Korea #7 Eerste week in Ochang

Hey hey
Sjoe, maar was die nou ‘n deurmekaar week!!
Eerstens wil ek net sê dat ek mal is oor ons nuwe apartment.

Ons apartment-blok. Korea het 'n vreemde stelsel. Die apartment-blokke kry nie nommers van 1,2,3 soos wat mens by die ry af gaan nie, maar in volgorde van wanneer hul gebou is. So nommer 1 en nommer 2 kan ver van mekaar af staan.

Ons apartment-blok. Korea het ‘n vreemde stelsel. Die apartment-blokke kry nie nommers van 1,2,3 soos wat mens by die ry af gaan nie, maar in volgorde van wanneer hul gebou is. So nommer 1 en nommer 2 kan ver van mekaar af staan.

Hy is in ‘n baie beter toestand as ons vorige een. Dis ook baie stiller hier in die dorpie as in woelige Seoul. So sover bly ons verskriklik lekker. Hier is minder hoër geboue, meer plantegroei, ryslande en groentetuintjies. Orals waar die mense iets kan plant, plant hulle…effektiewe grondverbruik?? Al wat jammer hiervan is, is hier is niks grasperke nie. By ons skool is daar darem bietjie gras. Ons skool is regtig op ‘n mooi plek met ‘n riviertjie, grasperk en hoenders met kuikentjies. Dit gee amper so plaas-gevoel.

Uitsig vanuit my klaskamer. Landerye.

Uitsig vanuit my klaskamer. Landerye.

Ons is sover die enigste witmense hier (het nog niemand anders hier gesien nie) en 2 van die dalk 5 mense in die dorp wat engels enigsins kan praat. Dis regtig baie afgesonderd hier!!

Volgens die Koreane is dit 'n very very very small town. Maar tog is dit byna so groot soos wat ons al as 'n stad sou beskou in SA.

Volgens die Koreane is dit ‘n very very very small town. Maar tog is dit byna so groot soos wat ons al as ‘n stad sou beskou in SA.

‘n Dorp in Korea is wel nie soos ‘n dorp in SA nie… die plek is basies so groot soos Potch (nogals groot vir ‘n dorp), maar in Korea is hy nie eers op die kaart nie…

Skool is bietjie chaoties. Ons werk baie lekker, maar kommunikasie is ‘n groot probleem. Ons kan nie met enigiemand anders werklik praat nie, so meeste van die tyd bel hul ‘n ander Koreaan wat engels kan verstaan…en dan verstaan ek nie altyd haar engels nie. Die dieetkundige by die skool kan wel bietjie praat. Sy wou weet of ek nie van die kos hou nie, toe sy sien ek skep min in…en ek was maar baie eerlik, maar in ‘n ordentlike manier. Nou het ons darem al intussen viskoekies, springrolls en ‘n rolkoek gekry…so dinge verbeter aan die koskant!! Nou soek ek nog net bacon….
Adi en die kleintjies wat versot is op hom.

Adi en die kleintjies wat versot is op hom.

Die kindertjies is ook maar nog dom, iets wat my nogals frustreer, maar Adi geniet weer die heel kleintjies (3 jaar) baie meer. Dalk is dit omdat ek die mindset het van ek wil die kinders iets leer, waar Adi net ‘n clown is wat hul entertain. Die kinders geniet hom natuurlik vreeslik, behalwe vir die een dogtertjie wat elke keer as sy hom sien begin huil. Gingers is scary. True story.

Videos van Adi in aksie:
Ek’t myself as pet-sitter opgesign by een van die facebook groups van Korea. Dit is dat jy bereid is om na mense se diere te kyk as hul met vakansie gaan of so iets. Iemand wil nou weet of ek vir ‘n jaar na haar kat kan kyk tot sy weer Korea toe kom, maar ek is maar bietjie bang vir die hele langtermyn-ding. So ek hoop maar sy kry iemand wat dit sal doen want sy vertrek Vrydag. So kry haar nogals jammer. Maar ek moet seker nie ingee omdat ek iemand jammer kry nie, al mis ek soms die katte in my lewe. Hoop maar ek kan binnekort na iemand se kat kyk vir ‘n rukkie…
Ons het vanaand weer lekker gaan stap om die omgewing te verken. Het verby die Samsung fabriek geloop. Ons neem aan dit was maar die industriële gebied gewees. Wie sou kon dink so stappie in ‘n industriële gebied, nege uur die aand, kan so rustig en stresvry wees? Only in Korea.
Dis nuus vir eers…Vivo sê my briewe is so lank en oorweldigend dat sy net nie kan reply nie…so ek hoop julle reply nou!!!
Mooi bly!!
Lize & Adi

Lewer kommentaar