Swart kat wat net geluk gebring het

Ek onthou toe ons vir Swartjie gaan haal het. Haar in haar kat-hok gesit en op die agtersitplek van Pretoria na ons plaas naby Warmbad geneem. Dit was nie lekker nie. Ons het pas vir ouma Tienie in ‘n hospies gaan inboek en ons moes van nou af vir Swartjie sorg. Swartjie het die hele 90 kilometer gehuil. Sulke diep, benoude miaaus. Ek en mamma het saam gehuil. Dit was ‘n Sondag.

2014-08-15 10.08.55 2014-03-24 18.08.04 2014-04-01 20.00.20 2014-04-27 21.02.16

Swartjie was doodbang vir ons. As klein katjie is sy vreeslik verjaag deur ander mense in die aftreeoord asook die sekuriteit, tot my ouma ingegryp het en haar aangeneem het. Swartjie het nét vir ouma vertrou. By haar gewaak in haar laaste dae. Die swart kat op die bloedrooi kombers.

Die plaas was vir Swartjie vreesaanjaend. Sy het in ‘n kamertjie weggekruip op een van die handdoeke wat nog van ouma gekom het. Dinsdagoggend het sy 5 uur die oggend my pa kom wakker maak. Getrap soos net ‘n kat kon tot hy besluit het hy gaan maar draf – aangesien hy nou wakker is. Hy’t nie verstaan dat Swartjie iets wou sê nie. Sy’t toe maar my ma wakker gemaak. Die oomblik toe mamma wakker word, toe lui die foon. Ouma is oorlede. Ons glo tot vandag toe het Swartjie dit geweet – en sy het my ma kom vertel en kom troos.

Van ouma Tienie se dood af het Swartjie ‘n hele persoonlikheidsverandering ondergaan. Asof sy dadelik geweet het dat sy nou maar die beste van die saak moet maak en ons as haar familie moet aanneem. Sy het die mees liefdevolste kat geword. Altyd vol drukkies en soentjies, met ‘n spesiale liefde vir my ma. Ek glo nou nog vas die Here het haar vir my ma gegee om haar as troos te wees na haar mammie se dood. ‘n Soenoffer soos my ma haar genoem het. ‘n Laaste eer aan my ouma om mooi vir haar geliefde katjie te sorg.

Swartjie is vanjaar op 22 November 2014 oorlede. ‘n Dekade na ouma se dood en op ouma se verjaarsdag. Ek glo datums is belangrik en dat dit nie net ‘n toevalligheid is nie. Ons gaan Swartjie se squeeky-geluidjies mis, en die warmsakkie wat sy in die winter vir almal op wie se skoot sy gesit het was. Maar dit help om te weet dat sy weer by ouma en oupa Viljoen se skote kan sit en die hemel sommer nog lekkerder kan maak!

Stories en verhale beeld baie keer swart katte as ongeluk uit. Maar Swartjie het hul almal verkeerd bewys. In die Grobler huis het sy net geluk gebring. My laaste pleit vir diegene wat hier lees: Ek hoor so baie dat mense in hul testamente vra dat hul diere uitgesit moet word, sou hul doodgaan. Oorweeg asb die moontlikheid om dit NIE te doen nie… Van die redes is:

“My dier sal homself doodtreur” – Dalk moeilik vir jou om te glo, maar hy sal nie. Die lewe gaan aan. Ons almal ‘deal’ met verlies. Ek treur ook oor my ouma, dit beteken nie dat ek ook uitgesit moet word nie. Jou dier KAN nog ‘n vol en mooi lewe sonder jou lewe.

“Ek wil nie my kinders met my diere opsaal nie” – Dit is dalk waar dat dit ‘n kwessie kan word, dit sal ek nie ontken nie. Maar dalk is dit ‘n keuse wat jy vir jou kinders kan los? Dalk kan jou diertjie net soveel troos aan jou kinders bied soos wat Swartjie aan my ma gebied het.

Moet asb nie onnodig jou diertjie laat sterwe omdat jy gesterwe het nie. Dit is nie ‘fair’ nie.

Kinders…waardeer jul ouers, grootouers. Hul gaan nie vir ewig daar wees nie. Waardeer ook jul troeteldiere, want hul gaan ook nie vir altyd met ons wees nie.

Stilstuipe gee my die aapstuipe!!!

Ek’t grootgeword in ‘n huis waar daar dadelik met konflik afgereken is. Ja, ons het dalk bietjie luidrugtig gekommunikeer en baie kreatiewe skelname vir mekaar uitgedink, maar dan was dit oor en verby en was ons weer lief vir mekaar. Die bakleiery sou ons dan ook nooit weer in die toekoms teen die persoon hou nie, want dis mos verby en ons het vergewe. Want ons is onvoorwaardelik lief vir mekaar.

Ek’t egter vroeër vanjaar die nare ondervinding gehad dat iemand konflik met stilstuipe hanteer het. Nie net het die persoon die hele dag vir homself ongelooflik sleg gemaak nie, maar ook vir al die ander mense om hom. Ek probeer regtig om daardie dag nie teen die persoon te hou nie, maar dis moeilik, want dit het baie seerder gemaak as iemand wat my slegsê, of vloek. Ek’t wel in die tyd met hierdie worsteling oor wat om uit die situasie te maak, maar probeer navors, met die hoop om te verstaan waar die persoon vandaan kom (elkeen het mos ‘n storie).

Ek wou gil van frustrasie!

Stilstuipe is ‘n kinderagtige, onvolwasse manier van konflikhantering waar jy so optree met die doel om die ander persoon te ‘spite’. Jy doen dit omdat jy hulle wil manipuleer om te ja en amen op als wat jy sê. Ek kan nogals dit insien aangesien die persoon nogals ‘n ‘control freak’ is en dit seker toe nou nie kon duld dat ek ook ‘n opinie het nie.  Stilstuipe is ‘n vorm van emosionele mishandeling. Fisiese mishandeling kan gesien word en word ook darem gesond. Emosionele mishandeling vat egter soveel langer. En ek kan alreeds sien hoe die persoon se emosionele mishandeling nie net op my nie, maar ook op ander, ‘n vreeslike negatiewe invloed het. Ek is eintlik gelukkig want ek’t dit nie toegelaat om so behandel te word nie, al het ek nogsteeds in die proses seergekry.

Hoekom stilstuipe so sleg is: Dit maak jou ongewild. Dit maak dat die ander persoon nooit weer hul vertroue in jou sal plaas nie en nooit in jou sal kan ‘confide’ of eerlik sal wees oor hul emosies en gevoelens nie. Ek hoop van harte dat ek my verhouding met die persoon weer eendag sal kan regmaak. Alhoewel ek nie dink ons ‘n wrok nog teen mekaar koester nie, weet ek nie of ek ooit weer vir die persoon respek sal kan hê soos wat ek vroeër gehad het nie. Waar ek vroeër regtig opgekyk het na die persoon en selfs sou raad vra, is dit iets wat nie sommer weer sal gebeur nie. Stilstuipe is marteling. As gevangenes gestraf word, word hul in isolasie geplaas – die hardste straf. So as jy werklik vir iemand omgee, hoekom gaan jy hul die slegste straf moontlik gee? Jy wil graag vir die persoon wys hoe kwaad jy is en dat hy/sy verdien om nie jou liefde te kry nie. En dit laat die ‘slagoffer’ dan ook twyfel of jy ooit lief was vir hom/haar aangesien liefde veronderstel is om onvoorwaardelik te wees.

Waar leer mense om stilstuipe as konflikhantering te gebruik? Meestal is dit swak gedrag wat hul van hul ouers of ander gesagspersone oorgeërf word. So in ‘n mate moet mens jammer voel vir mense want dis al wat hulle ken. Soos die sê-ding ook is: Hurt people hurt others. Ek’t nooit die persoon se ouers geken nie, so sal ook nie weet of dit vandaar aangeleer is nie. Dus kan ek hul glad nie blameer nie. Die ander rede is natuurlik om te manipuleer, soos al tevore in my skrywe genoem is. imagesSoos ‘n 2-jarige wat nie die speelding wat hy graag wou hê gekry het nie en nou in die hoekie sit en ‘sulk’ en homself bejammer met die hoop dat iemand tog sy vreeslike bejammering sal raaksien.

Wat kan jy doen in plaas van om stilstuipe te gebruik:                                                                             As jy baie kwaad is, gaan koel eers af vir 10 minute. Praat dan die saak uit soos VOLWASSENES.

Wat kan jy doen as jy die stil behandeling kry?                                                                                   Moenie agteroorbuig om weer die persoon se guns te probeer wen nie. Omdat stilstuipe in baie gevalle ‘n manipulasie-meganisme is, gaan jy hom net in sy swak gedrag versterk. ‘n Beter idee is om die persoon reguit te sê dat jy graag die kwessie wil uitpraat sodra hy/sy daarvoor gereed is.

Nou ja, nou voel ek ook sommer beter na ek bietjie hier vertel het. Nou hoop ek dat ek en die persoon weer eendag dalk ‘n verhouding sal kan hê. Hopelik is die berg nie te groot om te klim nie…

Biografie... 
http://www.vitanova.co.za/Articles/TabId/877/ArtMID/2636/ArticleID/95/Stilstuipe-in-n-verhouding.aspx
http://www.yourtango.com/experts/dr-margaret-paul/silent-treatment#.VGYgnPldVZJ

Moenie “judge” nie!!!

Hoeveel keer het ons nie al gehoor dat ander mense sê: “moenie judge nie”. Soms voel dit vir my of Mattheus 7:1a die enigste vers is wat die persoon in sy hele Bybel ken. Dus het ek my voorgeneem om elke keer as iemand op facebook ‘n prentjie post van iets wat te doen het met “judge”, dit te gaan save. In die paar dae (so bietjie minder as ‘n week) wat ek dit begin doen het, het dit my laat wonder of ons mense nie bietjie obsessief geraak het oor “judge” nie en of ons nie die betekenis heeltemal verloor het nie. Ek’t besluit om ‘n blog te skryf en my opinie te gee oor elkeen van hierdie prentjies. Dit is dalk beter as wat ek dit op facebook comment…want net nou is ek dalk te ‘judgemental’.

