Dinge waar Suid-Afrika vir Nederland oortref

LEES EERS: HIERDIE IS NIE “N POST WAT DIE TWEE LANDE IN ALLE OPSIGTE MET MEKAAR VERGELYK NIE. DIT IS INELKGEVAL ONMOONTLIK. EK SÊ NIE SA IS BETER OF NL IS BETER NIE. EK KLA OOK NIE OOR WAAR EK TANS WOON NIE. EK VERGELYK SLEGS SEKERE DINGE MET MEKAAR. HIERDIE IS MY EIE ERVARING. DUS, KAN ONS ERVARINGE OOK VAN MEKAAR VERSKIL. DANKIE DAT JY MY BLOG LEES!

Ek woon nou al vir byna 3 jaar oorsee waarvan 18 maande in Nederland is. Alhoewel ek dit geniet om in Europa te woon en soms bly is ek woon hier as ek almal se Facebook statusse lees oor bv loadshedding en misdaad, raak ek mettertyd bewus van dinge wat beter in onse elektrisiteitslose land is. Ek’t besluit om bietjie meer hiervan te vertel en sal ook die lysie mettertyd aanvul soos wat ek nuwe dinge ervaar en dit moontlik raak om te vergelyk. Dit is in geen spesifieke volgorde nie, ek skryf bloot soos ek onthou.

