Pro-lewe, selfs in die moeilike gevalle.

Diegene wat my goed ken, weet dat die hele pro-lewe kwessie een groot passie van my is en ek sal myself seker ook as aktivis kan beskryf. Ek dink dis absurd dat vrouens die keuse mag hê om hul kind te vermoor. Moord mag nooit ‘n reg wees nie. In kort, ek dink dis walglik as jy jouself soos ‘n slet gedra het en dan toelaat dat ‘n babatjie met sy lewe daarvoor moet boet.

pro-life_feet prolife2 quote-the-greatest-destroyer-of-peace-is-abortion-because-if-a-mother-can-kill-her-own-child-what-is-mother-teresa-183493

Maar nou ja. Sonder om die mees algemeenste rede vir aborsie (naamlik “choice”) in ag te neem, gaan ek bietjie my standpunt verduidelik oor die moeiliker kwessies. Ek begryp dat baie mense nie met my oor my standpunte gaan saamstem nie, maar voel steeds welkom om my iets te vra in die comments en om my sieninge te “challenge”. As daar egter vloek en skel en persoonlike aanvalle by jou comment betrokke is, sal hy nie geplaas word nie. Ek gaan eers net ‘n stuk met my opinie oor die betrokke kwessies skryf, en sal dan later skakels inplaas om van my stellings te steun.

Verkragting:

Hierdie is seker die argument wat altyd eerste opgebring word as mense aborsie wil verdedig. Verkragting is ook ‘n verskriklike traumatiese gebeurtenis en iets wat elke 17 sekondes in Suid-Afrika plaasvind. Dus is dit baie relevant vir ons en voel ek dis die een om eerste aan te spreek aangesien meeste Suid-Afrikaners aborsie in hierdie geval steun sonder om ‘n oog te knip.

Eerstens is dit ‘n ongelooflike klein persentasie van mense wat ‘n aborsie ondergaan wat wel verkrag is. Dit gebeur dat iemand swanger kan raak na verkragting, dit sal ek nie ontken nie, al is die kans baie skraal. ‘n Vrou se liggaam is so in ‘n veg-of-vlug toestand vol adrenalien as verkragting plaasvind dat die kans op bevrugting baie klein is. Dus, selfs al sou ons aborsie slegs toelaat op grond van verkragting, is dit nogsteeds nie ‘n rede om aborsie te wettig vir enige rede nie, aangesien hierdie maar so ‘n klein persentasie is.

Tweedens. ‘n Lewe is ‘n lewe. En moord is moord. Die Engelse het die gesegde “two wrongs don’t make a right.” Ook is daar al baie verhale van meisies wat meen dat die aborsie vir hul meer traumaties was as die verkragting en dat hul ‘n ongelooflike skuldlas na die tyd gevoel het. Hoekom sal mens iemand wat alreeds deur hel is, deur nog meer hel wil sit deur ‘n aborsie aan te beveel? Daar is ook vele gevalle van kinders wat die resultate van verkragting was, wat wonderlike mense uitgedraai het. Hoekom sou mens hul ‘n lewe, lewe wat deur God gegee is, ontneem?

Derdens. Dis nie net die verkragter se kind nie. Elke kind het twee ouers. Dus is jý, die mamma van hierdie babatjie. Onthou dit! Dis JOU kind. Mens kry baie slegte ouers, hulle is nie noodwendig verkragters nie. Omdat iemand ‘n slegte ouer is, beteken nie hul kinders verdien die dood nie. As onderwyseres het ek geleer dat mens nooit ‘n kind mag kwalik neem indien hy simpel ouers het nie. Maak nie saak hoe kwaad die ouers jou gemaak het nie, jy mag nie die kind anders hanteer nie.

Wat is jou opsies sal jy dan vra?

  1. Werk deur jou trauma en laat iets goeds daaruit kom. Laat jou kind vir jou ‘n nuwe begin wees. Hou jou babatjie en wees die beste mamma vir die kindjie wat jy ooit kan wees.
  2. Gee jou babatjie op vir aanneming. So kan jy ‘n ander paartjie gelukkig maak, sonder dat jy die skuldlas van moord ook op jou skouers moet dra.

Omdat hierdie so ‘n relevante onderwerp in SA is, het ek self ook al baie gewonder wat ek in so posisie sou doen. Ek weet ek sal vir seker nie met myself kan saamleef as ek ‘n babatjie se lewe geneem het nie. Aanneming klink soos ‘n baie beter opsie, alhoewel ek ook nie weet of ek dit oor my hart sal kan kry om die babatjie weg te gee nie. Dis dan mý kind! Dalk is dit te maklik vir my om te sê omdat ek juis nie ooit in hierdie posisie was nie, maar ek glo ek sou my kind gehou het en die beste van ‘n slegte saak probeer maak het.