10168178_661135377318151_1645126687422399842_n

nr 1

1.  Ek moet sê, met hierdie prentjie stem ek saam in ‘n mate. Dit gebeur taamlik baie dat ons iemand se woord vat vir ‘hoe’ iemand anders is, sonder wat ons self daardie persoon leer ken. Ek dink dit is baie belangrik om die waarheid van iemand self eers uit te vind en dalk self moeite te probeer doen om daardie persoon te leer ken, waar moontlik. Terselfdertyd moet mens jou egter afvra hoekom mense ‘n sekere ding oor iemand sal sê. Die ou gesegde is mos “waar ‘n rokie trek, is ‘n vuurtjie.” So wat jy van iemand anders hoor, is heel moontlik 80% van die tyd die waarheid. Ek sien gereeld mense wat kla oor klein dorpies waar die mense te veel skinder. My raad: Mense sal nie die nut vind om oor jou te skinder tensy jy nie vir hul ‘n rede gee nie. In baie gevalle skinder mense wel uit jaloesie, maar dis gewoonlik ook die praatjies wat doodloop omdat te veel mense besef dat dit nie die waarheid is nie. As jy jouself dus losbandig gaan gedra, moenie kom huil as jy ‘n slegte reputasie kry nie. Probeer eerder harder werk daaraan om jou reputasie te verbeter deur jouself te gedra.

16109_10152559174862819_1704214556127268277_n

nr. 2

Nr. 2: Met hierdie prentjie stem ek teoreties ook saam. Maar dit is mits jy jou lewe ten goede verander het in die hede. As jy nogsteeds aangaan soos jou verlede, kan jy nie kla dat mense jou op jou verlede oordeel nie, want dit is dan nog presies dieselfde. As mense kan sien jy’t werklik verander, dan sal hul jou ook nie meer oordeel nie (tensy hul net regtig wil moeilik wees). Ek is ‘n voorstander daarvan om mense hul verlede te vergewe MAAR nie om te vergeet nie. Vergewe hulle, maar ONTHOU dat jy vergewe het. Baie keer as mens vergeet wat in die verlede gebeur het, kan jy jouself baie kwesbaar maak om weer in dieselfde slaggat te laat trap. Dr. Phil sê gereeld op sy show: “The best predictor of future behavior is … past behavior”. Om net ‘n voorbeeld te noem: As jou oupa jou gemolesteer het, kan jy hom dalk vergewe. Maar dit sal mos net dom-onnosel wees om jou eie dogtertjie eendag alleen by hom te los. Of as iemand vroeër geld by jou gesteel het, gaan jy mos nie jou beursie oop en bloot laat lê die volgende keer as daardie persoon kom kuier nie? Nee, jy gaan vir hom wegsteek! Dus, my punt is: Ons moet mense vergewe en nie vir altyd ‘n fout teen hul hou nie. Maar daar is gevalle wat ons gaan noodsaak om anders teen hul op te tree as vroeër.

10690037_623532974421844_2748347296120444090_n

nr. 3

nr. 3. Waar. Mens kry huigelaars in die kerk. Mens kry ook oulike mense met tattoos. Maar so kry jy ook baie goeie mense in die kerk en baie slegte mense met tattoos. Ek weet nie juis wat die persoon presies wil sê met die prentjie  en wat die boodskap presies veronderstel is om te wees nie. Is dit om pro-tattoos te wees? Anti-kerk? Anti-‘judgemental’? Is dit om die boodskap van ‘don’t judge a book by its cover’ tuis te bring? My opinie: Eerstens glo ek dat stereotipering daar is vir ‘n rede. Niemand sou enigiemand kon stereotipeer as dit nie al oor en oor bewys is nie. Ja, oulike en goeie mense het ook tattoos. Maar dit is tog algemeen bekend dat tattoos ook ‘n ‘bad boy’ ding is? En ja, kerkmense ‘judge’. Nou my tweede punt. Judgemental word hier gesien as ‘n negatiewe ding. Is dit? Onregverdige oordeel is verkeerd. Maar wat baie mense nie weet nie, is dat regverdige oordeel heeltemal okay is! Die Bybel se vereistes is dat ons regverdig MOET oordeel oor ons mede-Christen broers en suster. Dit moet egter altyd in liefde gedoen word met die doel dat die persoon hom sal bekeer en weer op die regte pad sal loop. Ook moet jy nie jouself skuldig maak aan DIESELFDE sonde nie.

1597_10152757915748032_3424865218774773050_n 10698687_778409318886678_1088217198415347226_n

nr. 4 en 5: Die prentjie is reg. Ons almal word geoordeel deur iemand wat nie perfek is nie. Maar beteken dit as ons iemand tereg wys op sonde dat ons perfek moet wees? Gewis nie! Ons moet wel let dat ons nie dieselfde sonde aangaan nie. Ek mag byvoorbeeld nie vir Oscar Pistorius veroordeel as ek ook iemand vermoor het nie, want wie is ek dan? (Inteendeel, as hierdie prentjie tot sy logiese gevolge geneem word, moet ons alle howe, die polisie en die hele regstelsel afskaf, asook alle regstudente “oordeel” vir onchristelike gedrag). Ons moet ook nie die uitwys van sonde en oordeel met mekaar verwar nie! Deur te sê iets is sonde, beteken nie noodwendig jy verdoem iemand na die hel nie. As iemand jou dus tereg wys op iets wat jy doen wat dalk kan sonde wees, moenie op jou perdjie spring en sê ‘maar jy doen dan dit en dat en en en …’ om jouself te verdedig nie. Aanvaar die berisping. Moenie die feit dat die persoon ook sondig is nie (ons almal is immers sondaars) as verskoning gebruik om in jou eie sonde te volhard nie. Ek sien dit nogal baie in Suid-Afrika ook gebeur, veral met misdaad. Die werker voel hy word nie genoeg betaal nie, dus beskou hy dit as ‘n verskoning en ‘n reg om sy werkgewer te vermoor.

1557547_791970334163898_830068861_n

nr. 6

Nr. 6. Hierdie is seker die prentjie wat ek die meeste gesien het op my facebook die afgelope week. Dit is ook die prentjie waarmee ek GEENSINS saamstem nie. Eerstens, Christene is veronderstel om sonde te oordeel! God het aan ons die gawe gegee om tussen reg en verkeerd te kan onderskei. Die enigste ding wat ons nie mag doen nie, is om iemand na die hel te verdoem omdat die oordeel alleen God se werk is. Tweedens: dit is juis as iemand se sonde anders as joune is, wat jy daaroor mag oordeel. Die Bybel praat dat jy nie die splinter uit jou broer se oog moet haal as daar ‘n hele balk in jou oog is nie…. Nou dink gou mooi… beide ‘n splinter én ‘n balk is van hout. Dus is die boodskap daar vir ons dat indien jy dieselfde sonde het, mag jy nie iets daaroor te sê hê, voor jy dit nie self in jou eie lewe reggestel het nie (Mat 7:3-5). Ek sien baie keer mense wat geen issue het met homoseksualiteit nie, maar dan is dit vir hul onaanvaarbaar dat mense voorhuwelikse seks beoefen. Of dit is iemand wat self losbandig lewe, wat weer ‘n probleem met homoseksualiteit het. Beide is sonde, ja! Maar die punt is…as jy self seksueel immoreel lewe, moet jy dit eers regmaak voor jy aan ander begin preek.

Ek weet meeste van die tyd nie wat die persone wat die prentjies share se motivering agter dit is nie. Ongelukkig dink ek baie mense share dit om hul eie sondes te regverdig. Laat ons eerder introspeksie oor ons eie lewens maak, en regmaak wat verkeerd is. En laat ons ons broers en susters in Christus regverdig en met liefde oordeel sodat hulle hul sal bekeer van hul sonde. Sommiges meen dat dit nie liefde is wanneer ons oordeel nie…maar as jy jou broer of suster net laat begaan in hul sonde, terwyl jy weet dat die loon van die sonde die dood is (Rom 6:23a), is dit dan nie baie meer liefdeloos nie?

Johannes 7:24 “Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ’n regverdige oordeel.”


Miekie

collageVanjaar was Miekie se 20ste verjaarsdag. 20 jaar voel so lank, tog nog soos nou-die-dag. Ek onthou toe pappa my by die kleuterskool kom haal het. Ek was 5. Ek weet ek was 5 want Cornelis was in die hospitaal met ‘n outo-immune siekte. Ek kan nie die siekte se naam onthou nie, maar weet sy liggaam het sy bloed aangeval. Hy was 2.

Pappa het nie van katte gehou nie. Is as hondmens grootgemaak en dis mos maar ietwat moeilik vir ‘n Suid-Afrikaanse man om te erken dat ‘n kat ook ‘n oulike troeteldier kan wees. Maar pappa het vir Miekie aangebring. Ek onthou nog hoe ek in die wit Toyota bakkie ingeklim het en daar skielik ‘n klein wit katjie met die blouste oë, wat tot in jou siel in kan kyk, onder die sitplek uitgekruip het. Pappa het nog al te verbaas gemaak asof hy nie weet waar die katjie vandaan kom nie.