  1. Die weer. Daar’s nie ‘n ander manier om dit te stel nie, maar Europese weer SUCK! Veral in Nederland is die weer ook baie onvoorspelbaar. Die een oomblik skyn die son en die volgende oomblik reën jy sopnat. Nou die oggend voor ek my oppas-kinders skool toe vat, toe skyn die sonnetjie heerlik by die eetkamer in. Ek het met blydskap verklaar dat dit soos ‘n goeie dag lyk tot die kiddie my herinner dat ek nie moet opgewonde raak  nie. En sowaar die res van die dag was in ‘n grou wolk met ‘n pisreëntjie gehul. Die winter is nou nie doodgaan koue nie, maar hou ook ontsaglik lank aan. Dit is nou byvoorbeeld al einde Mei en ons maksimum temperature die week oorskry nog nie eers 15 grade nie. Dis nou as dit ooit by 15 uitkom die dag. Ek verlang regtig na die Afrika son! Ek weet my skoonfamilie sing altyd “prys die Heer met blye galme” as dit reën op die plaas. Ek sing daardie selfde lied sodra die reën ophou in Nederland. Voordeel: die dae wat die son skyn, waardeer jy dit wel opreg. Ook is dit dan heel gesellig om na die park toe te gaan en is daar ‘n opgewonde atmosfeer in die lug.
  2. Ruimte/ spasie. Ek dink nie Suid-Afrikaners besef hoe geseënd hul is met al die oop ruimtes en groot huise nie. My huisie in Nederland is dalk nou wel maklik om skoon te maak, maar ek’t al vir my bloukolle gestamp net in ‘n poging om te stort. En ek’s nie eers ‘n groot persoon nie! My arme boetie het met sy kuiertjie ook ‘n harde tyd gehad om hier te beweeg. My kombuis is ook net groot genoeg vir een persoon om op ‘n slag daar in te pas. Ek weet regtig nie hoe die Nederlanders, die langste mense in die wêreld, dit regkry om in hierdie klein spasies te oorleef nie. As jy wel in ‘n klein dorpie kan woon, is die huisies effens groter.
  3. Huurgeld: Dit is ongelóóflik duur om ‘n plek te huur. Ons bly in ‘n 1-slaapkamer woonstel. En dan moet ook in ag geneem word dat ons kombuisie en badkamer piepklein is en daar letterlik net 1 mens op ‘n slag kan inpas. Huur is 875€ per maand. Dit teenoor ons R2000 p.m in Bloemfontein vir ‘n groter woonstel. Ek sit dit maar in Euros, want jy gaan in jou oggendkoffie stik as jy dit in Rand moet oorsit. Ek doen dit nie eers meer nie, dit maak my net depressief!! Hul manier om ‘n huurhuis te bekom is ook heel anders. Waar mens in SA net na ‘n agent gaan en ‘n plek kry, moet jy hier eers op ‘n website jouself inskryf (dit kos natuurlik ook geld per jaar) en dan moet jy punte opbou, voor jy ‘n lekker huurhuis kan kry. Ons sou dalk kon goedkoper kry, maar sommige van ons Nederlandse vriende moes vir 5 jaar lank punte opbou voor hul eers ‘n plek kon kry. En so baie tyd het ons nou ook nie. Koop is ook nie altyd maklik nie. Sommige huise kan wel goedkoop (Nederlandse goedkoop) gekry word, maar dan kom daar ook soms baie ander reëls by, soos dat jy byvoorbeeld nooit die huis mag uitverhuur nie. Dus, as jy trek, kan jy nie altyd jou huis as belegging hou en ‘n inkomste genereer daarmee nie. Dit is wel net in bepaalde gevalle en hang ook af van jou dorp se eie reëls.
  4. Mediese dinge: Alhoewel ek baie daarvan hou dat die dokters in Nederland nie net links-en-regs antibiotika voorskryf nie en dat hul selfs ‘n natuurlike pad kies, is daar tog dinge wat my vreeslik frustreer. Soos wanneer jy oor iets bekommerd is, en die dokter nie juis vir jou ‘n antwoord gee nie en iets sê soos “kom terug as dit vererger.” Ek weet vriende wat ‘n babatjie het, is ook al moedeloos om dit te hoor, veral as hul regtig bekommerd is oor hul siek kind. Adi het ook een keer oor iets gaan uitvind, toe sê die dokter vir hom “ek’t nooit eers vir myself vir so iets getoets nie” Wat de hel het dit te make of die dokter al homself daarvoor getoets het of nie??? Die ander ding is, die feit dat jy altyd ‘n verwysing van die dokter benodig om na ander spesialiste of so te gaan. Jy kan byvoorbeeld nie direk na ‘n pediater of ginekoloog of fisioterapeut gaan nie, dus is dit soveel ekstra moeite. Gepraat van fisio!! Dalk is ek baie bederf met my moeder wat self ‘n fisio is (een van die bestes), maar die fisio hier in Nederland is nie naastenby op dieselfde vlak nie. Die hele behandeling is maar slegs 15min lank (in teenstelling met ‘n uur in SA). En dan is dit natuurlik ook dubbeld so duur. Dit het ook gevoel of die fisio net hier bietjie druk en daar bietjie druk en toe is hy klaar. Ek voel dis iets wat ek self ook sou kon doen en dat die fisio uitstappie net ‘n mors van 15 minute en baie geld was.
  5. Boerdery: in Nederland mag ‘n boer nie self ‘n dier vir eie gebruik slag nie. Ook mag die boer nie self medikasie aan ‘n siek dier toedien nie, maar moet ‘n veearts uitgeroep word. My vader wat ‘n bemarker vir Cipla Agrimed in SA is, sou byvoorbeeld nie hier kon werk nie. Boerderygrond is ook ongelooflik duur hier en dan is dit ook nogsteeds moeilik om ‘n lewe van die piepklein stukkie grond te maak. Selfs met al die moeilikhede wat SA boere het, dink ek hulle het dit vir seker makliker as in Nederland.
  6. Haarkappers: My gunsteling ding vir as ek vir ‘n haarsny in SA gegaan het, was daardie hare was en kop massering wat mens voor die sny gekry het. ‘n Blaas was ook meestal ingesluit by die baie ordentlike prys (R70 vir ‘n sny-en-blaas by HEADS salon in Bloemfontein – Presidentstraat 5).**Ek’s intussen ook in kennis gestel dat pryse in SA ook al redelik gestyg het. Ten minste kry julle nog ‘n kopwas!**  In Nederland is daar nie so iets nie. Nee outjies, hier gebruik hul ‘n spuit kannetjie, spuit jou haartjies so stukkie-vir-stukkie nat en sny dan. En as jy wil blaas moet jy ekstra betaal. Vir ‘n vrou om hare te laat sny kos ongeveer 25€ of meer. Ek’t onlangs my oppaskind vir ‘n haarsny gevat (seuntjie) en dit was alreeds 14€ vir 3 minute se werk.  En ek is vas oortuig dat SA haarkappers BAIE meer talentvol is as die in Nederland. Ek’t wel ‘n staaltjie om te vertel…. een van die opleidingskole in Nederland het ‘n meisie een keer op ‘n FB groep gevra vir modelle om op te oefen. Omdat ek altyd kans sien vir iets wat verniet is, het ek dadelik vir haar ‘n boodskap gestuur. In die boodskap vra ek verskoning vir my gebroke Nederlands omdat ek van Suid-Afrika is. Ek kry toe die boodskap terug dat sy jammer is, maar ongelukkig nie weet hoe om met kroesies te werk nie!!! En dit terwyl ek ‘n baie wit profielfoto van myself op het! Ek het dit maar daar gelaat en nou het ek iets om te vertel. Ai ai!