Getuienisse deur mense wat dmv verkragting gebore is of wat swanger geraak het na verkragting:

https://www.lifesitenews.com/news/we-are-not-cannon-fodder-woman-conceived-in-rape-calls-out-pro-lifers-over

https://www.lifesitenews.com/news/woman-who-chose-life-after-brutal-rape-at-12-has-no-regrets-says-her-daught

 

Down sindroom

Om een of ander rede dink Suid-Afrikaanse Christene dit is okay om gestremdes te vermoor. Ek’t nog nooit een van my Amerikaanse of Nederlandse Christen-vriende hoor sê dat hul aborsie sal steun in hierdie geval nie, maar om een of ander rede verwag Suid-Afrikaners dat mens moet aborteer as down sindroom opgetel word by ‘n ongebore baba. Ek blameer die kerke in SA, asook die ou regering wat vroeër die standpunt gehuldig het dat aborsie okay is onder sekere omstandighede. Nou glo Afrikaners dat dit ook okay is. Dit is nie okay nie! Moord is nooit okay nie. Om gestremdes as minderwaardige lewens te beskou is nie okay nie!!!! Daar is NIKS Christeliks daaraan nie. As jy aborsie steun is jy nie ‘n Christen nie. Hier is van die selfsugtige redes wat voornemende ouers meestal gebruik: https://www.lifesitenews.com/pulse/real-couples-who-plan-to-abort-down-syndrome-babies-defend-their-choice. Die aaklige waarheid is dat 90% van babatjies wat met down sindroom gediagnoseer word, die doodsvonnis opgelê word.  Soms lyk dit vir my dat diere beter moeders is as mens sien hoe hierdie chimpanzee vir haar downs babatjie gesorg het.

Opnames het al gewys dat meer Down sindroom mense hulself as gelukkig beskou as ‘normale’ mense. So hoekom sal mens wil redeneer dat jy dit ter wille van die kind wil doen en meen jy wil die kind so ‘n lewe ‘spaar’? Is dit nie eerder jou eie gemak waarvan jy praat nie? Ook meen baie van die ouers dat hul lewe meer verryk is met hul down sindroom kind.

Mens kan hoë hoogtes bereik, selfs al het jy Down’s. Bloemfontein se eie Sheri Brynard is bewys daarvan. Google haar bietjie. Wat ‘n inspirasie!!

Natuurlik gaan mens baie hindernisse op die pad ervaar met ‘n gestremde kind. Dit sal ek nie ontken nie. Maar is dit die spyt en verwyt werd wat jy die res van jou lewe gaan ervaar omdat jy jou eie kind se lewe geneem het? Ek ken nou al ‘n paar mense wat kindertjies het met Down’s. Ek kan jul belowe dat hul soveel liefde en vreugde uit hul kindertjies put. Amerikaanse vriende het selfs 3 aangenome Down’s boetie en sussies. Ek haal my hoed af vir hul ouers wat dit op hul geneem het om so ‘n taak heeltemal vrywillig aan te pak.

Weereens, as jy regtig nie self kans sien om jou eie kind groot te maak nie, is aanneming nogsteeds die meer liefdevolle keuse. In die VSA is daar selfs ‘n waglys van ouers wat bereid is om ‘n Downs babatjie aan te neem. Onthou, dit is nie ‘n doodsvonnis nie, moenie dit een maak nie!

Ongelukkig is daar ook baie hartelose dokters daarbuite wat dalk selfs gaan weier om jou gestremde kind te behandel. Bid asb vir die ouers van gestremde kinders vir hoop en krag, bid ook vir mediese personeel sodat hul harte kan verander. Bid vir die algemene populasie om hul houding teenoor gestremdes te verander sodat hul ook sal besef elke lewe is waardevol, ongeag gestremdheid.

Onvereenigbaar met die lewe

Baie dokters sal dalk afwykings vooraf optel en dan aborsie aanbeveel aangesien die baba heel moontlik nie na geboorte sal oorleef nie. Dit kan waar wees. Maar dokters is nie altyd reg nie. Ek’t al gehoor dat babatjies 100% normaal gebore word na ‘n vreeslike diagnose. Ek’t ook gehoor dat babatjies ook met erge gebreke gebore word en tog oorleef en ‘n seëning aan hul ouers is. Ek’t vanoggend hierdie artikel oor baba Jaxon gesien wat nie eers ‘n hele brein het nie, wat so pas sy eerste verjaarsdag gevier het en al woordjies soos “hello” kan sê.

Self 23 weke swanger en ek kan nie eers begin om te imagine waardeur ‘n ouer moet gaan wat so ‘n slegte diagnose kry nie. In hierdie week het ek gehoor van ‘n vriendin se familielid wie se babatjie ook met net een breinlob gediagnoseer is. Ook 23 weke. Dit het aan my hart geruk. Dit het my aan die dink laat sit. Wat sal ek in so ‘n situasie doen? My konklusie is dat as mens weet jy net ‘n kort geleende tydjie saam jou kind mag oor hê, sal jy die tydjie wil verkort of die meeste daarvan wil maak? Nog soveel moontlik skoppies voel, nog jou babatjie vashou? Dalk is die uiteinde soos baba Jaxon? Dalk sterf jou kindjie na geboorte. Maar dan kan jy darem jou kindjie vashou, afskeid neem. Foto’s neem. ‘n Afdruk van die voetjie maak. Ietsie oor hou. Begrafnis hou. Waar laat aborsies meestal gepaard gaan met ledemate uitmekaar ruk, met niks om vas te hou nie. Dalk net jou baba se organe vir navorsing en die vervaardiging van kosmetiese produkte gebruik? Die onlangse Planned Parenthood videos bewys dat hierdie dinge gebeur.