Miekie was veronderstel om my maatjie te wees terwyl Cornelis siek was. Sodat ek nie afgeskeep voel as hy al ma en pa se aandag verg nie. En sy’t dit goed reggekry. Ek kon saam Miekie lag, huil en vir haar stories vertel. Ek’t ook gesorg dat sy gedoop kom en het haar gedoop in die honde se drinkemmer by die kraan onder die olyfboom by Gruno. In die Naam van die Vader, Seun, én Heilige Gees. Ook al haar kleintjies is gedoop voor hul nuwe huise gekry het…

Miekie was ‘n slim kat, befoetert en lief tegelyk. Sy kon klavier speel en het altyd as ek klavier moes oefen ook ‘n handjie kom bysit. Sy’t ook altyd jou ‘n tikkie gegee met haar poot as sy ‘n happie vleis van die tafel af wou hê. Net so ligte tikkie. En as jy in daardie poele blou oë gekyk het, kon jy nie anders as om te gehoorsaam nie. Sy was ‘n ma-kat, ‘n paar keer! En elke keer tussen 5 en 7 kleintjies. Twee insidente wat van haar slimgeit en moedersinstink getuig is:

  1. die keer wat sy vir elke kleintjie ‘n muis gevang het. Sy het al 5 muise so in ‘n ry laat lê en toe die 5 kleintjies gaan roep. Ek’t dit nog nooit weer by ‘n ander kat gesien nie.
  2. die keer wat sy die hond aangeval het wat dit gedurf waag het om aan haar kinders te ruik. Ons ou boerboel, Marlientjie, was heel nuuskierig oor die klein wolletjies wat op die gras rond gespeel het. Sy’t heel onskuldig kom ruik. Miekie het egter nie die vrede vertrou nie en haar gestorm. Marlientjie was bloedhale gekrap soos wat Miekie haar gefoeter het!

Miekie het saam ons rondgetrek: 8 keer! Ek dink sy’t al gewoond geraak daaraan om elke 2 jaar na ‘n nuwe huis te trek saam ons. Sy was ook die rustigste van al ons katte met die trek. Sy’t geweet dis nie so erg nie.

Die laaste paar jaar het sy egter begin agteruitgaan. Soos wat mens seker kan verwag as ‘n kat ouer as 15 jaar word. Ons het gereeld ‘n vrot tand laat trek, die laaste ene ‘n jaar gelede en moes sy van toe af maar met haar gums kou. Met sagte pakkies-kos en baie fyn gemaakte Bob Martins-pilletjies kan mens ver kom. Daar het mense my gevra hoekom ek haar nie net laat uitsit nie. Want ek glo nie as mens jou tande verloor jy net doodgemaak moet word nie, veral nie omdat sy eintlik nog in goeie kondisie was nie. Sal jy jou ouma laat doodmaak as sy skielik nou valstande moet kry? Presies. So by the way….indien jy een van daardie mense was wat dit vir my gesê het: dit was ontsettend gevoelloos van jou. Ek’s jammer jy’t nooit die kans gehad om so lief te wees vir ‘n dier nie.

Miekie was tot aan die einde die matriarg onder die katte (en selfs die honde). So oud soos sy was en hoe swak haar liggaampie begin word het, het nie saak gemaak nie. As Miekie jou ‘die kyk’ gegee het, het jy gekniel.

Daardie blou poele kyk tot in mens se siel.

Daardie blou poele kyk tot in mens se siel.

Dit was vir my altyd verbasend hoe die ander ses katte altyd ondergeskik aan haar gebly het, al was hul baie groter en sterker as sy. Dit sê nogals iets van respek vir jou oumense! Haar gunsteling maatjies in die huis was Swartjie en Skye. Beide van hulle is weeskinders wie se vorige eienaars oorlede is. Ek hou daarvan om te dink dat Miekie hul onder haar vlerk wou neem.

Toe  ek weer in SA kom kuier het, het Miekie haar sommer dadelik in my tas kom tuismaak...

Toe ek weer in SA kom kuier het, het Miekie haar sommer dadelik in my tas kom tuismaak…

Ek was nou vir 3 weke terug SA toe om te gaan kuier. En was ontsettend bevoorregt om weer vir Miekie te kon sien. Om haar op my skoot te kon hê in die aande voor TV, was so lekker. Miekie het vir my gewag. Die laaste dag van my kuiertjie was ook Miekie se laaste daggie op aarde. Dit was verskriklik. Dis so moeilik om vir mense te vertel dat mens treur oor ‘n kat… Dis mos, net ‘n dier, jy weet… 20 jaar is mos nie ‘n lang tyd nie… ek ken mos nie my kat al langer as wat ek vir jou ken nie…

Maar nou ja, die tyd moes seker een of ander tyd kom om te groet en ek is regtig dankbaar dat ek vir Miekie tot op die einde as my katjie kon hê. Dat sy vir oulaas met haar blouste blou oë vas in my oë kon kyk. Ek is dankbaar teenoor my ouers wat so mooi vir haar gesorg het terwyl ek oorsee is. En ek’s dankbaar vir kleinboet Bernard wat haar in die hoek van die tuin gaan begrawe het. Ek is dankbaar vir 20 jaar. Dankbaar dat ek vir so lank vreugde uit my katjie kon put. Dankbaar dat die Here vir ons troeteldiere gegee het wat ons lewens voller maak en dankbaar dat diere hemel toe gaan…

1002438_10151673290013476_1012303673_n 1378072_10151906814563476_1380209433_n 10527288_10152525255283476_3579042433088849297_n 18708_10151737995108476_1753525556_n 11225_10152003054833476_818195699_n

http://www.slideshare.net/frontfel/will-animals-be-in-heaven?qid=0a389f8e-3443-4353-9cef-5c18f9456150&v=qf1&b=&from_search=2

Share this if you love Jesus…

Iets wat my grensloos irriteer is hierdie emails en prentjies wat sê “Share this if you love Jesus/God ens. Sommiges gaan selfs so ver as om te sê: “If not, it means you love Satan” ens. Ek’t juis nou op Facebook weer gesien hoe van my vriende van die volgendes share:

541931_475221342506515_532789638_n391400_396175870437990_646463002_n

Hoekom ek dink jy, vriend wat hierdie goeters share, moet asseblief DADELIK daarmee stop:

1. Dit is godslasterlik.

2. Dit laat jou stupid lyk

3. Jy dra ‘n boodskap van vrees uit, in plaas van om as oorwinnaars in Christus te leef.

4. Jy glo dat God JOU ‘n guns skuld.

Geloof is ‘n gawe. Uit genade het God se Seun vir ons gestuur om vir ons aan die kruis te sterf. Hy’t die prys betaal, ‘n DUUR prys. Hoekom gaan jy nou hierdie pragtige geskenk so ‘cheap’ wil laat lyk? Asof jou saligheid deur ‘n share bepaal gaan word. Nee outjies! God het klaar daardie keuse gemaak. Net Hy gaan bepaal wie na watter eindbestemming gaan. Nie facebook nie, nie die post nie, ook nie die idioot wat te veel tyd op hande het om sulke prentjies uit te dink nie. Soos by die laaste prentjie gesien kan word, staan daar “Jesus says”… WAAR in die Bybel lees jy dit? Moenie woorde in God se mond sit nie. Die evangelie is: “repent and believe” NIE “share and like” nie.

Verder, as iemand wat nie gelowig is nie, hierdie tipe ding sien, watter tipe boodskap dra dit oor? Gaan hul jou ernstig opneem? Of gaan jy hul net nog skietgoed teen die Christelike geloof gee? Ek hoor baie keer hoe ongelowiges meen dat Christene net die Christelike geloof aanhang uit vrees… sou hierdie prentjies dalk hul argument versterk?

En dan, as jy werklik bang is jy gaan hel toe as jy die prentjie nie deel nie of as jy skuldig voel: Dit is die duiwel wat jou met hierdie prentjies probeer laat skuldig voel. Vertel hom dan sommer dat jou sondes klaar betaal is en dat hy jou nie kan aankla nie. En onthou, God sê in sy Woord dat NIEMAND jou uit Sy hand sal kan ruk nie!

Johannes 10:28 en 29 “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

So vriende, ek weet julle bedoel goed, maar ek vra mooi, dink dalk net so 2 sekondes langer oor of die soort van ding werklik die Koninkryk van God opbou of afbreek.

1 KORINTIËRS 15:2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

Nuus uit Nederland #1 (Des 2013)

Goeie aand!

Eerstens… Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar vir julle almal.

Kersboom op die Grote Markt

Kersboom op die Grote Markt

Terwyl julle almal op die strand baljaar (die fotos op facebook maak my groen van jaloesie), bibber ek vandag lekker hier in Nederland. Maar ek kan nie kla nie, ons het eintlik goeie weer met baie sonskyndae beleef die afgelope 2 weke.

Ek het ‘n werk as kinderoppasser gekry by ‘n gesin wat net sowat 200m van ons af woon, so dit is baie gerieflik. Die mense het 2 seuntjies, 8 en 10 jaar oud. Hulle lyk baie gaaf en ek hoop dat dit ook lekker sal wees om daar te werk. Ons gaan nou hierdie week hulle net leer ken en dan sal ek op 6 Januarie amptelik begin. Die oudste seuntjie is die jaar nogals deur trauma…sy een maatjie is dood in ‘n gesinsmoord en sy ander maatjie se pa het selfmoord gepleeg. Dis nogal jammer dat hierdie mense nie gelowiges is nie, dit is soveel makliker om trauma te verwerk en getroos te word as jy die Trooster ken.

Ons het ‘n taamlike besige week agter die rug met vele ‘events’. Ons was Sondag vir middag-en aandete by die familie Hoving.

Eet by familie Hoving

Eet by familie Hoving

Hulle het vir 10 jaar lank in Suid-Afrika gewoon en het ons onder hul vlerk geneem. Hul een seun Nico (hulle het 6 kinders) , is ook ons lift kerk toe. Hy is ook in SA gebore en besit dubbele burgerskap, so hy gaan kuier gereeld daar. Hy spot dat hy nog met ‘n Afrikaanse meisie wil trou.

