‘n paar Hollandse restaurante vir die Nederlanders wat doodbang is om enige vreemde kos te probeer. Byna ‘n Nederlandse kolonie!

1972312_10153378789748476_8525211030745610792_n 10006108_10153378789323476_9064262536721102824_nMet sonsondergang het ons gaan perdry by Salt Lake Stables. Ek was die een in die groep wat die beste kon perdry en was voor-in-die-koor saam die Griek terwyl die ander doer ver agter gebly het omdat hul te bang was vir gallop. Ek’t nogals spesiaal en super cool gevoel. Een van ons beste besluite gewees! Hulle het ons by die hotel kom op-en-aflaai, die perdry langs die strand met die son wat oor die water sak was amazing en ons is boonop deur die Grieke genooi om saam hulle te kom braai.10888822_10153378790123476_7332083956781753498_n Die vark is die middag geslag en ons kon seker nie vir varser vleis gevra het nie. 10264280_10153378790083476_921102057134514092_nDrinkgoed was op die huis. Ek wonder of hulle nie eintlik teen ‘n verlies gewerk het nie — ek dink die Grieke se gasvryheid is dalk ‘n goeie eienskap wat hul nou in ‘n ekonomiese krisis gekry het. Interessant van die aand — ons was ‘n baie diverse Europese groep met mense o.a. vanuit Holland, Denemarke, Tseggië, Duitsland ens, maar tog was die voertaal meestal Duits en nie Engels soos wat mens so maklik aanneem dit sal wees nie. Ons het lekker met die ou Griekse omie gesels — hy was super polities inkorrek en ek sal dit liefs nie herhaal wat hy als gesê het nie…ek wil nie deur die menseregtekommissie ondersoek word nie en netnou kry die omie ook grief as een of ander Afrikaanse libtard hier kan lees. Ek’t dit weer baie geniet om met iemand te gesels wat nie doekies omdraai as daar oor die realiteit gepraat word nie.

10470802_10153398982183476_1449026076197919777_nDonderdag 14 Mei: Ons het vir die dag ‘n karretjie gehuur om die hele eiland te kan volry. Snaaks genoeg wou hul my internasionale lisensie eerder as Adi se SA lisensie hê, maar tog moes hy bestuur. Ek weet nie hoe dit gewerk het nie, maar anyways! Dit was toe ook nou ‘n eerste vir Adi om aan die regterkant van die pad te ry en ook goeie oefening vir ons Amerika-trippie later vanjaar.

11231089_10153398974293476_4108514427466835102_nOns is eerste na Thermes waar daar natuurlike warm water is weens ‘n vulkaan. Ek’s bly ons het vroeg gegaan want dit was toe nog taamlik stil daar. Die warm water was heerlik al het die swael-reuk maar erg gestink. Toe ons oppak en terug kar toe gaan, toe kom daar massas mense aan, so ons het dit goed getime.

11012420_10153418763913476_4297479146852674109_nOns volgende stop was Zia, ‘n dorpie baie hoog in die berge. Ons kon pragtige uitsigte van daar bo kry al was die paadjie soms senutergend.11219370_10153398977043476_4349914217745360669_n                                             Daar was klomp stalletjies en Adi het vir hom heuningrum gekry en ek ‘n paar olyf-sepies. 11694814_10153418764438476_4464837498666211415_nEk was super tempted om van die skattige Griekse babarokkies te koop, maar aangesien ons nog nie enige vooruitsig vir kinders gesien het nie, het ek dit maar gelos. Nou is ek lekker spyt!

11012609_10153398981368476_1359159283451683969_nVan Zia af het ons gery tot by Paradise Beach en dit is nou sowaar paradys! 11257961_10153398981663476_5654945530338186408_nWit sagte strande, nog helderder water, see wat baie lank vat om diep te word. Selfs die ginger wat gewoonlik son vermy en nie juis swem nie, het dit geweldig baie geniet.

11666189_10153398988443476_4633342522833727063_nVandaar na Agios Stefanos, ‘n vervalle tempel en toe na Kefalos waar ons ‘n melkskommel gaan drink het. Ons het maar tussen plasies in die omgewing gery en die landskap herinner ontsettend baie aan Oos-kaap Karoo.10404461_10153398994283476_3892671858735325672_n Selfs die skape wat daar wei! 11665490_10153398995948476_8442760777826093371_nBy Kefalos se hawe het ons die helderste turkoois water beleef en kon ons ook die visse sien swem. Wow wow wow! Van daar is ons weer terug na Kos-stad. 11038686_10153398998393476_8775975034252873549_n

11709523_10153418776853476_1308451850153068460_n

11709708_10153418766488476_2655903725351076710_nVrydag 15 Mei. Ons het die dag weer heerlik in die son en op die strand deurgebring en net gechill. Die aand is ons na ‘n Griekse kultuur-aand. Daar is Griekse danse gelewer met ‘n ete en onbeperk wyn. Wat ‘n bliksem! My glas is heelaand opgetop en vir iemand wat basies nooit drink nie, was dit nie goed nie. Ek kan niks meer van die aand onthou nie, maar het glo vir die Britte aan tafel gesê ons Suid-Afrikaners like hulle niks. Hoe ek by die hotel gekom het weet ek ook nie. Ek weet net die volgende dag was sleg. Hoekom mense ooit vrywilliglik wil dronk word, sal ek nooit verstaan nie. Ek sak my kop in skaamte.

Saterdag 15 Mei. Babbeleer. 11233541_10153281219673476_8230412570441485061_nLater die dag het ons wel na ‘n kissing-fish plekkie gegaan waar jy met jou voete in die water sit en die visse aan jou voete knibbel. Dink dit het dalk gehelp deur my bloedsomloop weer mooi aan die gang te kry. Dit was erg kielierig in die begin — veral as hul so tussen jou tone suig, maar my voete was nog nooit ooit so skoon en mooi nie. Iets wat ek definitief elke Somer wil laat doen.

Sondag 16 Mei. Ons laaste tydjie op die eiland. Ons het uitgeboek en toe strand toe gegaan. Daar het ek ‘n lekker rugmassering deur ‘n Chinese vroutjie gekry. Aangesien ons geld na die week bietjie aan die min kant was, het ek haar erg afgestry en toe sy my deur die massering (wat mal lekker was) vertel sy’t ‘n man en kind by die huis en sy’s vir 6 maande in Griekeland om geld bymekaar te maak omdat hul regtig swaarkry, toe voel ek nogals baie sleg dat ek haar so kwaai afgestry het. Maar aan die ander kant, sy’t darem iets gekry waar ek die normale prys nie sou kon betaal nie.11255810_10153281639338476_660068975231684045_n Die middag het ons by die hotel se swembad deurgebring en net gechill tot ons bus wat ons lughawe toe geneem het ons kom oppik het.

Van daar is ons weer op die vliegtuig Schiphol toe. Ons het so bietjie genip toe ons bagasie vreeslik lank vat om te kom. Ons het ampertjies die laaste trein na Groningen gemis en sou op die stasie moes slaap tot die volgende oggend indien ons hom nie betyds gevang het nie. Dank die Here ons kon op hom kom.

Dit was werklik een van die lekkerste vakansies in my lewe. Vir ‘n keer het dit gevoel of daar niks is wat my jaag en my opstres nie. Ons het elke dag net gevat soos dit kom. Selfs Adi wat dit moeilik vind om totaal en al te ontspan en weg van die studies te wees, het ek vir die eerste keer werklik sien ontspan. En die ontspanning het ons goed gedoen. Na dese verwag ons ons eersteling! Made in Greece.

s111745495_10153470755383476_6413621172838240435_n