Nog ‘n rede om liewers met so swangerskap voort te gaan is omdat babatjies wat onder 26 weke gebore word en sterwe, volgens Suid-Afrikaanse wet nie op ‘n begrafnis geregtig is nie en dus as “mediese afval” gesien word.

Gaan kyk ook deur die foto’s van Genevieve Edman van hul seuntjie wat met Acrania gediagnoseer was. Hulle het gekies om die swangerskap te laat voortgaan al het hulle geweet dat sy geboortedag ook sy sterfdag sal wees. So kon hul vir 9 maande lank tyd saam hul seuntjie spandeer, hom vashou na geboorte en vir hom ‘n waardige begrafnis bied. Persoonlik dink ek dit was baie minder traumaties vir hulle as wat dit vir iemand sou wees wat self verantwoordelikheid vir hul kind se dood geneem het.

Lewe van die moeder is in gevaar:

Beslis ‘n baie moeilike keuse! Ook, net soos verkragting, is dit net ‘n baie klein persentasie van swangerskappe waar dit gebeur, tog word dit ook heeltyd as argument gebruik om aborsie te wettig. Hier moet mens egter onthou dat dit soms anders as die ander gevalle kan wees. As dit ‘n uitgemaakte saak is dat die vrou gaan sterf indien ‘n aborsie nie gedoen word nie, dan is die beeindiging van die swangerskap geoorloof. Soos in die geval van buisswangerskappe. Dus sal die vrou en kind sterf. 2 Lewens. Indien die swangerskap beeindig word, red jy dalk een lewe. Jy neem dus nie ‘n lewe  net om te moor nie, maar om ‘n lewe te red. Dit is die verskil. Gevalle soos kanker is anders dink ek. Ek verstaan nie die argument dat jy ‘n baba doodmaak omdat die kanker-behandeling hom dalk kan doodmaak nie. Indien die babatjie wel doodgaan agv die behandeling, is dit nie omdat jy hom doodgemaak het nie, dit was ‘n nagevolg van die kanker.

Ek hoor pre-eklampsie kan ook as rede gebruik word, maar ek het self nie genoeg kennis daaroor om enigsins my opinie te gee nie. Dus sal die argument wat ek ook gebruik het met die buisswangerskap hier van toepassing wees. As dit wel ‘n toestand is wat andersins onder beheer gebring kan word, dan moet dit eers probeer word. Aborsie moet altyd die heel heel laaste uitweg wees.

Hoe kan jy betrokke raak by die pro-lewe beweging?

Ek moet erken dat ek in SA nog nie meer as net ‘n Facebook-aktivis was nie. Dis eers vandat ek in Nederland woon dat ek meer aktief in daardie opsig geraak het. Ek kry wel gereeld navraag van Suid-Afrikaners oor hoe hul betrokke kan word.

  • Facebook is ‘n baie handige en nuttige ‘tool’. Gaan volg blaaie soos African Christian Action en Abort97 om op hoogte te kom van wat in SA aangaan.
  • Share gereeld jou opinie. Baie mense sal jou delete. Maar baie sal jou later inbox en vertel hoe jy hul lewe verander het. Dit is baie bevredigend!
  • Woon die March 4 Life en LifeChain Sundays by. Inligting word jaarliks op African Christian Action se page gegee. Daar word verskeie aksies in verskeie dorpe geloods.
  • Indien daar nog nie aksies in jou dorp of stad is nie, begin iets. Staatshospitale en Marie Stopes klinieke doen aborsies. Die maklikste is om literatuur in die hande te kry (ek’s seker Africa Christian Action sal bereid wees om te help) en dit dan uit te deel aan mense wat die kliniek of hospitaal wil binnegaan. Dit sal jou ook meer vrymoedigheid gee om ‘n gesprek te begin.
  • Motiveer jou predikant om meer oor hierdie kwessie te praat.
  • Betoon liefde aan gestremdes. Moenie hul minderwaardig ag nie.
  • Bied hulp aan enkel-moeders aan.
  • Moenie vir politieke partye stem wat aborsie ondersteun nie. Kyk op www.savotersguide.org om te sien watter partye nog Bybelse beginsels navolg.

Ek hoop om hierdie blog nog aan te vul met links na artikels en foto’s en dies meer. Ek hoop dat dit vir iemand iets kan beteken.

Ekstra vir die Mandela-aanbidders: Aborsie is deur hom gewettig in SA. Dr Peter Hammond vertel van sy ontmoeting met Mandela om hom te vra om nie aborsie te wettig nie. Kyk die video hier.

Kragtige getuienis van aborsie oorlewendes: https://www.lifesitenews.com/news/abortion-survivors-story-goes-viral-after-she-testifies-in-congress.

Indien jy wel self al ‘n aborsie ondergaan het, vir welke rede ookal. God se vergifnis is vir jou ook beskikbaar. Stort jou hart voor Hom uit. Bely skuld. Ontvang vergifnis. Gaan en sondig nie meer nie. Ek sal jou dan ook aanmoedig om vir pastorale berading te gaan. Jy hoef nie alleen hiermee te worstel nie.

Dankie Here, Oscar is vry???

So breek die nuus vandag dat Oscar Pistorius in Augustus op parool vrygelaat word, terwyl hy nog nie eers ‘n jaar in die tjoekie gesit het nie. http://www.news24.com/SouthAfrica/News/Pistorius-parole-confirmed-athlete-out-in-August-20150608.