Dinsdag was ek na ‘n girls night (meide avond) saam met al die jong vrouens van die kerk waar ons fondue geëet het en net gesels het. Die mense is almal baie vriendelik en die Nederlands heel verstaanbaar, mens moet net ekstra hard konsentreer en dit raak nogals uitputtend. Gelukkig is die Groningse dialek eintlik makliker vir ons omdat hulle met meer van ‘n Duitse aksent praat wat dit meer na Afrikaans laat klink.

Woensdag was Adi bietjie uit saam sy mede-PhD studente en Donderdag is ons na die kerk se studentevereniging se dinee. Daar was wel so bietjie van ‘n blaps…op die uitnodiging het gestaan ‘diner’. En so neem ons toe aan dat dit ‘n ete is en daag toe heel casual daar op (jeans en trui) terwyl almal in aandrokke en aandpakke is. Bummer! Gelukkig was die kos heerlik gewees…

Die naweek is dit die winterwelvaart-fees hier in Groningen. Al die bote is met Kersliggies versier en hier is ‘n hele kermis aan die gang. Ook orals musikante en kore wat die atmosfeer nog meer geselliger maak.

Winterwelvaart. A-kerk toring in die agtergrond.

Winterwelvaart. A-kerk toring in die agtergrond.

Ek is nie presies heeltemal seker wat die winterwelvaart is nie, maar dit wil vir my lyk of dit amper ‘n kunsfees-tipe ding kan wees want daar word lesings en aktiwiteite aangebied regdeur die naweek.

Soos jul kan aflei het ons klaar by ‘n kerk ingeskakel. Ons het in Korea agtergekom hoe baie dit ook kan help met vriende maak en om aan te pas indien jy ‘n kerkfamilie vind, so ek is bly ons kon so vinnig ‘n kerk in NL vind waar ons gemaklik voel. Die kerk is egter in ‘n ander dorp en als is in Nederlands, maar tog heeltemal verstaanbaar. Die denominasie is ‘Gereformeerd Hersteld’. Die mense is super-vriendelik en ons kry heeltyd uitnodigings om by mense te kom eet. Die kerk het ook ‘n oggend en ‘n middagdiens waar almal beide heen gaan. Dit is so bietjie anders as waaraan ons gewoond is. Tussen-in die dienste gaan eet ons dan by wie ook al ons nooi, so dan leer ons ook die mense beter ken. Die gesin by wie ons vandag gaan eet het is ook baie oulik. Die oom vertel dat hy graag Afrikaanse boere-oorlog stories gelees het en hy ken omtrent al die boere-leiers op die punte van sy vingers.

Iets wat ook vir my opvallend is, is die feit dat die mense so lekker pepperminte eet in die kerk. Amper asof dit ‘n hele ritueel is! Ek onthou as kind het die ou ooms en tannies en my oupa en ouma altyd vir ons pepperminte gegee in die kerk, maar ek’t altyd gedink dis omdat ons klein en cute was. Nou begin ek wonder of dit dalk ‘n tradisie kan wees. Maar die snaakste deel van dit is die feit dat almal op dieselfde tyd hul pepperminte uithaal en eet. Sodra die ds klaar die skrif gelees het, word dit die eerste keer uitgehaal voor hy begin preek. Daarna elke keer as hy sê ‘en tweedens’ of ‘en derdens’. Dit is amper asof hy ‘n kans gee dat almal gou eers hul peppermint kan kry voor hy aangaan. Ek sal maar vir ons ook ‘n pakkie pepperminte vir kerk moet gaan aanskaf…

Sover het ek nie veel nuus nie, ons is darem nie alleen vir Kersfees nie aangesien my vriendin van SA wat ook in Antwerpen studeer, Vivo, vir ‘n paar dae hier kom kuier. Presies ‘n jaar terug wat ons vir haar gaan kuier het. So dis maar ‘n nuwe tradisies lyk dit my…

Vivo en Adi by ons Kerstafel.

Vivo en Adi by ons Kerstafel.