  7. Troues. Hier trou mens eers voor die wet en dan in die kerk indien jy ‘n gelowige is. Die kerkdiens is ook net ‘n normale diens (met ouderlinge en als wat instap) en glad nie ‘n spesiale diens vir die paartjie nie. Die paartjie staan nie eers daar voor soos ons in SA doen nie, maar sit ook in die banke soos die res van die mense. Dit is ook nie ‘n gegewe dat daar gaan kos wees nie. Veral as die troue na 6 plaasvind (Nederlanders eet almal, op die kop, om 6 uur aandete. Niks vroeër nie en niks later nie). Ek en Adi is gewoond mens kry so groot ete by ‘n troue dat ons onsself een keer uitgehonger het die heeldag vir die ‘groot eet.’ Daar was toe egter nie ‘n ‘groot eet’  nie en ons het amper doodgegaan so honger was ons! Ek sien wel op ander uitnodigings dat daar genoem word dat daar restaurante in die omgewing is, sou jy iets wou gaan eet (vreemd né??). Maar dit lyk nie of ‘n ete saam jou uitnodiging hier aan die orde van die dag is nie.  Hulle dans ook glad nie. Verál nie as jy in ‘n Gereformeerde kerk is nie. Ek’t een keer vertel van my en Adi se troue waarop daar gedans is en die een man was verskriklik geskok dat ons, wat Christene is, aan sulke dinge meedoen. Dan kos die troue dieselfde as wat my en Adi s’n met 200 gaste met ‘n ete en ‘n dans gekos het. * Ek’t intussen terugvoer gekry dat nie alle troues in Nederland is soos ek beskryf nie en dat daar vele is wat glo net soos die in SA is. Ek sal meer moet vriende maak met verloofdes….
  8. Kerk: Ek het baie kritiek vir die kerke in SA en ek ontken nie dat daar ook groot goggas daar is nie. Maar ek mis die kerk vreeslik. Dit is baie moeilik om middle ground hier in Nederland te vind. Onder baie streng gereformeerdes, glo hul byna soos ‘n sekte dat slegs mense in hul kerk ‘ware gelowiges’ is en sal hul nie eers ‘n troue of ‘n doop van vriende in ‘n ander kerkdenominasie gaan bywoon nie. Dit is nou as hul ooit vriende in ‘n ander kerkverband het. Selfs al is dit ook ‘n gereformeerde kerk, maar in hul oë nie die ‘enigste ware kerk’ nie. Christene in ander kerke is ook nie hierdie mense se ‘broers of susters in Christus’ nie. Ek vind dit bietjie belaglik. Kerkmusiek: ek hou nie juis van ‘n band in die kerk nie, alhoewel ek die band in ons Korea-kerk vreeslik geniet het en ook ‘n voorsanger is. Maar die Psalms in Nederland het die aakligste wysies en word super stadig en trekkerig gesing. Veral “sing vrolik” is ‘n dolk deur my hart soos wat dit hier as ‘n begrafnislied gesing word. Vele konserwatiewe kerke sing dan ook nie gesange nie. Ek ervaar dat die Nederlanders glad nie musiektalent het nie. Dink bietjie…van hoeveel bekendes en klassieke komponiste van Nederland het jy al gehoor? André Rieu tel nie, hy’s van Maastricht wat byna in België of Duitsland is. Nederlanders moet maar by prentjies teken bly (dink Rembrandt van Rhyn, Johannes Vermeer, Vincent van Gogh…). Ek moet wel toegee, dat ten spyte van die aaklige Geneevse wysies, die Nederlanders wel sing! In Suid-Afrika het ons regtig mooi kerkmusiek en Totius het so ‘n goeie job gedoen met die Psalms dat dit eintlik ‘n skande is dat lidmate skaars hul monde oopmaak. Die kerke wat dan minder streng is, is óf heeltemal van die pad af, óf is Baptiste wat ons wil gedoop kry. Ons was eers lidmate van ‘n konserwatiewe kerk, maar hul het beswaar gemaak en ons is deur die ouderlinge aangespreek omdat ons ander kerke se dienste bygewoon het (hoe durf ons met súlke Christene wat nie deel is van die ‘ware kerk’ nie meng). Ons het besluit dat ons nie weer lidmaat van ‘n kerk hier sal word tot ons tyd klaar is nie. Intussen besoek ons gereeld verskillende kerke en ons het twee kerke waar ons tans die gemaklikste voel en meer gereeld as ander besoek (Vrijgemaakte kerk en ‘n meer internasionale CCG)
  9. Kersfees. Kersfees is niks besonders in Nederland nie. Soos glad nie!! Hulle vier wel vroeër in Desember Sinterklaas, maar Kersfees self bestaan dalk uit ‘n kerkdiens en niks meer nie. Ons eerste Kersfees hier het ek ‘n Kersboom opgesit en die ouderling het vir my mooi kom vertel dis nie hoe gereformeerdes dit moet doen nie. Nou gaan ons Desembers Duitsland toe, waar Kersfees amazing is! Ons was die laaste Kersfees ook by ‘n Lutherse Kerk gewees en dit was ongelooflik om met daardie kerkmusiek die Here te kon loof. Die Duitsers het weer hope talent gekry as dit by musiek kom. Ook het hul orals oor Duitsland Kersmarkte waar jy versierings, glühwein, warm sjokkolade of enige oulike goedjies kan koop. ‘n Winter-Kersfees is ook heeltemal overrated. Meestal sneeu dit nog nie teen Kerstyd nie en daar’s niks lekker aan koudkry nie. SA se warm Somerkersfeeste is baie meer ‘festive’ waar die kinders kan buite speel en Ou Kersaand ook sommer buite langs die braai en swembad gevier kan word.
  10. Braai. Ek was nogals verstom om te sien hoe baie die Nederlanders braai. Maar, slegs binne seisoen!! Die koerante kondig selfs aan wanneer die braaiseisoen begin en dan sal jy die volgende week kan kole koop by die supermark. Moenie dink om kole te kry voor dan nie. Die Nederlanders eet ook die vleis soos dit van die braaier afkom en dus eet niemand saam nie. Anders as wat ons in SA al die vleis in die braaibak sit en dan almal saam die ete geniet. Ek vind SA se manier baie meer “gezellig” as in Nederland. En natuurlik het hul nie pap en sheba soos ons nie. Maar die kan ek darem self maak met geel meel.
  11. Restaurante. Restaurante is baie duur in Nederland. Ek vind wel dat dit wissel van plek tot plek. Volgens my ervaring (nie dat ek juis baie in hierdie area het nie) is die restaurante in Groningen byvoorbeeld duurder as in Amsterdam or Rotterdam. Ek dink ons eet baie meer uit in Suid-Afrika as hier in Nederland. Maar dalk is dit ‘n goeie ding! Tuis-etes is gewoonlik gesonder!
  12. Jy moet als SELF doen. Self huis skoonmaak, self petrol ingooi, self jou inkopies inpak ens. Nou hierdie puntjie is nie noodwendig vir my ‘n slegte ding nie en is dalk juis ‘n goeie ding. Dalk het ons Suid-Afrikaners te veel in gemak geval deurdat ons nooit meer self iets doen nie. Hierdie een sal dalk weer op die lys vir ‘n volgende beplande blog waar ek oor die goeie dinge in Nederland wil skryf, kom.
  13. Rook. Die mense hier is nie juis bedagsaam as hul rook nie (alhoewel ek tog ‘n paar onbedagsame rokers in SA ook ken). Rokers sal maklik sommer ‘n sigaret aansteek terwyl jy met ‘n baba langs hul staan. Of by uitgange (soos bv die kerk of ‘n besigheid) staan en rook sodat jy noodgedwonge deur die stank moet loop om in/uit te gaan. In my ervaring rook Suid-Afrikaners ook uit respek nie by die kerk nie en sal kinders, selfs al weet hul ouers dat hul rook, ook uit respek nie voor hul ouers rook nie. In Nederland staan die 14-jarige sommer buite die kerk ook en rook en dis ook geen probleem nie. As ek dit sou waag….
  14. Laster. In Suid-Afrika sal jy nie sommer die Here se naam net misbruik nie. Altans, waar ek vandaan kom is dit erger as vloek en dis net gewoon nie iets wat mens doen nie. Ja ons hoor dit baie in Hollywood films en so, maar ek was regtig nie voorbereid op hoe die Nederlanders (moet sê dis nie die gelowiges nie) laster nie. Hulle “Jezus” die hele tyd! Dit offend my BAIE. Ek hoop ten minste as Nederlanders hier lees wat dit doen, dat hul daaroor sal dink dat dit super disrespekvol is om die Almagtige God se Naam sommer net so rond te slinger.