My eerste gedagte is: “BELAGLIK!” Wat egter vir my meer belaglik was as die feit dat hy na hy iemand vermoor het, soveel ondersteuning kry. En nog meer belaglik as dit, is die feit dat die mense die Here se Naam misbruik deur te maak of dit Sy wil is dat moordenaars vryelik rondloop. En natuurlik word daar vir jou vertel hoe “judgemental” en “hipokrities” ek nou kamma as Christen is omdat ek meen dit is nie regverdig nie.

Dis laat in die aand, en ek’s moeg, so ek gaan nie ‘n lang ding hieroor skryf nie, maar wil net ‘n paar goed noem:

1. Voel hierdie ondersteuners dieselfde opgewondenheid en dankbaarheid teenoor die Here wanneer ander moordenaars binne ‘n jaar vrygelaat word? Ek sien gereeld mense kla oor ons regstelsel wat te vinnig parool gee, maar lyk my in Oscar se geval is dit okay? Ek vra my af hoekom? Is dit omdat hy wit is? Is dit omdat hy ryk is? Is dit omdat hy ‘n sportgod is? Is dit omdat mense hom jammer kry omdat hy nie ‘n been het om op te staan nie (Excuse the pun)…

2. As ons nie moordenaars mag oordeel nie, stem julle dan saam dat ons álle howe, polisiediens ens moet afstel? Dit is dan nou tog verkeerd volgens die persone om oor misdade te oordeel? Hoekom sukkel ons dan om reg en orde in die land te probeer handhaaf?

Ek sien die mense gebruik (lees:misbruik) dan sommer die Bybel om hul ondersteuning te regverdig: soos onder andere dat ons nou nie mag oordeel nie want Jesus het die moordenaar vergewe aan die kruis. Hieroor wil ek graag noem:

1. God het die wet ingestel. Moord word as so ‘n vreeslike sonde gesien dat dit selfs in die 10 gebooie opgeneem is as die 6de gebod. Die straf vir moord is teregstelling.

2. Ons mag oordeel. Ja gaan lees verder as daardie 3 woordjies wat almal so graag aanhaal (moenie oordeel nie). Ons oordeel moet wel altyd regverdig wees. 10357533_782220181835399_1466918528608807587_n

3. Aanhaling wat ek onlangs gelees het: we are free to make choices, but we are not free of the consequences of our choices.” Dieselfde geld vir Oscar.

4. Jesus het die moordenaar langs hom vergewe nadat die moordenaar bekeer het. Dit het egter nie die moordenaar sy kruisdood vir sy moord vrygespreek nie. Hy is wel gered van die hel, maar moes steeds verantwoordelikheid neem vir sy misdaad. Dus, die Here sal enige sonde al is dit hoe groot wel vergewe, maar dit maak jou nogsteeds nie vry van die gevolge van jou sonde nie. Net soos ‘n losbandige persoon kan VIGS kry as gevolg van hul lewensstyl, kan die persoon natuurlik bekeer en deur God vergewe word, maar hy gaan steeds aan die siekte ly.

Dan is daar natuurlik die redenasie waar mense meen dat hy nie ‘n moordenaar is nie aangesien hy skuldig bevind is van manslag. Waar, hy is nie aan moord skuldig bevind nie. Maar ek sukkel maar om te byt daaraan dat jy iemand vir ‘n dief gaan verwar op die toilet. En dat 4 skote nodig is. En dat jy nooit kon agterkom dat jou meisie nie langs jou op die bed gelê het voor jy die geweer gegryp het nie. Dan moet mens ook nie vergeet van die voorafgaande bakleiery wat gerapporteer is, die vuurwapen wat hy in ‘n restaurant afgevuur het ens nie. Ek’s jammer, ek koop nie sy storie nie. Sover ek weet is die staat ook besig met ‘n appèlsaak?

Dan… ek hoop van harte dat Oscar berou het vir wat hy gedoen het. Ek hoop dat hy werklik sal bekeer en ‘n beter mens sal wees na dese. Ek wens hom nie kwaad toe nie, wel dat geregtigheid sal geskied en hy soos ‘n man sy straf sal dra. Mag die Here hom vergewe. Mag die Here ons ook bewaar om nooit ooit sonde goed te keur nie.

Parys en die Islam-aanvalle – God se oordeel oor ‘n sondige samelewing?

Gister is die hele wêreld geskok oor die aanval op die Charlie Hebdo satiriese koerant waarin 12 mense deur Moslems vermoor is. Hier is ‘n koerantberig vir meer inligting: http://www.news24.com/Live/World/FOOTAGE-Paris-gunmen-shoot-and-kill-police-officer-20150107. ‘n Dertiende slagoffer, ‘n polisievrou, is vanoggend ook doodgeskiet by die Metro in Parys.http://www.telegraaf.nl/buitenland/23532738/__Agente_overleden__.html. Ek het net ‘n paar idees oor hierdie hele storie wat ek graag sal wil noem.