Korea #13 Busan

Goeie dag vriende en vriendinne
Ek het nie weer so baie dinge om te vertel soos laas keer nie (julle sug seker van verligting)…
Ons was die naweek bietjie Busan toe, wat die groot stad aan die Suide van Suid-Korea is. Ons het bietjie vir ‘n vriendin, Izette Bredenkamp gaan kuier wat daar werk.
Dit was ‘n langnaweek en ons het Vrydag die sneltrein soontoe gevat…en glo my, hy snel hoor!!
Ons het by ‘n motel bespreek wat taamlik naby aan als is, maar nie heeltemal so gewensd was nie. Weereens die les geleer dat goedkoop koop nie die beste koop is nie. Omdat baie hotelle al vol bespreek was vir die langnaweek was ons bietjie oorhaastig met ons bespreking en het ons nie die reviews op die internet oor die motel gelees nie. Dit was darem heel leefbaar, maar ek sal volgende keer verkies as my kamer nie bo ‘n nagklub (een waar foreigners verbied word, nogal) is nie. Ek was ook nogal opgewonde om in ‘n lekker bad te le en ‘soak’, maar dis nou ook nie so lekker as die water nie warm is nie!! So ja, verblyf was maar shabby, maar darem nie ‘n probleem nie. Baie van julle wonder seker nou hoekom ons nie by Izette oornag het nie. Die blyplekke in Korea is baie klein en ingeprop. Meeste engelse onderwysers bly in ‘n officetel wat ‘n een-kamer huis is. Dis nou waar jou kombuis, kamer, leefarea ens als in baie beperkte spasie ingeprop word. Dus wou ons nie vir Izette te overcrowd nie en privaatheid is nie so moontlik nie.
388469_10151496737533476_207016002_nVrydag: Izette het ons by die stasie gekry en ons is na Taejongdae Park. Hier is baie mooi uitkykpunte oor die see en mens kan vir Japan van daar af sien op die horison. So Korea en Japan is werklik baie naby aan mekaar! 598793_10151496738518476_185034617_nDaar is vreeslik baie afgronde en kranse hier en vreeslik baie mense pleeg ook hier selfmoord deur van die kranse af te spring. Daar is nou ‘n monument opgerig van ‘n ma wat haar kinders vashou en by dit staan “onthou jou ma”, bedoelende dat diegene wat wil selfmoord pleeg eers moet dink aan hoeveel hul ouers vir hul opgeoffer het en wat jy aan hulle gaan doen as jy selfmoord pleeg. Dis ‘n baie mooi, maar hartseer monument.578297_10151496738443476_765151912_n
Alhoewel Korea die probleem van selfmoord erken, is dit nie of hul juis iets hieraan doen nie. Ek dink dit sal baie help as hul byvoorbeeld ‘n wet maak dat mens net sekere ure mag werk per dag en dalk selfs ‘n Sondag of so as rusdag verklaar. Een Filipynse meisie wat in ons Bybelstudie is wat nou weer teruggekeer het Fillipyne toe, het amper nou die dag begin huil toe sy se, hoe sy uitsien om net te kan rus. Sy was vir 5 jaar in Korea en het non-stop gewerk. Sy het nooit af gehad nie en elke dag van die week gewerk. Sy het ook gekla hoe sleg dit vir haar was om as Christen op Sondae te moes werk. Sy het egter ‘n familie in die Filipyne vir wie sy geld gestuur het omdat hulle dit so nodig het. Ek dink hierdie baie werk sonder rus, die vreeslike kompetisie en druk om te presteer is die grootste oorsaak van die selfmoorde hier.
Na Taejongdae se gestap was my lyf maar lekker seer, ek voel dit nogsteeds, en dis al amper ‘n week na die tyd!!
526723_10151496737078476_71129532_nOns het Busan akwarium gaan besoek wat meer as 35 000 visse/diere het. Dit was heel lekker om te sien, ons was net bietjie laat, so het nie gesien hoe hulle die haaie en pikkewyne voer nie. Die klomp verskillende jellyvisse was vir my baie interessant. En mooi. Hulle lyk so rustig waar hulle in die water swewe. Die akwarium het ook ‘n baie groot tonnel waardeur jy kan loop, dan swem die visse en haaie en skilpaaie so om jou. Nogal cool.
Ons het die aand bietjie Meksikaans geeet en het dit heel baie geniet. Dis nou een ding van Busan – meer Westerse restaurante as net MacDonalds.
525005_10151496737773476_75997448_nSaterdag: Ons het die oggend bietjie Madame Tussauds se wax museum besoek en so paar fotos saam George Clooney en Elvis geneem. Die museum is egter nie baie groot nie.
1822_10151496739028476_1052367917_nVir die middag is ons na die UN Memorial en begraafplaas. Dis nogal regtig ‘n mooi en stil plek wat nog baie goed in stand gehou word. Omtrent so 40 Suid-Afrikaners het in die Koreaanse Oorlog omgekom en ons kon hulle monument ook sien. Die meeste sterf-gevalle was egter Amerika met meer as 33 000 gevalle soldate. Dis nogals regtig intense, veral as mens die soldate se ouderdomme sien…died at age 17, 18, 21…. Dit het my net weereens laat besef watse euwel oorloe is wat jongmense van hul lewens beroof. Dit het my laat dink aan ‘n foto wat ‘n ruk terug op facebook gesirkuleer het met die onderskrif “I’m tired of old men dreaming up wars for young men to die in.”
Ons het Busan museum besoek. Sommige van die goed was interessant, maar ek’s nou nie juis ‘n museum-mens nie. Daar’s hopeloos te veel goed wat mens moet lees. Van die prentjies oor hoe Busan voorheen gelyk het met die tradisionele huisies, dink ek dis eintlik hartseer dat dit nou als moes plek maak vir al die hoe wolkekrabbers wat die hele aansien van Korea so versies.
536283_10151496738653476_1778018414_nHier by die museum het ons ook aan hul culture experience deelgeneem. Ek en Adi is soos ‘n Koreaanse koning en koningin aangetrek. Dit was heel pret, maar ek’s bly ek was nie ‘n Koreaanse koningin nie! Hul hande mag glad nie gewys het nie (as jou hande wys is jy ‘n slet), so hulle het hierdie lang moue gehad wat dit moes bedek. Korea is nou nog teen oop skouers, maar hulle dra die kortste broekies en rompies! Ek dink tot die lekker meisies in SA sal te skaam wees om dit aan te trek… en moenie dink die wintertemperature van -20 keer hulle nie, o nee!! Rokkies sal hul dra…en almal kyk daarna…
483667_10151496738993476_1397324001_n
Ons het ook ‘n tradisionele tee-seremonie gedoen. O my siel, mag ek nooit so ingewikkelde proses van tee maak ooit weer beleef nie!! Sekere dinge mag jy net met sekere hande doen, die lappie moet op ‘n sekere manier gevou word, jy moet presies aftel hoeveel druppels tee in die koppie val ens ens. Die tee-sakkie en ketel ding werk vir my maar meer effektief, hoor! Ek dink voor Korea al sy tegnologie gekry het, moes die mense regtig verveeld gewees het om sulke klomp strooi uit te dink. Wel, dit was darem ‘n ervaring.
Die Sondag het ons net saam Izette kerk toe gegaan en toe maar weer die langpad aangepak terug huis toe. Weens ons suinigheid wou ons nie weer met die sneltrein ry nie, maar agterna dink ek dat R70 ekstra eintlik die geld werd sou wees om 3 ure vroeer by die huis te kon wees. Weereens, goedkoop koop is NIE altyd die beste koop nie!!
Die Koreaanse skooljaar het die week begin (hulle begin in Maart), so ons het nou ‘n klomp nuwe babies en klomp wat nou grootskool toe is. Shame, die nuwe 3-jariges huil maar nog een stryk deur. Hulle weet seker dat die res van hulle lewe gaan hel wees en dat die tyd vir rus en speel nou vir ewig verby is. Ons hoor hulle van ons kantoor af huil, en ons is so 2 vloere bo hulle!! Hulle kom nou eers van volgende week na Engels, en dan gaan hulle seker EERS huil as hulle witmense sien. Adi gaan maar sy baard skeer dat hy nie te ‘scary’ is nie.
Ek hou sover van my nuwe klasse, die klassies is net baie groter die jaar. Ekt nou amper 30 kinders per klas. My een ekstra-klas (Laerskool kinders wat engels ekstra neem) het net 3 seuntjies, maar hel hulle is stout!! Veral die een is onmoontlik. Hulle kom nou al van laasjaar en ekt gehoop ek sal hom kan tem, maar daai kind is so wild soos die wildtuin self. Dis natuurlik die gebrek aan ouers (die ouers werk van vroegoggend tot laat) wat die kind seker so onmoontlik maak. En die feit dat hulle al gatvol vir skool is en nie nog ekstra engels ook wil he nie (hul het alreeds engelse klasse by die skool ook).
Vandag het een van die dogtertjies in my 6-jaar klassie aan die slaap geraak. Hulle is soooo moeg want hulle rus nooit nie! Al hierdie kinders sit met sulke pers kringe onder die oe van te min slaap. Iets sal regtig moet verander, anders gaan dit nog Korea se downfall beteken.
Moenie my verkeerd verstaan nie…ek bewonder hul hardwerkendheid. Hulle het 50 jaar terug NIKS gehad nie, maar hulself gekry waar hulle is deur harde werk. Ek wens soms so ‘n kultuur wil in SA ook ontstaan om mense bo hul omstandighede te laat uitstyg. Korea kon baie maklik vir Noord-Korea of Japan geblameer het vir al hul probleme, maar dan sal hulle ook nou nog in plakkershutte gewoon het. In stede daarvan het hulle besluit om op te staan en hulself weer op te werk. Hulle moet nou maar net bietjie balans vind en leer om hul families hul prioriteit te maak.
Privaatskole begin so een vir een toemaak hier in Korea – nie omdat almal staatskool toe gaan nie, maar omdat die kinders minder word. Ek neem aan hulle gaan dit ook aan hul ekonomie begin voel oor so paar jaar… Die dominee in Busan is bv van Amerika en hy het 4 kinders…en die Koreane is almal sooo verbaas en het hom al gevra of al die kinders van dieselfde ma is! Hier kry die mense selde meer as 2 kinders. Korea het van die laagste geboortesyfers in die wereld.
Iets anders wat vir my ‘n vreeslike riem onder die hart is, is hoe die koreane kan geld mors. Soms wonder ek wat die ouer garde dink oor die nuwe generasie wat als so vermors waarvoor hulle so hard gewerk het. Ons het al hoeveel keer gesien hoe mense net eenvoudig goed weggooi wat nog in perfekte bruikbare toestand is. Soos sitkamerstelle, beddens, rakke  word net so weggegooi en dan lyk dit nog regtig goed. Selfs kinderspeelgoed word weggegooi sodra die kind nou te oud is daarvoor. Ek dink baie aan al die arm mense in Suid-Afrika wat wat sal gee vir meubels of speelgoed vir hul kinders.
Ek moes vir my klasse als nuwe flitskaarte gemaak het vir hierdie jaar. Die ou kaarte moes ek weggooi. Hulle lyk PRESIES dieselfde, behalwe dat die nuwe kaarte ‘n ander kleur ‘border’ het. Nou ek weet regtig nie wat dit saak maak nie, dit gaan mos oor wat in die binnekant van die border staan. Ek ril as ek dink aan al die papier, ink, lamineer-sheets ens wat gemors word net oor so simpel rede. Weereens dink ek net aan die SA kinders wat almal nie eers flitskaarte het om mee te leer nie!
Verder vat ons dit maar rustig en soek maar vir werk as ons terug in SA is. Bid maar vir ons dat die deure sal oopgaan waar God ons wil gebruik.
Minder as 3 maande, dan is ons terug in die land van boerewors en biltong!!
Skryf terug!!
Liefde
Lize (en Adi)