Verder kan ek nie aan nog goedjies op die oomblik dink nie, maar ek is taamlik seker die lys sal nog aangevul word. Indien jy ook ‘n Suid-Afrikaner is wat in Nederland woon, is jy welkom om kommentaar te lewer van dinge wat jy ook ervaar het. Bogenoemde dinge is als my eie ervaring en ek’t niks gaan navors nie. So jy is welkom om my te korrigeer! Dan wil ek ook noem dat ek nie blind is vir SA se foute nie, maar tog ook net wou noem watter dinge wel beter in onse mooie land is.

PS. Hierdie is ook GLAD nie ‘n poging om Nederland te probeer sleg maak nie. Hier is ook hope dinge wat lekker en beter mag wees. Ek wil bloot net wys dat ALS nie altyd beter is nie en dat daar ook ‘n paar dinge in SA is waarvoor ons dankbaar moet wees. Ek het belowe om ook ‘n stukkie nog oor die goeie dinge in Nederland te skryf. Daar is egter nogals baie goeie dinge, so ek sal eers bietjie meer tyd op hande moet hê. xxx

Die Groblers val Europa binne

Desember was ek in die bevoorregte posisie dat my hele familie by ons kon kom kuier het vanaf SA. Nooit gedink mens sal 6 mense in ‘n piepklein 1-slaapkamer woonstel kon inprop vir byna ‘n maand nie, maar ons het dit reggekry! Ek gaan sommer bietjie van ons tydjie hier met julle deel.

Die hele kuiertjie het aanvanklik stresvol begin toe ek die vliegkaartjies vir my familie geboek het, en Standardbank my kaart gevries het aangesien dit so ‘n groot bedrag was. Dit is seker goed van hulle kant af, want sou dit ‘n skelm wees, sou ek seker baie dankbaar gewees het vir hierdie optrede. Dit het egter gemaak dat ek nie die kaartjies geboek kry nie en eers vir Standardbank moes bel. Die agentskap waardeur ek die kaartjies bespreek het was egter pateties. Vluchten24.nl (ook beken as Travel24.com). Moet hulle nooit ooit gebruik om vliegkaartjies te bespreek nie. Ek kon hul na vele pogings en meer as 10€ se belgeld nie in die hande kry op die foon nie en hul antwoord nooit hul emails nie. Eers toe ek vir hul ‘n belediging of twee op hul Facebook-blad skryf, het hul na my teruggekom en is my vliegkaartjie nommers sommer via Facebook se messenger gestuur (baie professioneel, né)??? Gelukkig het die res van die admin baie glad verloop.

10408819_10152879102458476_7241533667335371652_nDie hele familie was saam op die groot vlug tussen Johannesburg en Parys, maar vanaf Parys het my ma en Bernard byna direk na Amsterdam gevlieg en my pa en Cornelis so 12 ure later. Pa en Cornelis het toe bietjie Parys verken terwyl ek vir ma en Ber by die lughawe gekry het en bietjie in Amsterdam rondgewys het. Ek’t sommer die oggend ‘n lift gevang saam iemand wat ek op Facebook gevind het. Die treinkaartjies so vroeg in die oggend is baie duur, so toe waag ek die kans. Baie vriendelike vroutjie gewees, al het sy my goed laat verstaan hoe onverantwoordelik ek is om saam met vreemdelinge in ‘n kar te klim.

10846425_10152880509163476_2953030969271350758_n 10848045_10152884596073476_4077637090001719985_n

Na ek hul by Schiphol opgetel het, het ons ‘n free walking tour met Sandeman’s tours gedoen in Amsterdam. Ons het egter net die helfte gedoen want die mensies was maar moeg na die vlug. Ons is toe na Groningen. Intussen het ons ook plek op ‘n toer vir pa en Cor bespreek in Parys, maar hul toergids het toe nooit opgedaag nie. Nogals ‘n teleurstelling vir hulle gewees.

Ek moes weer kinders oppas die aand. Ma en Ber is saam met my na die familie toe en het my help kook en sommer ook daar geëet. Intussen het pa en Cor teen 11pm in Groningen aangekom. Ek moes by die kinders bly tot 2am aangesien die ma laat gewerk het. 11046942_10153111499418476_8727250348386740069_nDie manne het die volgende dag die “hoge bed” wat ek 2de hands gekoop het opgeslaan sodat ons almal ‘n bed kon hê. Ma en pa in die slaapkamer, Bernard en Cornelis op die sleepercouch en ek en Adi op die hoge bed wat bo-oor die sleepercouch opgeslaan was.1483227_10205613540283039_5172581650339819755_n 1560732_10152884598718476_4719529369786665276_n 10390978_10152887019443476_4469331403116926004_n 10675588_10152884599873476_2679494378989557327_n 10847958_834268613304582_9089058574358363146_n

Die volgende dag is pa vroeg die oggend saam met Adi Universiteit toe. Oppad terug verdwaal hy egter — en ons is rasend van bekommernis. Pa se foon werk nie. Uiteindelik na 2 ure sien ons hom verby die woonstelgebou stap. Bernard sien hom eerste en roep: “Daar’s die poepol!!” (in ons familie is dit soms meer ‘n troetelnaam as vloekwoord)… Die res van die week het hulle maar in Groningen spandeer en die stad leer ken. Ek moes nogsteeds in die middae werk.