  1. Dit is ‘n terrorisme-aanval wat al lankal wag om te gebeur. Ek weet nie wat dink die Europese lande dat hul net die Moslems toelaat om in groot getalle die plek toe te stroom nie. Deur die geskiedenis is daar mos al bewys dat dit geen geloof van vrede is nie. Ek veroordeel die aanval ten sterkste en meen dat teregstelling van die oortreders in orde sal wees. Verder moet Frankryk sy grense sluit vir enigeen vanuit Moslem-lande en ook enige immigrante (ongeag geloof) summier deporteer sodra hul hul skuldig maak aan misdaad. As hul dubbele burgerskap het, moet hul hul Franse burgerskap ook verloor. Alleen Franse burgerskap? Dan stem ek sommer saam met Geert Wilders van die politieke party PVV in Nederland dat hul steeds hul Europese burgerskap moet verloor en  maar vir IS moet gaan vra vir ‘n paspoort. http://www.blikopnieuws.nl/2014/pvv-jihadist-nederlands-paspoort-afpakken. https://www.youtube.com/watch?v=6viE70_C6a0.
  2. Ek hoop dat hierdie aanval die Europeërs se oë sal oopmaak – om hul eie sondes te sien sodat hul kan bekeer, asook om die gevaar van Islam raak te sien.
  3. Ek dink Charlie Hebdo het vir moeilikheid gesoek, en toe gekry ook. Vryheid van spraak is daar in Frankryk wel, maar jou vryhede kom saam met verantwoordelikheid. En hier was hul meestal nie juis verantwoordelik nie. Eintlik plein stupid as jy my vra.
  4. Ek sien die aanvalle as deel van God se oordeel oor die sondige Frankryk en spesifiek ook oor die satiriese koerant. Ek verwag dat hierdie stelling baie geskok sal laat, maar gaan dit juis ook nou verduidelik.
  5. Ek voel wel jammer vir diegene wat onskuldig onder die tragedie gely het.

Eerstens. As Christen glo ons mos dat God in alles in beheer is? Reg? Dus, Hy het tog gekies om nie in te gryp en die terroriste te keer nie. Maak dit Hom liefdeloos? Nee, net regverdig en Hy hou sy Koninkryk in stand.

Met so ‘n vieslike cartoon wat impliseer dat God die Vader, Seun en Heilige Gees sodomie pleeg, het ek nie veel simpatie met die koerant na die aanval nie. Ek glo vas dit was God se oordeel oor hul.

Tweedens. God is ‘n jaloerse God en laat nie met hom spot nie. Nie net het Charlie Hebdo met Allah gespot nie, maar ook met die Joodse god en met ware Drie-enige God van die Bybel.

Soms gebruik God tragedies om die sondige mens weer terug te bring aarde toe. Om jou nietigheid en afhanklikheid van Hom te besef. Ek dink nou terug aan die ingenieur van die Titanic se woorde: “Not even God can sink this ship”. Ek hoef seker nie uit te brei wat verder gebeur het nie.

Derdens. God straf ook sonde. Op verskeie maniere. Soms gebruik Hy selfs ongelowiges as instrumente om te straf, soos wat nou die geval was: Islamitiese afgodsdienaars het immers liberale godslasteraars vermoor. Sodom en Gomorra is ‘n welbekende voorbeeld van hoe God ‘n hele stad kon uitwis. So ook waar die volk Israel telkens in ballingskap weggevoer is sodra hul van God weggekeer het.

Ek moet net bysê dat ek glad nie meen dat Christene ook reg in eie hande mag neem en links en regs ander mag uitmoor nie. Ek wil net beklemtoon dat dit maar net voorsienigheid was dat die Moslems hierdie vuilwerk vanuit hul sondige natuur gedoen het om God se koninkryk (onwetend) te dien. Wat die Moslems gedoen het is wel verskriklik en bewys dat Islam geen godsdiens van vrede is nie.

Kom ons almal gaan kyk weer terug na ons eie lewens. Ons almal is sondaars, maar ons moet ons bes probeer om weg te breek daarvan en die smal weg te volg. Ons kan alleen nederig voor God gaan staan en om vergifnis vra vir al ons verkeerde dade. Mag Hy ons genadig wees.

Moenie “judge” nie!!!

Hoeveel keer het ons nie al gehoor dat ander mense sê: “moenie judge nie”. Soms voel dit vir my of Mattheus 7:1a die enigste vers is wat die persoon in sy hele Bybel ken. Dus het ek my voorgeneem om elke keer as iemand op facebook ‘n prentjie post van iets wat te doen het met “judge”, dit te gaan save. In die paar dae (so bietjie minder as ‘n week) wat ek dit begin doen het, het dit my laat wonder of ons mense nie bietjie obsessief geraak het oor “judge” nie en of ons nie die betekenis heeltemal verloor het nie. Ek’t besluit om ‘n blog te skryf en my opinie te gee oor elkeen van hierdie prentjies. Dit is dalk beter as wat ek dit op facebook comment…want net nou is ek dalk te ‘judgemental’.