Korea #12 – Vakansie na Europa

Liewe vriende en vriendinne
Eerstens, ‘n Geseënde Kersfees, Voorspoedige nuwe jaar en gelukkige Valentynsdag! En sommer geseënde Paasfees as ek teen daardie tyd nog nie weer geskryf het nie. Ek is maar lui vir skryf deesdae…. Hier is bietjie nuus oor ons lewens hier in Korea, asook ons Europa-trippie wat ons oor Kersfees en Nuwejaar gedoen het.
Europa was wonderlik en ek het aanvanklik verskriklike heimwee gehad en wou letterlik op die vliegtuig begin huil het toe ons weer moes terugvlieg Korea toe, dit het net verkeerd gevoel. Ons is mos veronderstel om huis toe te gaan na ‘n vakansie. Korea sal nou maar net nooit ‘huis’ wees nie. Ek was ook ongelooflik siek die eerste paar dae in Europa, dit nadat ek die Woensdag voor ons gevlieg het al by die dokter was (wat met my gekommunikeer het via google translate), maar dit het nie juis gewerk nie. Hulle gee mens net genoeg medisyne vir 3-dae en dis baie flou…
72866_10151327234463476_212617464_nOns het van Incheon af na Amsterdam gevlieg via Beijing. Beijing is die deurmekaarste lughawe ooit en ek hoop om nooit weer daar tyd te hoef te spandeer nie. Ek kon ook agterkom dat daar ‘n moerse gap tussen die Koreane en Chinese is — die Koreane is maar ‘n stappie of twee hoër…
Van Amsterdam af, het ons ons eerste trein na Nijmegen geneem. Van daar sou ons volgende trein na Hannover eers oor 4 ure vertrek. Ons het gereken ons sal in die stasie wag/slaap, maar ongelukkig het hulle ons uitgejaag omdat die stasie vir die aand gesluit het. Ons het toe maar met ons bagasie en als in die strate afgestap en ‘n koffie in ‘n Egiptiese bar gaan drink. Dit was maar ongemaklik en die hele plek het van hubblies gestink wat verseker nie goed was vir my brongitis nie. So het ons maar vir 4 ure in die middel van die nag in Nijmegen se strate rondgedwaal. Ons het aanvanklik in die Moslem-gedeelte ingestrompel en was maar bietjie skrikkerig vir al die immigrante. Nie ver daarvandaan nie, het ons die ‘wit’ area gekry waar die ‘scene’ heeltemal anders was. Almal ry met hul fietse nagklub toe…en dit was selfs vermaaklik om te sien hoe iemand na ‘n paar drankies fietsry. Die rasse-skeiding was nogal opvallend in die dorp. Met ons wandelings het ons ook op ‘n monument van Charl die Grote afgekom (Charlemagne), koning van die Franke. Interessant dat hy so naby aan die Moslem-gebied is en hy juis die koning was wat sy volk en land teen die Moslem-invalle jare gelede beskerm het. Net jammer die Moslems stroom nou alweer vir Europa toe…
Ons het naderhand maar op ‘n bankie voor die stasie probeer lê, maar dit was maar koud en weereens nie gehelp vir my aaklige griep-lyf nie. Dit was darem nie lank voor ons uiteindelik ons trein kon neem nie. Ek kon darem ‘n lekker slaap-sessie inwerk tot in Hannover (Duitsland).
64952_10151327269048476_384070305_nDit was nogal lekker om in Hannover te stop en ‘n effense gevoel van bekendheid te kry omdat ek in 2009 ook vir Luise (spreek uit: Lu-Ize) gaan kuier het na ons koortoer. Daar kon ons gou ‘n Kersmark beleef terwyl ons gewag het vir Vivo se trein om te kom. Sy het van Antwerpen (België) gekom om ook saam ons 538031_10151327269053476_513587898_nKersfees te vier.
Ons is baie dankbaar vir Luise en haar gesin wat ons al 3 so gasvry in hul huis ontvang het, ons kos gegee het en letterlik op die hande gedra het. Dit het ook ons toer aansienlik goedkoper gemaak. Ons is 6pm saam hul na hul kerk se pragtige Kersdiens gewees wat gepak was met mense. Terug by die huis was dit tyd vir feesvier en het ons uit die Bybel gelees, die kerse aan die Kersboom aangesteek en presente uitgedeel en Duitse koekies geëet. Tannie Ina het ook vir ons wors gebraai wat ook heerlik was aangesien ek nie gaan waag om hierdie wors in Korea te eet nie (net nou is daar hond of so iets in)… Ek was ongelukkig so siek soos ‘n hond en het nie weer saam na die middernag-Kersdiens gegaan nie. Ek was nogals teleurgesteld, want dis gewoonlik (van wat ek laas onthou), baie spesiaal.540867_10151327270578476_629810143_n Die volgende dag is ons egter vir die Sondag (wat ook Kersdag was) kerk toe en daar was aansienlik minder mense gewees. Ons het ook in vleilande gaan stap wat heerlik was om weer ooptes te sien (waarvan hier bitterlik indien eniges in Korea is). Die son het ook deur die wolke gebreek en dit was pragtig.
26 Desember:
Ons sou na Luise-hul se tannie op ‘n plaas daar naby gaan, maar hulle kon nie ‘n groter kar geleen kry nie (ons is een persoon te veel vir hul kar gewees). Ek’t aangebied om op Adi se skoot te sit, maar hulle was sooooo geskok dat ek dit net oorweeg om die wet te oortree. Vir my is dit weer vrek snaaks dat hulle so paranois is om dit so stiptelik te volg…as hulle maar net geweet het hoeveel mense ‘n student in ‘n 5-seater kan prop en dan ry mens soms van Bloem tot by Warmbad…
537175_10151331993378476_1864655366_n 537283_10151331993678476_756657823_n                                                       Ons is toe na Hamburg vir die dag. Adi en Vivo het dit geniet, maar dit was regtig nie vir my iets so wow nie. Dalk was ek net te siek gewees om dit te kon geniet. Ons het darem lekker gluhwein en hot tjoklit gedrink daar naby die hawe en het ook in die kerk-toring opgegaan en oor die stad en hawe uitgekyk wat baie mooi was.
27 Desember:
582429_10151335160263476_197620854_nAdi wou graag die dorpie van sy voorvaders besoek het, so ons is toe na Schlebusch-Leverkusen. Ons het tot na die Schlebusch-kasteel toe gegaan, maar dis eintlik meer van ‘n groot huis as ‘n kasteel. Baie klein dorpie. Ek kon wel ACC600 daar by ‘n apteek kry (witmens medisyne yeah!!!! Die Koreane se goed is als so flou en is net genoeg vir 2-3 dae se gebruik, seker omdat hier so baie mense selfmoord pleeg). Adi kom nogal van ‘n royal-familie af… Die duke (of watookal hy was), was Rooms-katoliek en toe sy seuns bekeer en protestante word, het hy hulle vervolg. Hulle het toe Nederland toe gevlug. Daar het die een met ‘n Hollandse nooi getrou en hulle kinders is Suid-Afrika toe…
320961_10151335181113476_641000845_nOns is ook Koln toe (Cologne). Daar kon ons ook na die baie groot katedraal gaan kyk het. Hy is veronderstel om so sandsteen-kleur te wees, maar agv besoedeling is dit so swart kleur. Hy is permanent in restourasie soos wat hul die heletyd probeer om hom skoon te maak. Al die groot kerke in Europa getuig nogals van die Christendom wat op ‘n stadium daar was.
Adi het na die Romeins-germaanse kultuurmuseum gegaan en ek en Vivo het besluit om na die eau de cologne-winkel/fabrieke te gaan. Dis hier waar die eerste cologne gemaak is, maar twee verskillende ‘brands’ (4711 en Farina) claim albei om die eerste een te wees. Hulle het baie geskenkpakke wat mens kan koop en so, maar dit ruik maar vir my na seep, so ekt niks gekoop nie, al is die idee dat dit die eerstes was nogal cool.
28 Desember:
230664_10151340881703476_255574374_nOns het na Worms gegaan om die Luther Denkmal te besoek. Dis hier waar Martin Luther se verhoor ‘back in the days’  plaasgevind het en ook waar hy sy bekende woorde: “Hier staan ek, ek kan nie anders nie, God help my” gespreek het.  Hy het dit gesê na die Roomse kerk gevra het dat hy als wat hy gesê het oor hul dwalinge, sal terugtrek. Hy het geweier. Dis regtig nogal ‘n mooi monument met al die groot manne wat deel was van die Hervorming. Ek en Vivo het natuurlik baie geleer soos wat Adi ons baie entoesiasties vertel het oor wie elkeen was en wat hul als gedoen het.
Ons het die aand in Munich in ‘n jeug-hostel oorgeslaap. Luise en haar familie was so gaaf om dit als vir ons te betaal as deel van ons Kersgeskenk!! Die hostel is regtig baie nice en as ek ooit weer in Europa iewers sal moet oornag, gaan ek nie nog sukkel met duur gastehuise en hotelle nie.
29 Desember:
9467_10151344343313476_1161367796_nOns het douvoordag opgestaan en ‘n trein gevat na Fussen, in Suid-Duitsland. Dis die naaste treinstasie aan Schwanstein, waar twee pragtige kastele in die berge staan: Hohenschwangau en Neuschwanstein. 431511_10151345902273476_2039105372_n 536917_10151345902693476_1552912211_nNeuschwanstein is ook die kasteel wat Disney as sy logo gebruik. Super mooi!! 154171_10151345900478476_73841264_nDie natuurskoon is ook asemrowend met die Alpsee (Alpe meer) en die Alpe in die verte. Dis ook asof daar ‘n anderster kultuur in Bavaria is as die res van die plekke wat ons besoek het. Ek verkies ook Suid bo Noord-Duitsland. 869_10151340881873476_2133414427_nDis regte Heidi-wêreld. Ons was toe met ‘n toer deur die Neuschwanstein kasteel, ons tyd het ons nie toegelaat om deur Hohenschwangau ook te gaan nie, omdat hulle spesifieke toer-tye vir spesifieke taalgroepe het, en ons wou dit nou nie in Japanees of so sien nie. Daar was natuurlik ‘n kleinhuisie vol Asians daar, mens sou sweer ons het nie Korea verlaat nie. Ons het ook heerlike Hot tjoklit en koek geniet vir 5 Euro en dan kry jy ‘n koppie met Neuschwanstein kasteel op by! Bargain!! En natuurlik het ons perdekar gery! Dit was regtig ‘n hoogtepunt in die toer en ek sal bittergraag in die toekoms daar wil gaan oornag vir ‘n dag of twee om net bietjie meer van ‘n ‘feel’ te kry vir die unieke kultuur wat daar is.
Van daar af, is ons Antwerpen toe, in België, om ons bietjie te gaan tuismaak in Vivo se kamer.
30 Desember:
318078_10151357967728476_1120202869_nOns het bietjie gerus na ons besige week in Duitsland en Vivo het ons so bietjie die stad laat verken. Ek en Adi is ook die aand na ‘n gereformeerde kerkdiens toe om bietjie te kyk hoe hulle kerk hou. Adi sê die preek was goed, so ek sal hom maar op sy woord vat, want ek kon absoluut niks verstaan nie, al was dit vir my moontlik om met die Vlaminge te kommunikeer as ek gewoonweg met hulle gepraat het of hulle met my. Ongelukkig voel hulle net soos die doppers in SA dat dit amper ‘n sonde is om mooi te mag sing. Dis vir my wraggies erg die getrekkery aan die liedjies en mense wat skaars hul kakebene wil beweeg. En ek glo nie mens kan dit blameer omdat dit ‘ou liedere’  is wat gesing word nie, want die Lutherane sing ook ou liedere, net met soveel meer passie en nie asof hul een voet in die graf staan nie.
31 Desember:
72912_10151357968243476_3192949_nOu jaar! Vivo het my bietjie die stad gaan wys en ons het na die hawe gegaan en mooi fotos geneem. Ons het ook ‘n tipe Kersmark geniet met sulke donut-rige goed wat ons in Nutella kon doop (mmmmm….bliss) en eet. Ons het vir Stefan Bekker (Kovsie vriend wat in Amsterdam woon) by die stasie gaan kry en toe ook saam met Vivo se klasmaats bietjie gekuier waarna ons almal na haar kamer is en sy so gaaf was om vir almal kos te maak.