Ons is die Vrydag 12 Desember bietjie na Gouda se Kersfees-fees. Dit was ook weer ‘n reënerige dag, maar ons kon gelukkig in die kerke skuil waar pragtige koor en orkes uitvoerings gegee is. Ons kon ook bietjie kaas proe en mens kon sien my familie is niks gewoond nie nalv die hande vol kaas blokkies hul op ‘n slag geproe het!!1655836_10152975536478476_8641653645325090516_n 10363699_10152975541358476_198937890157814143_n 10906400_10152975522408476_8514409437476941962_n   
10897870_10152975520688476_7792155197245207618_n

 

 

 

 

 

Ons het frikadelle (gehacktballen) by die een kerk gekoop. Die tannies het gedink dit is ongelooflik snaaks dat ons dit ‘n frikkadel noem. In Nederland is ‘n frikkadel ‘n lang worsie-agtige vleisigheid.  Daar was 3 Laerskoolmeisies wat “Rudolph the red nose reindeer” in Nederlands gesing het. Dit was super cute! Wens ek’t hul record.

10518650_10152981828578476_4599744902130167034_n 10532779_10152981826438476_3058203795328511488_n 10550979_10152981834188476_1532828940700684181_nDie volgende week het ons maar net lekker in Groningen gekuier. Die weer was ongelukkig regtig mislik gewees en ek is nogals jammer dat hul nie beter weer kon geniet nie. Die een dag is hulle na Ark van Noach in Dordrecht gewees en het hul dit ook baie geniet.Ons was die een daggie bietjie na Delfzijl en Appingedam. Ons weet dis die omgewing waar oupa Dijkema vandaan kom en wou bietjie ons ‘roots’ gaan soek. Dit was ongelukkig net ‘n aaklige nat pisserige dag gewees dat ons maar moeilik gevind het om dit te geniet. Ons kon darem vir ‘n paar minute skuiling by ‘n kunsuitstalling gevind het waar ons ook kon koffie drink.

1555351_10152981890863476_7273795727229935216_n 10896993_10152981861528476_2755140416804600605_n 10931551_10152981857338476_242072132586119343_n 10933779_10152981889483476_88764761143056175_n 10991260_10153085313598476_1218471042373758189_n 10994041_10153085313703476_7841255717069659978_n

Ek het van 19 Desember af verlof gehad en het ons ons tassies gepak en vroeg opgestaan en die trein na Düsseldorf geneem vir ons week in Duitsland. Die weer was ongelukkig nogsteeds nie beter nie en het dit byna die hele tyd gestortreën. Pa was so siek soos ‘n hond. Ons het by die hostel gaan inboek na ons ver moes stap soontoe en soortvan verdwaal het.

Ons het gewag vir die reën om op te klaar en het toe probeer om Düsseldorf te verken. Pa het maar in die hostel in die bed gebly. Die uitstappie was egter nie juis suksesvol nie weens die weer wat so sleg was. Ons kon eintlik maar ook in die bed gebly het. Van Düsseldorf het ons dus nie juis goeie memories gemaak nie.

Die volgende dag het ons vertrek na Keulen (Köln/ Cologne).

Ons wag vir ons lift na Keulen.

Ons wag vir ons lift na Keulen.

In ‘n poging om geld te spaar het ons basies geryloop. Darem nou nie heeltemal duim gegooi nie, maar op die website blablacar.com kon ons mense kry saam wie ons lifts kon vang. Dit het mooi uitgewerk en ons het saam ‘n baie oulike jong man gery. Hy en Cornelis het nou nog kontak. Altyd goed om internasionaal vriende te maak! Ou pappie het net nog sieker geword en is ons ook maar so gou as moontlik na die hostel om in te boek. Oppad soontoe loop ons hoeka toe nog deur die gay Kersmark. Ek dink dis wat my dalk die meeste van die gay pride-gemeenskap afsit. Hul totale obsessie met seksualiteit en geslagsdele. Waar al die ander Kersmarkte oulike goedjies en kersversierings verkoop was daar by die gay Kersmark net T-hemde met suggestiewe slagspreuke en sjokkolades in die vorm van penisse of vaginas. Regtig gross!! Ons het maar weer vir paps by die hostel gelos en bietjie gaan rondloop by ‘n ander Kersmark daar naby. Te pragtig!! Al die stalletjies is versier asof dit van die outydse Duitse geboue is.

Voor die grote Keulner Dom.

Voor die grote Keulner Dom.

Daar was ook oulike dinge verkoop soos Kersversierings, houtspeelgoed waar as jy deur dit blaas ‘n geluid maak soos ‘n uil, skaap of padda; sjokkolades wat lyk soos egte gereedskap en natuurlik glühwein en warm sjokkolademelk om die koue weg te hou.

10354751_10152907861498476_700760878433650084_n

10433120_10152907861548476_3439307680920578714_n Die aand was pa weer reg om bietjie saam uit te kom en is ons na die Engel-Kersmark en ook die mark reg langs die Keulner-Dom (katedraal). Die markte was egter ongelooflik besig en ons het mekaar op ‘n tyd verloor en nogals gesukkel om mekaar weer te vind.

16505_10152998007228476_6319840397987674357_nDie volgende dag het ons weer vertrek, eers na Marburg en toe na Kassel. In Marburg het ons ons bagasie in die lockers gesit en toe na die Altstadt en kasteel gaan kyk. Dit is ook die dorp waar die Grimm-broers ‘n baie groot rol gespeel het. Dit is sprokiesmooi daar en ons het die Kersmark in die Altstadt ook geniet. Daar was so ‘n gypsie wat trekklavier gespeel het met ‘n hoender op haar kop. Nogals iets gewees om te sien. Ons kon ook ‘n wonderlike uitsig oor die stad beskou. Ons het ‘n koeldrank in ‘n kafee’tjie gedrink teen skemer voor ons weer op die trein geklim het tot in Kassel. Pa was gelukkig heel gesond en beter en kon die dag saam met ons geniet.