10168178_661135377318151_1645126687422399842_n

nr 1

1.  Ek moet sê, met hierdie prentjie stem ek saam in ‘n mate. Dit gebeur taamlik baie dat ons iemand se woord vat vir ‘hoe’ iemand anders is, sonder wat ons self daardie persoon leer ken. Ek dink dit is baie belangrik om die waarheid van iemand self eers uit te vind en dalk self moeite te probeer doen om daardie persoon te leer ken, waar moontlik. Terselfdertyd moet mens jou egter afvra hoekom mense ‘n sekere ding oor iemand sal sê. Die ou gesegde is mos “waar ‘n rokie trek, is ‘n vuurtjie.” So wat jy van iemand anders hoor, is heel moontlik 80% van die tyd die waarheid. Ek sien gereeld mense wat kla oor klein dorpies waar die mense te veel skinder. My raad: Mense sal nie die nut vind om oor jou te skinder tensy jy nie vir hul ‘n rede gee nie. In baie gevalle skinder mense wel uit jaloesie, maar dis gewoonlik ook die praatjies wat doodloop omdat te veel mense besef dat dit nie die waarheid is nie. As jy jouself dus losbandig gaan gedra, moenie kom huil as jy ‘n slegte reputasie kry nie. Probeer eerder harder werk daaraan om jou reputasie te verbeter deur jouself te gedra.

16109_10152559174862819_1704214556127268277_n

nr. 2

Nr. 2: Met hierdie prentjie stem ek teoreties ook saam. Maar dit is mits jy jou lewe ten goede verander het in die hede. As jy nogsteeds aangaan soos jou verlede, kan jy nie kla dat mense jou op jou verlede oordeel nie, want dit is dan nog presies dieselfde. As mense kan sien jy’t werklik verander, dan sal hul jou ook nie meer oordeel nie (tensy hul net regtig wil moeilik wees). Ek is ‘n voorstander daarvan om mense hul verlede te vergewe MAAR nie om te vergeet nie. Vergewe hulle, maar ONTHOU dat jy vergewe het. Baie keer as mens vergeet wat in die verlede gebeur het, kan jy jouself baie kwesbaar maak om weer in dieselfde slaggat te laat trap. Dr. Phil sê gereeld op sy show: “The best predictor of future behavior is … past behavior”. Om net ‘n voorbeeld te noem: As jou oupa jou gemolesteer het, kan jy hom dalk vergewe. Maar dit sal mos net dom-onnosel wees om jou eie dogtertjie eendag alleen by hom te los. Of as iemand vroeër geld by jou gesteel het, gaan jy mos nie jou beursie oop en bloot laat lê die volgende keer as daardie persoon kom kuier nie? Nee, jy gaan vir hom wegsteek! Dus, my punt is: Ons moet mense vergewe en nie vir altyd ‘n fout teen hul hou nie. Maar daar is gevalle wat ons gaan noodsaak om anders teen hul op te tree as vroeër.

10690037_623532974421844_2748347296120444090_n

nr. 3

nr. 3. Waar. Mens kry huigelaars in die kerk. Mens kry ook oulike mense met tattoos. Maar so kry jy ook baie goeie mense in die kerk en baie slegte mense met tattoos. Ek weet nie juis wat die persoon presies wil sê met die prentjie  en wat die boodskap presies veronderstel is om te wees nie. Is dit om pro-tattoos te wees? Anti-kerk? Anti-‘judgemental’? Is dit om die boodskap van ‘don’t judge a book by its cover’ tuis te bring? My opinie: Eerstens glo ek dat stereotipering daar is vir ‘n rede. Niemand sou enigiemand kon stereotipeer as dit nie al oor en oor bewys is nie. Ja, oulike en goeie mense het ook tattoos. Maar dit is tog algemeen bekend dat tattoos ook ‘n ‘bad boy’ ding is? En ja, kerkmense ‘judge’. Nou my tweede punt. Judgemental word hier gesien as ‘n negatiewe ding. Is dit? Onregverdige oordeel is verkeerd. Maar wat baie mense nie weet nie, is dat regverdige oordeel heeltemal okay is! Die Bybel se vereistes is dat ons regverdig MOET oordeel oor ons mede-Christen broers en suster. Dit moet egter altyd in liefde gedoen word met die doel dat die persoon hom sal bekeer en weer op die regte pad sal loop. Ook moet jy nie jouself skuldig maak aan DIESELFDE sonde nie.

1597_10152757915748032_3424865218774773050_n 10698687_778409318886678_1088217198415347226_n

nr. 4 en 5: Die prentjie is reg. Ons almal word geoordeel deur iemand wat nie perfek is nie. Maar beteken dit as ons iemand tereg wys op sonde dat ons perfek moet wees? Gewis nie! Ons moet wel let dat ons nie dieselfde sonde aangaan nie. Ek mag byvoorbeeld nie vir Oscar Pistorius veroordeel as ek ook iemand vermoor het nie, want wie is ek dan? (Inteendeel, as hierdie prentjie tot sy logiese gevolge geneem word, moet ons alle howe, die polisie en die hele regstelsel afskaf, asook alle regstudente “oordeel” vir onchristelike gedrag). Ons moet ook nie die uitwys van sonde en oordeel met mekaar verwar nie! Deur te sê iets is sonde, beteken nie noodwendig jy verdoem iemand na die hel nie. As iemand jou dus tereg wys op iets wat jy doen wat dalk kan sonde wees, moenie op jou perdjie spring en sê ‘maar jy doen dan dit en dat en en en …’ om jouself te verdedig nie. Aanvaar die berisping. Moenie die feit dat die persoon ook sondig is nie (ons almal is immers sondaars) as verskoning gebruik om in jou eie sonde te volhard nie. Ek sien dit nogal baie in Suid-Afrika ook gebeur, veral met misdaad. Die werker voel hy word nie genoeg betaal nie, dus beskou hy dit as ‘n verskoning en ‘n reg om sy werkgewer te vermoor.