Ek’t ook die baie goeie nuus gekry dat my boetie ‘n beurs van Sunette Bridges gekry het nadat ek hom benoem het daarvoor, so toe vier ek sommer nog lekkerder die ou jaar. Toe dit nou begin later word, het ons na ‘n kroeg gegaan, ‘n doppie gedrink en toe nader na die rivier begin beweeg vir die vuurwerk-vertoning. Ons het ook deur die rooi-lig gebied gestap. Dis nogal erg!! Die meisies staan in die vensters soos winkelpoppe en pose in onderklere ens. Ekt nogals nie gedink die bordele is so oop en bloot nie. Adi was so diep in gesprek met ‘n Hollander, hy’t dit gemis. En natuurlik teruggehardloop toe ons daar uit is en dit met hom meedeel!!! Dit het darem vir baie vermaak gesorg onder ons klomp. By die rivier het ons met ‘n tonnel onderdeur gegaan om van die ander kant af te kyk omdat die rivier-bank te vol mense was aan ons kant. Dit het vir my soos ‘n ewigheid gevoel. Wat nogals cool is, is dat die roltrappe van hout is. Die vuurwerkvertoning was amazing en dit het lekker lank aangehou. Al wat vir my hiper-weird was, was ‘n vrou wat daar was met haar klein hondjie…dink sy regtig hy wil ook graag dit sien???
1 Januarie:
Ons was Gent toe vir die dag, maar dit was nie juis iets besonders nie en baie winkels was gesluit omdat dit die eerste was.19421_10151360708583476_1901158850_n Dit was wel mooi met al hul water en huisies ens.
2 Januarie:
 45556_10151397708963476_1137041648_nVandag was Luxembourg se beurt. Dis ook ‘n staat of so iets op sy eie. 602221_10151397709513476_1454100009_nDis baie mooi daar met mure en water en huisies ens. Die plek bestaan ook nogal ‘n hele tydjie hoor! Beslis een van die dae waar ek die meeste gestap het.
534989_10151399629633476_973515835_nOppad terug Antwerpen toe, het ons eers by ‘n dorpie in Walonië gestop – sommer net. Libremont. Dit was ook weer ‘n lekker ‘change of scenery’. Dis ‘n klein dorpie en al die erwe is lekker groot met grasperke ens. Daar was tot dwergbokkies gewees agter die kerk wat vreeslik mak was en ons aandag vreeslik geniet het. Terwyl ons vir die trein gewag het, het ons besluit om ietsie by die kroeg op die stasie te gaan drink. Omdat ons nie Frans kan praat nie, maak Adi toe die fout om in Engels te bestel. “May I order a drink, please?” Die ander manne in die kroeg ‘mock’ toe heeltyd en herhaal wat hy gesê het en maak grappies en lag verskriklik. Die kroegdame ignoreer hom ook flat-out. Adi probeer toe weer en sê : “Afrique le Sud.” Toe skielik kon almal Engels praat en het Adi ook sy bier gekry. Hul wou net weet dat ons nie Britte is nie…
3 Januarie:
382216_10151408083193476_1109645906_n 484777_10151367601313476_936529982_n 600993_10151408082063476_556405864_n                Brugge. Dit was definitief vir my die mooiste Belgiese stad wat ons besoek het. Daar was ‘n bekoring aan die hele plek. Oral was daar perdekarre (vir die toeriste natuurlik) wat bygedra het tot die atmosfeer. Die kerke daar was ook taamlik na aan mekaar. Ons het die middag bietjie na ‘n harp-uitvoering gaan luister en die ou het ander vreemde instrumente bespeel. Ek’t ook die duurste cupcake van my lewe gekoop (3 euro), maar dit was heerlik, veral omdat ek al vir 6 maande in Korea sonder dit moes gaan.
4 Januarie:
72946_10151409226038476_95946230_n 73486_10151409226143476_1903466386_n 600947_10151409226053476_2106790941_nOns vertrek na Nederland. Ons eerste stop was Dordrecht. Daar het ons na Noag se ark gaan kyk wat deur Johan Huibers gebou is. Die Ark is 100% op skaal volgens die Bybel se aanduidings. En hy’s groot, baie groot!! Ek kan nou beter sien dat Noag al daardie diere kon inpas.  Johan moes sy navorsing ook erg goed gedoen het, want daar was tot video-presentations en uitbeeldings van hoe hy glo Moses te werk gegaan het. Soos bv hoe hy spykers gemaak het, hoe die kos gestoor is ens. Johan is ook ‘n Creationist en kon orals sy argumente teen evolusie ook bewys met baie van sy navorsing. Sy evangelisasie-werk eindig ook nie net by die Sondvloed nie, maar hy het ook toneeltjies van die Verbondsark, koningin Ester, Jesus se geboorte, Petrus wat op die water loop, die Skepping ens.
Alhoewel die meeste diere in die ark ‘fake’ is, is daar tog ook lewende diere soos honde, perdjies, poue, hoenders, klomp voëls, ens wat daar rondloop. Daar is ook ‘n ark-restaurant en dit was nogal kostelik toe ek hoor hoe ‘n Nederlandse ma vir haar kinders vertel dat daar nou nie regtig ‘n restaurant met hierdie kos in die ark was nie. Daar was vreeslik baie families daar en ook die grootste gesinne as in die res van Europa. Ek skryf dit toe aan die feit dat Dordrecht aan die Bybelgordel is en ernstige Christene is mos oor die algemeen meer ernstig daaroor om groot gesinne te hê en die Bybelse opdrag te gehoorsaam (wees vrugbaar en vermeerder). Dit was vir my baie mooi om te sien….hoekom nou net 1 of 2 kinders hê as jy 5 kan hê???
Ons het vir ons ‘n Ark-bordspeletjie gekoop wat nogals lekker is en ook Johan Huibers se autobiografie. Ek lees dit nou op die oomblik en dit is werklik interessant en ek leer ook sommer baie oor die geskiedenis van my moederland.
Ons het van daar af na Amsterdam vertrek en weer by Stefan aangesluit. Hy het ons bederf met ‘n heerlike gekookte ete by sy huis (lekker groot nogal!) 179720_10151413303543476_522621658_n 537025_10151413303403476_33167102_nHy het ons die aand toe na Utrecht geneem om ‘n drankie te gaan drink in ‘n kroeg wat vroeër ‘n Rooms-katolieke kerk was. Dit voel nogal vreemd om daar te staan en drink terwyl die moeder Maria en saints almal na jou kyk. Die atmosfeer in die Europese kroeë is vir my baie lekker. Ek dink dis juis omdat hulle nie musiek speel baie van die tye nie en die atmosfeer geskep word deur die mense se gepraat met mekaar. Ek haat mos ‘n club waar ek nie kan hoor wat die mense vir mekaar sê nie. Adi het ‘n Duvel (duiwel) gedrink en ek en Stefan het ‘n kriek gedrink. Ons het ook bitterballe geëet.
25955_10151413304533476_638120967_n 46971_10151413303913476_667752952_n 65700_10151413305188476_1146266193_n Stefan het ons toe op die Trajektum Lumen roete deur die stad gevat. Hulle poog om die beste bewaarde ou-Europese stad te wees, deur sekere geboue ens op kunstige maniere te verlig. Stefan is baie ingelig oor als en kon ons verskriklik baie geskiedenis en interessante feite vertel. Dit het my ook meer gemotiveer om op elke plek waar ek in die toekoms bly, bietjie meer te probeer uitvind wat daar als aangaan, sodat ek ook eendag so ‘n ‘toergids’ vir vriende kan wees wat kom kuier. Die Trajektum Lumen in Utrecht is ook iets wat ek vir enigeen sal aanbeveel wat Nederland besoek. Dis net ‘n halfuur met die trein vanaf Amsterdam.
Ons het in totaal 50 treine in 8 dae gery met ons hele toer!!!
5 Januarie:
Oppad terug Korea toe en ek is in trane. Is nou gatvol vir Asiërs en slegte kos. Ek’t nou die Weste geproe en wil huistoe!! Dit was so lekker om met mense te kon kommunikeer wat my verstaan! Hetsy dit Engels, Afrikaans of Duits was. Die wat my goed ken weet mos ek is baie lief vir gesels en hierdie geen-kommunikasie in Korea maak my dood. Ek dink dis waar my keerpunt gekom het dat ek nie nog ‘n jaar in Korea wil deurbring nie.
Moenie my verkeerd verstaan nie, Korea was nog net goed vir ons. Maar ek dink ‘n jaar was genoeg en dat daar ander avonture op ons wag. As ons egter nie ander en beter moontlikhede in SA of elders kry nie, mag ons dit dalk oorweeg om later weer Korea toe te kom, al is dit net vir die lekker salaris.
Maar ek sal nie weer kindergarten wil gee nie. Ek dink ek is nou allergies vir klein kindertjies en hulle irriteer my net ongelooflik baie. Adi geniet hulle nogal baie. Eintlik snaaks omdat hy die een was wat voor die tyd gesê het hy wil nie met kleintjies werk nie en ek wou weer graag. Maar ek mis my hoërskool-kids met wie mens darem ‘n gesprek kan voer en dieper in ‘n voorgeskrewe boek in kan delf as om net hulle te leer lees. Ek dink wel my 5 en 6-jariges hier lees uitstekend…seker omdat ek ‘n spelling-nazi is en hulle dril. Ek moet sê dit is nogal impressive om te dink dat in SA die kinders eers op 7-jarige ouderdom hul eie taal begin lees en skryf en dalk so bietjie engels leer praat. Maar hier kan hulle al vlot Koreaans lees en skryf as hul 5 is en dan begin hulle ook Engels lees en skryf. En om te dink die tale het nog verskillende simbole ook. Net jammer hul verstaanvlakke is nie dieselfde as hul lees en skryf vermoëns nie. En dis die eintlike probleem.
Maar ek sal nooit enige land aanbeveel om Korea se opvoedingstelsel te na-aap nie. Dan kies ek eerder SA se onder-standaard waar die kinders nog gelukkig is en net kan speel. Dis skokkend om te dink dat Korea se selfmoordsyfer bykans net so hoog is as SA se moordsyfer. En meestal is dit kinders wat net onder die akademiese druk vou. Die dag van hul groot matriek-eksamen (die toets duur iets soos 9-ure) en die dag daarna is wanneer die meeste selfmoorde gebeur. Ek hoor gereeld dat die kinders tot 7pm nog skool het (ja, die HELE dag). Dan eers begin hul met buitemuurs soos Taekwondo of nog ekstra akademiese klasse soos Engels. As dit klaar is (kom ons sê so 10PM), dan begin hulle eers met huiswerk en swot. Volgens wat ek hoor, slaap die gemiddelde Hoërskool-kind van 2am tot 6am. Die res van die tyd swot hulle. Dit is regtig INSANE!!
Ek het ook nou die dag koffie gedrink saam met ons kerk se worship-team se klavierspeler. Sy is ‘n Koreaanse meisie van amper 30. Sy vertel my toe hoe sy stres dat sy nooit ‘n man gaan kry nie, want sy het nie tyd om bietjie mense te ontmoet nie omdat sy die heeltyd swot. En by haar werk? Nee sy is ‘n psigiater en sy soek nie ‘n crazy nie, haha!
Verder gaan dit goed met ons en ons gaan nog aan. Ons begin voelers uitsteek vir ander moontlikhede en beide ek en Adi het al positiewe terugvoer gekry, maar nog niks definitief nie.
Ek sal julle graag wil vra dat julle ook vir ons bid in hierdie tyd dat daar vir ons nuwe deure sal oopgaan en dat ons ook die regte besluite sal maak. Dis nogal ‘n stresvolle storie want ons moet aan die einde van die maand kennis gee en ons hoop om dan al meer sekerheid te hê.
Intussen sien ek vreeslik uit om al die geliefdes in SA te sien en ek beplan om sommer ‘n lekker bring-en-braai te hou (BRAAI!!!!!!! VLEIS!!!!) met almal wat ons hopelik ook verlang het.
Ek weet ek vra elke keer en dat net soos 2 mense dit ooit doen, maar skryf asseblief terug. Ek wil regtig ook weet hoe dit met jou gaan, anders sou ek nie die moeite gedoen het om julle te update nie. Ek het ook bietjie my facebook gedeaktiveer tot en met paasfees, so ek gaan nou my emails ekstra baie waardeer. Ek hoop ek hou by die challenge, 40 dae is super lank!!
Ek hoop julle behou kontak!!
Liefde
Lize
(PS. Jammer vir die super lang brief!! )