1459089_10152997981108476_3059954641566804679_n 1472991_10152998028063476_3585870858472379601_n 10408563_10152997955063476_4518376892825313807_n 10410736_10152998013393476_4325540286579434196_n10690089_10152998013273476_310974222870487225_n 10906519_10152997997628476_4408692131267722744_n 10930067_10152998076838476_2849530024881333182_n 10931103_10152997995333476_1609679159549966272_n 10931547_10152998014318476_5732104731673376860_n

 

 

 

 

 

 

10665138_10152997963763476_6619571076428349273_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In Kassel het ons 2 aande oorgeslaap. Die hele stad was omtrent ‘n Kersmark en dit was selfs ‘n belewenis om net met die tram deur die stad te ry oppad na ons hotel toe. 10349957_10153013441253476_4110847391043022075_nOmda10941377_10153013253398476_5745228157048258446_nt dit al redelik laat was, het ons nie weer uit gegaan nie en liewers slaap probeer inkry sodat ons die volgende dag kon geniet. Pa was egter die volgende dag weer hondsiek en ons het ‘n dokter gaan soek. Kon een kry naby die hotel, maar sy kon nie ‘n dooie woord engels praat nie. In my gebroke Duits het ek probeer help en as ons nie dadelik gesnap het nie, het sy so bietjie haar moer gestrip. Geduld is duidelik nie die Duitsers se sterk punt nie. Die rekening was egter belaglik duur en het ek nie eers genoeg kontant gehad nie, waarna die Duitser my weer uitgevreet het…maar wat dink sy?? Mens loop mos nie met 80€ in jou gatsak rond nie?? Ek het hul wel belowe om die res die volgende dag te kom betaal waarna hul dit aanvaarbaar gevind het. Pa is maar weer terug hotel toe om te gaan slaap en ek, Adi, ma en die broers is na die Wilhelmshohe Park. Lieflike plek. 10375121_10153013260543476_8229555968164377578_n10660097_10153013420993476_7782574590974577414_nOns het tot by die Wilhelmshohe kasteel gestap en ook na die eendjies gekyk by die dammetjie. Die reën het ongelukkig weer begin en het ons maar weer reg gemaak om terug te gaan hotel toe. Die manne was natuurlik weer al drie laf en het van die grasheuwel tot onder gehardloop…en geval… en met modderbroeke opgeeindig. Dit was dalk nie die slimste ding om op ‘n toer te doen nie… 10942740_10153013445758476_1743284798033625869_nEk en ma het besluit ons is nog lus vir die Kersmark en het die manne hotel toe gestuur. Hoe lekker was dit nie!! Ons het lekker op die Big Wheel gery en het dit geniet om oor die stad en Kersmarkte uit te kyk. En stalletjies kyk is tog soveel lekkerder as daar nie mans is om mens die heeltyd aan te jaag nie!

 

 

Die volgende dag (23 Des) het ons die doktersrekening gaan vereffen en toe kon ons almal, pa inkluis, weer na die Wilhelmshohe Park gaan. Die keer het ons verder gestap tot by die Löwenburg kasteel. 10929128_10153013647113476_117510462105644677_n Die kasteel is gebou met die doel dat dit soos ‘n ruïne moet lyk…toe kom die oorlog en nou is dit ‘n ware ruïne! Dit was regtig pragtig en ons het die uitstappie ook vreeslik geniet. Die reën het ons ook bietjie meer toegelaat om buite te kon wees. Ons het wel nie na die Hercules standbeeld gestap nie, ons wou nie vir pappie ooreis nie en ons wou maar probeer om nie te laat by die Klein-familie in Lübbecke aankom nie.10940620_10153013717943476_7639556669702630507_n Dit was ‘n langerige treinrit aangesien ons goedkoop treinkaartjies gekoop het en dan net op die stadige treine mag wees. Ons moes by die laaste oorklim ‘n ruk gewag het vir die volgende trein en het toe gaan koffie drink in ‘n kroeg daar by die stasie. Die kroegdame was ook maar ‘n regte bedonnerde Duitser wat geen geduld met ons gebroke Duits of Engels gehad het nie. Die Duitsers en die Nederlanders is darem nou werklik twee teenoorgestelde nasies!!

Ons het darem veilig in Lübbecke aangekom en bederf met lekker aandete en lieflike gasvryheid. Die ouers het by hulle in die huis gebly en ons jonges is na ‘n kothuisie daar naby, die Hexenhause (hekse huis).

1620621_10153085381158476_6087189601037270235_n

 

10440278_10153085378738476_5434033349450300111_n 10940984_10153085381558476_6503877186864475989_n 11001802_10153085379668476_135726927765214844_n                                                  Die Klein-familie het ons regtig op die hande gedra en is vir seker die vriendelikste Duitsers wat ek ken. Elke oggend kon ons ‘n heerlike ontbyt verwag en hul het regtig moeite gedoen om dit vir ons lekker te maak. Uiteindelik kon ons net rus en kuier sonder vele inspanning. Vir Ou Kersaand is ons saam met hulle kerk toe gewees 6pm, toe het ons die Kersete geniet en geskenke oopgemaak en Kersliedere gesing en weer 11pm na die volgende kerkdiens gegaan. Al kon ons nie juis veel van die preek verstaan nie, was die ongelooflike mooi Kersfees musiek en die Kersbome in die kerk die moeite werd gewees. Dit het regtig Kersfees ekstra spesiaal gemaak en ons kon as gesin saamstem dat dit die hoogtepunt van die hele toer was. Ek is regtig bly die Duitsers kon darem ook bietjie die Afrikaanse gesange beïnvloed…ons gesange en psalms is baie vroliker as die Nederlanders s’n!