1557547_791970334163898_830068861_n

nr. 6

Nr. 6. Hierdie is seker die prentjie wat ek die meeste gesien het op my facebook die afgelope week. Dit is ook die prentjie waarmee ek GEENSINS saamstem nie. Eerstens, Christene is veronderstel om sonde te oordeel! God het aan ons die gawe gegee om tussen reg en verkeerd te kan onderskei. Die enigste ding wat ons nie mag doen nie, is om iemand na die hel te verdoem omdat die oordeel alleen God se werk is. Tweedens: dit is juis as iemand se sonde anders as joune is, wat jy daaroor mag oordeel. Die Bybel praat dat jy nie die splinter uit jou broer se oog moet haal as daar ‘n hele balk in jou oog is nie…. Nou dink gou mooi… beide ‘n splinter én ‘n balk is van hout. Dus is die boodskap daar vir ons dat indien jy dieselfde sonde het, mag jy nie iets daaroor te sê hê, voor jy dit nie self in jou eie lewe reggestel het nie (Mat 7:3-5). Ek sien baie keer mense wat geen issue het met homoseksualiteit nie, maar dan is dit vir hul onaanvaarbaar dat mense voorhuwelikse seks beoefen. Of dit is iemand wat self losbandig lewe, wat weer ‘n probleem met homoseksualiteit het. Beide is sonde, ja! Maar die punt is…as jy self seksueel immoreel lewe, moet jy dit eers regmaak voor jy aan ander begin preek.

Ek weet meeste van die tyd nie wat die persone wat die prentjies share se motivering agter dit is nie. Ongelukkig dink ek baie mense share dit om hul eie sondes te regverdig. Laat ons eerder introspeksie oor ons eie lewens maak, en regmaak wat verkeerd is. En laat ons ons broers en susters in Christus regverdig en met liefde oordeel sodat hulle hul sal bekeer van hul sonde. Sommiges meen dat dit nie liefde is wanneer ons oordeel nie…maar as jy jou broer of suster net laat begaan in hul sonde, terwyl jy weet dat die loon van die sonde die dood is (Rom 6:23a), is dit dan nie baie meer liefdeloos nie?

Johannes 7:24 “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.”


Share this if you love Jesus…

Iets wat my grensloos irriteer is hierdie emails en prentjies wat sê “Share this if you love Jesus/God ens. Sommiges gaan selfs so ver as om te sê: “If not, it means you love Satan” ens. Ek’t juis nou op Facebook weer gesien hoe van my vriende van die volgendes share:

541931_475221342506515_532789638_n391400_396175870437990_646463002_n

Hoekom ek dink jy, vriend wat hierdie goeters share, moet asseblief DADELIK daarmee stop:

1. Dit is godslasterlik.

2. Dit laat jou stupid lyk

3. Jy dra ‘n boodskap van vrees uit, in plaas van om as oorwinnaars in Christus te leef.

4. Jy glo dat God JOU ‘n guns skuld.

Geloof is ‘n gawe. Uit genade het God se Seun vir ons gestuur om vir ons aan die kruis te sterf. Hy’t die prys betaal, ‘n DUUR prys. Hoekom gaan jy nou hierdie pragtige geskenk so ‘cheap’ wil laat lyk? Asof jou saligheid deur ‘n share bepaal gaan word. Nee outjies! God het klaar daardie keuse gemaak. Net Hy gaan bepaal wie na watter eindbestemming gaan. Nie facebook nie, nie die post nie, ook nie die idioot wat te veel tyd op hande het om sulke prentjies uit te dink nie. Soos by die laaste prentjie gesien kan word, staan daar “Jesus says”… WAAR in die Bybel lees jy dit? Moenie woorde in God se mond sit nie. Die evangelie is: “repent and believe” NIE “share and like” nie.

Verder, as iemand wat nie gelowig is nie, hierdie tipe ding sien, watter tipe boodskap dra dit oor? Gaan hul jou ernstig opneem? Of gaan jy hul net nog skietgoed teen die Christelike geloof gee? Ek hoor baie keer hoe ongelowiges meen dat Christene net die Christelike geloof aanhang uit vrees… sou hierdie prentjies dalk hul argument versterk?

En dan, as jy werklik bang is jy gaan hel toe as jy die prentjie nie deel nie of as jy skuldig voel: Dit is die duiwel wat jou met hierdie prentjies probeer laat skuldig voel. Vertel hom dan sommer dat jou sondes klaar betaal is en dat hy jou nie kan aankla nie. En onthou, God sê in sy Woord dat NIEMAND jou uit Sy hand sal kan ruk nie!

Johannes 10:28 en 29 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

So vriende, ek weet julle bedoel goed, maar ek vra mooi, dink dalk net so 2 sekondes langer oor of die soort van ding werklik die Koninkryk van God opbou of afbreek.