Korea #11 (13 Des 2012)

Hellooooo julle
Ek het bietjie lanklaas geskryf – meestal maar lui-geit en ook omdat ons seker nou al gewoond geraak het aan die meeste vreemde dinge. Ons nuutste vreemde ervaring is natuurlik die sneeu! En die koue. Dis baie baie baie koud hier. So koud dat lugpartikels vries en rondsweef…. Vanoggend toe ek half 9 opstaan het my foon se weer-app -14 grade Celsius gemeet – en dit is die warmste die week. Eish met eish ja… en die Koreaanse dametjies dra nogsteeds hulle kort broekies en rompies…darem met sykouse (LW, nie van daai wol-soort nie, sommer die gewones!!). Ek weet nie hoe de hel jou voorkoms so belangrik is dat jy amper moet doodvries nie. 
10111_10151294351658476_1807435129_nDie yskristalle wat oral vorm fassineer my seker die meeste…ek kan vir ure na al die patroontjies wat vorm op die vensters kyk!
297103_10151273513748476_44210421_nOns het ook al heelwat pret gehad in die sneeu – het al ‘n sneeuman gebou, snow-angels gemaak en Adi het al so paar keer in die sneeu geduik. 313518_10151273513888476_859988025_nDis dons-sag net na dit gesneeu het, voel letterlik of mens op lug loop…
Ons het sneeugeveg ook al met die kinders gehad. Dis groot pret, maar ek’t van daardie handskoene wat se vingerpunte oop is aangehad en Adi het glad nie handskoene aangehad nie. 76430_10151271721693476_1768762300_nOns hande het so gepyn van die koue, ons wou huil!! My duime het eers teen die aand se kant weer begin gevoel kry. Ek het regtig begin stres dat ek vriesbrand kon opdoen!!
Ons het ons hasie ook al uitgeneem vir ‘n stappie en sy het die sneeu ook heelwat geniet.261429_10151273511778476_790813505_n300028_10151273511933476_1292418822_n
Ons het laas Vrydag afgekry by die skool omdat die sneeu te erg was – dit was so ekstra bonussie gewees. Hulle het ons so ampertjies by die skool vergeet! Ons is skool toe die oggend en ons wag en ons wag en ons wag dat ons klasse moet kom. Die Engelse deel van die skool is half apart van die res van die kindergarten. Op ‘n stadium kyk ek by die venster uit en sien al die kindertjies met hul tassies klim weer op die bus. Ek gaan toe gou kantoor toe om te hoor wat aangaan. Ek sien die juffie skrik so klein bietjie — gee weg dat hul van ons vergeet het — en sê ons moet hardloop vir die bus, ons moet huistoe gaan!  Ek sien daar word weer baie sneeu voorspeel vir hierdie naweek – ek hou duimvas Vrydag is weer ‘n snow day!!
Ek en Adi was albei vir omtrent 3 weke verkoue gewees, dit voel darem of ons hom begin wen. Dink hierdie seisoensverandering was dalk bietjie te erg op ons.
Volgende week is die laaste werksweek voor die vakansie – net betyds vir die wêreld-einde volgens die Mayans. Ons hoop maar die einde is nog ver, want ons beplan bietjie ‘n vakansie in Europa waar ons in Duitsland, Belgie en Nederland gaan toer en by vriende kuier. As enige van julle dalk ook toevallig in daardie rigting is, laat weet my!!
Ons het ‘n Duitse-groepie gevind in ons buurdorp, so ons almal ontmoet elke 2 weke dan oefen ons bietjie ons Duits. Gisteraand het ons bietjie gluhwein by die coffee shop ingesmokkel. Het lekker stout gevoel.
Ons is baie gelukkig dat ons skool vir ons 2 weke vakansie gee. Baie van die ander engelse onderwysers, veral die by die staatskole, kry net Kersdag af en miskien nuwe jaar. 
Ek en die een Koreaanse juffrou begin goed oor die weg kom hier by die skool. Sy kan nie veel engels praat nie, maar is baie determineerd om te leer. Sy maak heeltyd notas van dit wat ek vir die kinders leer en probeer ook saam gesels. Dis lekker om te sien mense probeer hulself help en verbeter. Ek moet nou nog net haar naam probeer onthou – die koreaanse name is maar lank en vreemd. Hulle van (surname) word mos eerste gese en dan hul name. Die vrouens neem ook glad nie die manne se van aan as hul trou nie. Dus is ek nog Grobler hier. 
Ons kerk het Saterdagaand ‘n talent-aand, so ek, Adi en 2 ander meisies van SA gaan bietjie Somerkersfees vir hulle sing.https://www.youtube.com/watch?v=RerQA-0GZj0.  Dis vir die Amerikaners die snaaksste ding in die wereld om te hoor dis somer as ons Kersfees het. Partykeer wonder ek of van hulle regtig ooit daarvan bewus was dat die Suidelike halfrond se seisoene andersom is…hulle weet mos gewoonlik nie veel meer wat buite die VSA aangaan nie… Ons vertel vir ons een Amerikaanse vriend van ons Somerkersfeeste in SA. Sy eerste reaksie “What??? You have Christmas in July????”  Gelukkig het hy darem baie gou agtergekom dat dit dalk nie die slimste reaksie was nie en lekker vir sy eie simpelgeit gelag. Ek lag nou nog daaroor…
Verder het ek nie veel nuus nie, sal na ons vakansie weer bietjie skryf. Vir die van julle wat ook die langpad aanpak vir vakansie: veilig ry en geniet dit!
Baie liefde
Lize

Korea #10 (29 Okt 2012)

Ek is darem maar dankbaar ek was nie ‘n kind in Korea nie….
Hier word verskriklik klem gelê om te presteer, veral in die akademie. Ouers wil mos almal die slimste kinders hê. Dit skep darem vir ons werk, want in SA sou die ouers nou nie veel gevoel het dis nodig dat hul 3-jarige ekstra engelse klasse moet kry nie.
Hoërskool leerlinge kom eers 7pm van die skool af!! Ja, net van die SKOOL af!! Dan begin hul eers met hul buitemuurse aktiwiteite soos Tae Kwon Do, sokker, musiek of wat ook al. Soms hou skool selfs tot 11pm aan…. Dan moet die kinders nog huiswerk doen ook. So die meeste Koreaantjies kom eers middernag se kant in die bed.
Ons werk gelukkig net by ‘n kleuterskool, maar dis selfs vir my erg dat die kleintjies tot 6pm daar bly. En moenie dink dis soos ‘n SA naskool waar jy net çhill in die middae nie… nee jong, die kleintjies word die heeltyd besig gehou met engelse klas, chinese klas, musiek ens ens. Soms as van daai 3-jariges by jou kom, dan kan mens sien die arme bloedjies is oormoeg en kan nie meer konsentreer nie.
Hierdie druk wat so op die kinders geplaas word is natuurlik ook die grootste rede hoekom Suid-Korea die land met die meeste tienerselfmoorde is. Selfmoorde vind verskriklik baie hier plaas, en dis ‘n land waar niemand eers ‘n vuurwapen mag besit nie. Dit is ook ‘n vreeslike skande vir die familie as iemand selfmoord pleeg en die kind se hele bestaan word letterlik uitgewis, asof hy nooit daar was nie. Ouers kry ook geen simpatie van ander af nie.
Dit is nou naby aan hul nasionale eksamens, en dis die tyd van die meeste selfmoorde.
Ek sit bietjie ‘n link op van die eksamens dan kan jul self lees hoe absurd al die maatreëls is. Vlugte word selfs uitgestel dat die vliegtuie wat oor Korea vlieg nie die kinders kan pla nie. Inkomende vlugte moet ook hierby hou!! Maar hier is die link: http://www.korea4expats.com/article-csat-korea.html .
Adi het ook ‘n artikel geskryf oor hoe hy sover die Koreane ervaar as jul belangstel om dit bietjie te lees:
44782_10151528819948476_1161836577_n 259946_10151245345618476_1492877123_nVerder gaan dit baie goed met ons, ons het vir ons ‘n troetelhasie gekry wat ons besig hou. Dis nou nog nie so oulik soos ‘n kat nie, maar minder moeite as ‘n hond. Dis darem lekker om nog so asempie in die woonstel te hê. Dit raak nou al lekker koud en ons maksimum temperature is nou al onder 20’C .