11006478_10153085391578476_5710902096588108621_n

Ons het die volgende dag of wat lekker in Lübbecke in die woud gaan stap. Heerlik mistig – dit voel of mens in ‘n sprokie is. 1510705_10153085386163476_9739875564172081_nCornelis en Bernard het ook gou gou ‘n stok of twee beet gekry en in ‘n Lord of the Rings-fantasie-wêreld verdwaal. Verder het ons die aande kaartspeletjies gespeel saam Nora, Luise en Valk. Dink dit was dalk die langste wat die Groblertjies sonder ‘n TV was (sedert ons gesin ‘n TV gekry het so 10 jaar terug).

10988914_10153085393448476_1803227921465412365_n11001841_10153085400273476_842157150452530697_n10646986_10153085394568476_7127824205934263284_n10014662_10153085397993476_4225582453625782880_n

Die 27ste het ons weer op die trein geklim terug na Groningen. Ons het die sneeu net-net gemis in Nederland en dit het glo net begin sneeu in Duitsland toe ons daar weg is. Nogals ‘n teleurstelling vir my familie wat nog nooit sneeu gesien het nie en gehoop het op ‘n wit Kersfees. Dit was ysig koud in Groningen toe ons terugkom. Hul kon darem na die mense kyk wat geysskaats het op die ysskaatsbaan wat by die Grote Markt opgeslaan was. 11001897_10153111534868476_2942016304303164354_n Die paaie was ge-ys en kon ons selfs ‘n ongeluk voor ons woonstelblok beleef soos wat ‘n kar in ‘n ander een ingegly het. Ons het bietjie in Noorderplantsoen gaan stap. Die dammetjies was almal gevries en ons het onsself lekker vermaak deur sade en klippies op die ys te gooi dat dit sulke interessante geluide maak. Dit was ook kostelik om die eende dop te hou as hul op die dammetjie land en dan eers ‘n entjie moes ysskaats. Ook het ons van die ysskerwe opgetel en dan teen die dam verpletter. Groot pret gewees!

13091_10153111522753476_3285244609747724344_n 10407997_10153111500228476_6093194590779876130_n 10920911_10153111529728476_1529127582100732128_n 11021211_10153111502773476_5008917280073887190_n 11037314_10153111506708476_6612649350611747610_n 11046484_10153111506943476_902370591108463470_n

10408668_10153135741948476_4674312263381879254_n

Ons sing bietjie ‘n kerkliedjie in die kerk wat heel moontlik ook die kerk van oupa Reint Dijkema was.

10384921_10153135745943476_8349694284274288559_n

Rein en Gerrie Kooi

11048676_10153135736338476_4935513548318360019_n

Lugfoto van die plaas

Die res van die dae was ons baie rustig gewees en het basies net gechill. Twee ouer mense, Rein en Gerrie Kooi, wat baie geïntereseer is in ons Nederlandse bloed, het baie moeite gedoen om bietjie meer oor oupa Reint Dijkema uit te vind. So het hul selfs uitgevind waar die plaas is waar hy grootgeword het en ook die kerk waar hy heel moontlik sou kerkgaan. Hulle was so gaaf om ons bietjie daarna toe te neem. Die plaas is tans ‘n tipe diere-rehabilitasie 11039240_10153135748428476_453267036286377842_nsentrum. Maar erg verwaarloos. Die mense wat nou daar bly was baie gaaf en het vir ons koffie aangebied. Die huis was egter so vuil, ons het maar net duim vasgehou dat die koppies waaruit ons gedrink het, darem skoon was. Ek is self baie lief vir honde en katte, maar moet sê, ek het die diere wat so orals op al die banke en stoele sit en lê, so bietjie een te erg gevind! Daar was wel die mooiste perde en ook ‘n mak wildsbokkie. By die kerk het meneer Kooi vir ons laat sing. Hy’t spesiaal ‘n Duitse lied uitgekies aangesien hy seker weet ek dink nie veel van die Nederlandse kerkmusiek nie.                                                                 Ons klompie het toe heerlik saam in die kerk bietjie gesing.10345979_10153135737258476_2572403844192007327_n 10574288_10153135739753476_1410925094653424181_n 10614180_10153135735558476_7732650339957640491_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir Oujaarsdag is ons vir die dag na die stad Zwolle, wat net so uur met die trein van ons af is. Daar het ons ‘n stadswandeling deur die stad gedoen en oliebollen geëet.

10423281_10153135773408476_5786413013060335800_n 10456187_10153135792168476_663011952961557695_n 10923645_10153135774803476_890888787423236861_n 11009120_10153135798678476_1659235133016615951_n 11018609_10153135799788476_329642541937896226_n 11058373_10153135787973476_1804806948510394839_n

Vir Oujaarsaand is ons eers vroegaand na die kerk en toe het ons later na vriende wat so entjie van ons bly gegaan. Orals in die stad was daar bonfires soos wat die mense hul Kersbome verbrand (en ook sommer enige meubels, fietse, of watookal die vuur groter kon maak). Om 12h het ons op ‘n verkeerssirkel gaan staan en vonkelwyn gedrink terwyl ons klappers skiet. Een van my boeties het perongeluk ‘n klapper in die fietspad gegooi. Gelukkig is geen fietser beseer nie! Nuwejaars is nogals iets om te beleef in Nederland. Nog nooit het ek so baie vuurwerke aanskou  (en ‘n lawaai) nie. Die hele stad was skoon blou van die rook. Ek glo dit was ook ‘n interessante ervaring vir my familie gewees.

