Korea #8 (2 Sept 2012)

Hey Peeps!!
Ek was maar stil die laaste tyd, maar ons lewe was so klein bietjie minder opwindend as laasmaand met die vakansie.
Ons raak nou lekker gesettle by die nuwe skool. Anders as gewoonlik is my favourite kind (ek weet hulle sê juffrouens moenie favourites hê nie, maar dis onmoontlik!) ‘n seuntjie…

63368_10151254444098476_611132691_n

Die middelste enetjie was my hart se punt.

Hy is 5-jaar oud en oral waar hy my raakloop, selfs al is dit in die dorp, sê hy dadelik “teacher, I’m happy.” Dis omdat deel van die roetine-vragies elke dag is, “how are you feeling.” Hy is vreeslik soet en ‘n regte pliggie, probeer so hard om als reg te doen en my te please. Adi reken hy was so kind gewees. Die ander seuntjies wil ek net elke dag vermoor…dink hulle sal my genees om ooit seuns te wil hê in die toekoms. Die dogtertjies is darem almal oulik en soet. Die klein kindertjies is ook nie noodwendig stout nie, ek dink meestal is hulle net ongelooflik woelig (ek dink almal ly aan ADHD). Die ouer kinders is wel duiwels. Soms baie arrogant en probeer die onderwyser manipuleer deur ongeskik te wees. Ek werk op ‘n punte-sisteem en trek net punte af as hul op my skree…dit het die seuntjies al lang trane laat huil as ek hul punte wegvat, maar ek hoop dit sal help om hulle bietjie te dissiplineer (ons mag hulle mos nie moer nie)…

Ons gaan lekker op ons eie aan. Hulle het vir ons ‘n rekenaar met internet by die skool beskikbaar gestel, so ons gebruik hom in ons af-periodes. Adi werk meestal aan sy meesters. Ek kyk net series. Ek gaan ook nou swot, het by Filadelfia opleidingskool ingeskryf vir Christelike berading. Hulle is so gaaf dat ek die teorie kan doen solank en dan net die praktiese werkswinkels moet inhaal sodra ek weer in SA is. Die modules wat hulle gepos het, het nogals vinnig gekom, net 7 dae met gewone airmail. So julle het geen verskonings om nie vir ons biltong te pos nie!! Ek sal ons adres sommer aanheg, ons weet nou hy werk!! Haha. Sover lyk my studie-materiaal baie interessant en Woord-gesentreerd, so ek is vreeslik opgewonde.
Ons was ook baie gelukkig deur ‘n vreeslike lekker kerk te kon kry in ons buurdorp. Hulle het selfs ‘n shuttle-bus wat ons in ons dorp optel. Die ds is ook baie gereformeerd en hy en Adi is nogals op dieselfde page itv teologie. Die dominee het in Amerika groot geword, al is hy ‘n Koreaan. Ons is ‘n hele klomp expats in die gemeente van letterlik elke engelssprekende land: Amerika, Kanada, Engeland, Australië, Suid-Afrika, Zimbabwe ens… Na kerk gaan koop elkeen vir hulle iets  te ete (die dominee het ons almal vandag bederf met Mac Donalds) en dan eet ons dit saam by die kerk en gesels. Ek dink regtig dis hoe kerk moet wees, waar

397294_10151184270128476_2146329502_n

Die kruis by ons kerk

almal vriende is en nie net huistoe jaag as die diens verby is nie. Ons het nog elke Sondag nie voor 6pm by die huis gekom nie (kerk is 11:30-13:00). Dis regtig so ‘n seën want die mense gaan regtig kerk toe omdat hulle ‘n passie vir die Here het en dit nie net ‘n ritueel is wat hulle net gou moet kom afhandel nie. Ons werk op die oomblik deur die boek van Openbaring – dis regtig vrek interessant en baie van toepassing op vandag. Vir my vriende wat Korea toe gaan en opsoek is na ‘n oulike Engelse kerk, gaan loer op hul facebook page: https://www.facebook.com/Sangdanginternationalchurch?fref=ts

Ons gaan aan die einde van die maand weer ‘n laaaaaaang naweek hê (tot die Woensdag), so ons dink daaraan om Seoul toe te gaan vir die tyd.
Hulle het Dinsdag ‘n orkaan voorspel…omtrent al die kinders het by die huis gebly , ek’t ‘n totaal van 1h40min gewerk…en toe was hier maar net ‘n ou windjie…ek dink selfs die Kaapse Suidooster is sterker!! Koreane is maar sissies…. Ek was eintlik teleurgesteld, ek was lus vir bietjie aksie met bome wat ontwortel en so aan… net jammer dit was so sieldodend om nogsteeds vir 9ure by die skool moes te wees het die hele dag en niks doen nie!!
Een ding van die Koreane wat my regtig vang is dat hulle morsig is…en vreeslik gross. Hulle sal die publieke plekke skoon hou (baie image-bewus, moet goed lyk vir toeriste), maar in die woonbuurte self is dit baie vuil. Dit voel so andersom van SA. Hulle maak vreeslik keelskoon en spoeg sommer net waar hul wil – vandag het een sommer in die bus op die vloer gespoeg. Die reuke is ook soms maar iets om van naar te word.  Maar verder kan ek nie kla nie, ons is veilig en die koreane is ‘n baie vriendelike en hulpvaardige nasie.
Mooi bly en ek hoop ek hoor binnekort van julle!!
Liefde
Lize

Lewer kommentaar