1 KORINTIËRS 15:2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

Korea #8 (2 Sept 2012)

Hey Peeps!!
Ek was maar stil die laaste tyd, maar ons lewe was so klein bietjie minder opwindend as laasmaand met die vakansie.
Ons raak nou lekker gesettle by die nuwe skool. Anders as gewoonlik is my favourite kind (ek weet hulle sê juffrouens moenie favourites hê nie, maar dis onmoontlik!) ‘n seuntjie…

63368_10151254444098476_611132691_n

Die middelste enetjie was my hart se punt.

Hy is 5-jaar oud en oral waar hy my raakloop, selfs al is dit in die dorp, sê hy dadelik “teacher, I’m happy.” Dis omdat deel van die roetine-vragies elke dag is, “how are you feeling.” Hy is vreeslik soet en ‘n regte pliggie, probeer so hard om als reg te doen en my te please. Adi reken hy was so kind gewees. Die ander seuntjies wil ek net elke dag vermoor…dink hulle sal my genees om ooit seuns te wil hê in die toekoms. Die dogtertjies is darem almal oulik en soet. Die klein kindertjies is ook nie noodwendig stout nie, ek dink meestal is hulle net ongelooflik woelig (ek dink almal ly aan ADHD). Die ouer kinders is wel duiwels. Soms baie arrogant en probeer die onderwyser manipuleer deur ongeskik te wees. Ek werk op ‘n punte-sisteem en trek net punte af as hul op my skree…dit het die seuntjies al lang trane laat huil as ek hul punte wegvat, maar ek hoop dit sal help om hulle bietjie te dissiplineer (ons mag hulle mos nie moer nie)…

Ons gaan lekker op ons eie aan. Hulle het vir ons ‘n rekenaar met internet by die skool beskikbaar gestel, so ons gebruik hom in ons af-periodes. Adi werk meestal aan sy meesters. Ek kyk net series. Ek gaan ook nou swot, het by Filadelfia opleidingskool ingeskryf vir Christelike berading. Hulle is so gaaf dat ek die teorie kan doen solank en dan net die praktiese werkswinkels moet inhaal sodra ek weer in SA is. Die modules wat hulle gepos het, het nogals vinnig gekom, net 7 dae met gewone airmail. So julle het geen verskonings om nie vir ons biltong te pos nie!! Ek sal ons adres sommer aanheg, ons weet nou hy werk!! Haha. Sover lyk my studie-materiaal baie interessant en Woord-gesentreerd, so ek is vreeslik opgewonde.
Ons was ook baie gelukkig deur ‘n vreeslike lekker kerk te kon kry in ons buurdorp. Hulle het selfs ‘n shuttle-bus wat ons in ons dorp optel. Die ds is ook baie gereformeerd en hy en Adi is nogals op dieselfde page itv teologie. Die dominee het in Amerika groot geword, al is hy ‘n Koreaan. Ons is ‘n hele klomp expats in die gemeente van letterlik elke engelssprekende land: Amerika, Kanada, Engeland, Australië, Suid-Afrika, Zimbabwe ens… Na kerk gaan koop elkeen vir hulle iets  te ete (die dominee het ons almal vandag bederf met Mac Donalds) en dan eet ons dit saam by die kerk en gesels. Ek dink regtig dis hoe kerk moet wees, waar

397294_10151184270128476_2146329502_n

Die kruis by ons kerk

almal vriende is en nie net huistoe jaag as die diens verby is nie. Ons het nog elke Sondag nie voor 6pm by die huis gekom nie (kerk is 11:30-13:00). Dis regtig so ‘n seën want die mense gaan regtig kerk toe omdat hulle ‘n passie vir die Here het en dit nie net ‘n ritueel is wat hulle net gou moet kom afhandel nie. Ons werk op die oomblik deur die boek van Openbaring – dis regtig vrek interessant en baie van toepassing op vandag. Vir my vriende wat Korea toe gaan en opsoek is na ‘n oulike Engelse kerk, gaan loer op hul facebook page: https://www.facebook.com/Sangdanginternationalchurch?fref=ts

Ons gaan aan die einde van die maand weer ‘n laaaaaaang naweek hê (tot die Woensdag), so ons dink daaraan om Seoul toe te gaan vir die tyd.
Hulle het Dinsdag ‘n orkaan voorspel…omtrent al die kinders het by die huis gebly , ek’t ‘n totaal van 1h40min gewerk…en toe was hier maar net ‘n ou windjie…ek dink selfs die Kaapse Suidooster is sterker!! Koreane is maar sissies…. Ek was eintlik teleurgesteld, ek was lus vir bietjie aksie met bome wat ontwortel en so aan… net jammer dit was so sieldodend om nogsteeds vir 9ure by die skool moes te wees het die hele dag en niks doen nie!!
Een ding van die Koreane wat my regtig vang is dat hulle morsig is…en vreeslik gross. Hulle sal die publieke plekke skoon hou (baie image-bewus, moet goed lyk vir toeriste), maar in die woonbuurte self is dit baie vuil. Dit voel so andersom van SA. Hulle maak vreeslik keelskoon en spoeg sommer net waar hul wil – vandag het een sommer in die bus op die vloer gespoeg. Die reuke is ook soms maar iets om van naar te word.  Maar verder kan ek nie kla nie, ons is veilig en die koreane is ‘n baie vriendelike en hulpvaardige nasie.
Mooi bly en ek hoop ek hoor binnekort van julle!!
Liefde
Lize