10606348_10153239073698476_4493226245442310432_n 10606348_10153239073708476_4955996285903693428_n 10606348_10153239073713476_8226624723379337320_n 11141181_10153239208648476_56179197372378142_n

Ek’t die een dag met die familie gaan fietsry. Ons kon twee fietse leen en het die tog aangepak. Die son het lekker geskyn en die reën was nie naby nie, maar die wind was mal! Ons het ons doodgetrap as die wind teen ons was en het vir meer as 100m glad nie getrap nie as die wind van agter ons ‘n hupstoot gegee het. Pa se fietswiel het egter ongelukkig pap geraak na so 7.2km en moes hy omdraai en terugstap huistoe. Nogal ‘n jammerte dat dit hom moes tref. Ongelukkig moes iets anders fout wees want ons kon nie die band weer opgepomp kry nie. Ons ander het toe verder fietsgery en byna 20km all in all gery. Ek dink my ma en boeties het dit vreeslik geniet. Ook om die skapies en windmolens en als dop te hou. As ek terugdink, dink ek moes ons meer dae gaan fietsry het, alhoewel ek besef dat daar nie juis veel geleentheid was nie as gevolg van die slegte weer.

11012760_10153239314588476_5345574189504883513_n 11072532_10153239318583476_5491404455372408744_n

Ons roete soos ons fiets gery het.

Ons roete soos ons fiets gery het.

11143339_10153239327803476_7560692589028917077_n 11150638_10153239309093476_8315271504587093530_n 11182347_10153239321403476_4534820699194068266_n 11188178_10153239307868476_7656639860215448540_n 11193262_10153239315073476_1880339208017574175_n

 

Saterdag 3 Januarie is ons na Delft gewees. Dit is ‘n lang treinrit maar het die pragtige kerke geniet. Ons tyd was egter baie beperk en kon ons nie te lank bly nie aangesien ons nog voor donker by Madurodam in Den Haag wou uitkom. In die winter word dit al 4pm donker en omdat die treinrit alleen tot in Delft alreeds 3 ure was, was ons nogals gedruk vir tyd. Ek kon darem ‘n delft suiker en melkpotjie koop — dis nou nie die “duur” Delft met ‘n reeksnommer en als nie, maar ten minste staan daar nie “Made in China” op die bodem nie. 17800_10153239698673476_4449311294561761162_n 17992_10153239705928476_5696141060287771351_n 20129_10153239709463476_5921479914621983427_n 10171827_10153239702448476_7702560466103759162_n 10440984_10153239713098476_3425288489422753651_n10517977_10153239707908476_1727805887097049298_n 11008644_10153239699618476_5324386697994903167_n 11109505_10153239707103476_7982092557299435760_n 11118377_10153239709798476_2698382610438078246_n 11169419_10153239697768476_9099266213516290668_n11174959_10153239706643476_628357738043811627_n 11174938_10153255000993476_8277138520805905756_n 10453110_10153255000768476_9177507319505574509_n11138641_10153255001163476_4363994605274504213_n

Madurodam was baie vermaaklik en ek sal dit vir seker aanbeveel vir diegene wat in Nederland kom toer. Dit is ‘n park waar hul Nederlandse landmerke op ‘n skaal van 1:25 uitbeeld. Dit is ook baie leersaam met TV-skermpies wat jy kan druk met inligting oor hoe baie dinge in Nederland werk. Daar is treintjies wat ry en vliegtuie wat opstyg. Die weer het ongelukkig weer mislik geraak en die water het deur my skoene gekom. Sopnat kouse in die winter is nie lekker nie! Gelukkig was my moeder so slim om 2 pare oor mekaar aan te trek en kon ek haar een paar kry. Ek was baie dankbaar!!

11178369_10153254999768476_9159944084421442543_n 11178379_10153255000013476_6924886253064817904_n 11205009_10153255001323476_5676251087820300733_n 11205115_10153255000498476_3786873247665874735_n

 

4 Januarie het die familie hul goedjies gepak en het ons vertrek na Amsterdam. Daar het ons hulle by die Meininger Hotel gaan inboek en toe saam deur Amsterdam gestap en ‘n kanaalvaart gedoen wat ons baie geniet het. Die dag het vinnig tot ‘n einde gekom en het ons ons familie-kuiertjie by ‘n restaurant gaan afsluit. Pa het ons gestick… dink net toe hy met sy kaart betaal dat ons nie die ZAR as geldeenheid moes kies nie…. dit lyk na soveel meer geld as wat mens dit net in Euros hou! Ons is saam die familie weer na die hotel en hul het ons toe weer by die stasie daar langsaan kom afsien. Tranedal!!! Die kuiertjie was so lekker gewees en alhoewel dit ‘n maand lank was, het dit tog so kort gevoel. Ek is dankbaar dat ons Kersfees kon spandeer  saam die mense vir wie ons lief is en wat ook vir ons lief het. Ek hoop dat ons gou weer so kan maak!

2015-01-04 18.03.30

Op Damplein

2015-01-04 16.55.43

Amsterdam Centraal stasie

2015-01-04 15.55.03 2015-01-04 16.00.43 2015-01-04 16.06.20 2015-01-04 16.07.40 2015-01-04 16.08.38 2015-01-04 16.16.45 2015-01-04 16.18.01 2015-01-04 16.19.41 2015-01-04 16.24.03 2015-01-04 16.24.38 2015-01-04 16.38.16 2015-01-04 16.42.31 2015-01-04 17.00.54 2015-01-04 17.02.33 2015-01-04 19.26.42

Tuis was ons huis leeg… en het die woonstelletjie baie groter gevoel as voor hulle koms! Ek moet erken, al verlang ek my dood, is ek baie bly ek hoef nie meer op daardie “hoge bed” te slaap nie! Hy is sommer die volgende week al aan die volgende sucker verkoop….