Annique Hydrafine velsorg

Op Moedersdag vanjaar was ek so gelukkig om ‘n prys te wen op Facebook – JA! Dit gebeur actually, mens wen soms iets – met die kompetisie geloods deur Village Baby in Bloemfontein. Village Baby is ‘n tuisbly-mamma, Melissa Camacho se baby waar sy allerhande oulike kindergoedjies verkoop soos moderne lapdoeke, wraps en carriers ens. Indien jy in Bloem woon, gaan loer gerus na haar Facebook-blad en ondersteun gerus. Sy stal ook bykans elke Vrydag uit by Koekela in Reid straat.

Ek het gedink om hieroor te skryf as ‘n soort dankie vir my geskenkie. Want dis mammas net soos ek wat ‘n geldjie probeer maak deur ietsie te doen en ek hoop om hul meer ondersteuning op  hierdie manier te kan bied.

Nou oor die prys. Ek was so gelukkig om die Annique Hydrafine Velsorgreeks te wen. Aanvanklik moet ek erken was ek nie super entoesiasties nie, want ek is maar een van daardie mense wat eintlik te lui is vir roompies en dinge. Maar ek moet se, ek is beindruk en glo ek sal dit aanhou gebruik en weer bestel as hierdie batch opraak.

My vel voel wonderlik sag na ek dit begin gebruik het en dit is ook “maklik”  om te gebruik. Mens het nie wattetjies en goed nodig om te was nie, jy was sommer terwyl jy in die bad is. Die Normalising Cleansing milk is 150ml en kos R169. Nog ‘n bargain vir ‘n lui mens soos ek, is dat hul aanbeveel dat jy net een keer per dag jou gesig daarmee hoef te was. Wat ek wel interessant gevind het, is dat mens die freshener aanspuit na jy jou roompies aansit. Ek’t altyd gedink dis andersom, maar dis wat die instruksies se, en sover werk dit lekker. My vel voel sommer dadelik gevoed as ek die roompies aansit. Vir die dag gebruik ek die Ideal Herbal Moisturiser (R259) en saans die Nurturing Night Cream (R249). Albei is 50ml.  Die nagroom is ook volgepak met vitamienes om jou vel mooi gesond te hou. Laastens spuit mens die Absolute Balancing Freshener aan. Hy is 100ml en kos R179. Dit help om jou vel se PH te balanseer en ook om die roompies wat jy aangesmeer het beter te kan absorbeer. Die lank en die kort van my blog is, is dat ek regtig beindruk is met hierdie produkte en dit vir seker sal aanbeveel. En natuurlik weet ons almal dat Annique se produkte ook Rooibos ekstrak bevat wat dit net nog beter maak. Vir bestellings in Bloem, kontak gerus vir Ina by 0847217827.

Lewer kommentaar