Korea #6 Jeju-vakansie (3 Aug 2012)

http://vimeo.com/46861450  – Click om ‘n slideshow van ons Jeju-trippie te sien….
Hey al julle mooie mense!!
Ons het ons trippie baie geniet – en ek’t ‘n tan om daarvoor te wys, whoop whoop!!
Ons is die eerste nag na die aquafest, dis in ‘n dorpie baie suid, nog op Korea mainland. Eerste aktiwiteit is ‘n glyplank met ‘n tube tot in die rivier…. En so verloor Adi sy trouring.

By die einste rivier waar Adi sy trouring verloor én weer gevind het.

By die einste rivier waar Adi sy trouring verloor én weer gevind het.

Ons het maar gesoek en mense met duikbrille het probeer help, maar wats die kanse om so iets in die rivier te kry?? Een wat vloei?? Ons het aanvanklik moed opgegee, maar die Koreane is baie determineerde mense en het aangedring om nog te soek. Hulle het daardie aktiwiteit gestop en seker amper 10 werkers het begin duik en soek en raai wat?? Hulle het hom so waar as wragtig gekry!!! Kan dit nou nog nie glo nie. Maar ek moet sê, ons het nogal ‘n skietgebedjie of twee opgesê. Nodeloos om te sê, is ons ringe vir alle water-aktiwiteite afgehaal en mooi gebêre. Gelukkig is diefstal nie iets waaroor ons hier hoef te worry nie.

Ons het ook op ‘n nude walk gegaan.

Ek en Adi met ons papier-klere.

Ek en Adi met ons papier-klere.

Hulle gee vir jou sulke papier-agtige klere, baie soos ‘n hospitaal-jurkie om aan te trek. Ek was maar versigtig en het my bikini aangehou. Adi het wel meer Adam gegaan. Die bome het glo helende eienskappe en dis goed vir ons as ons vel iets van dit absorbeer of so aan. Ons was so moeg, ons het maar net op een van die platforms gelê tot die tyd om was en nie veel ge’walk’ nie.

Die aand het ons ook in mongolese tente geslaap – ek dink dis meer soos glorified muskietnette.

Die tent waarin ons geslaap het.

Die tent waarin ons geslaap het.

Was nie sleg nie, maar ‘n matras is verseker meer gemaklik as bamboes. Dit was wel baie mooi met al die liggies wat in die rivier weerkaats het.

Ons is die volgende dag na Jeju-eiland met die ferry wat so 2 ure geneem het.

Op die ferry oppad na Udo-Island

Op die ferry oppad na Udo-Island

Van daar het ons weer ‘n ander ferry na Udo eiland gevat. So 20 min. Dis ook baie mooi daar en ons het so bietjie rondgestap daar en die natuurskoon bewonder. Ons is toe na die coral beach.

In die water by Udo-Island

In die water by Udo-Island

Baie mooi en die seesand is meer soos baie klein klippies/korreltjies… Die water was net ongelooflik koud. Tot die mense van Kaapstad het na hul asems gesnak. Dit was wel lekker aangesien dit nou hoogsomer hier is en ons vrek van die hitte. Hulle het nie golwe by hul see soos ons nie. Net rustige deininkies. Maar ek geniet dit om nie deur branders gerol te word met ‘n mond vol sout nie.

Ons is so 5-uur terug na Jeju toe en het toe by ons hotel gaan inboek. Volgens hulle kan elke kamer/woonstelletjie 4 mense bevat. Ons en ‘n ander couple het toe saam in die een plekkie gewoon. As dit ‘n 4-bed plekkie is, beteken dit in Korea ook nie noodwendig dat daar beddens is vir almal nie. Daar was 1 dubbelbed en ‘n kombers op die grond gegooi vir nog 2 mense!!! Die ander paartjie het toe daarop aangedring dat ons die bed die eerste en derde aand vat en dat hulle net een aand dit sal gebruik… Die man is ‘n Amerikaanse redneck soldaat wat ons nogal baie vermaak het. Hy was maar meestal gesuip gewees – alhoewel hy ons telkemale verseker het hy drink nie gewoonlik in die week nie. Hy’t ook nogal baie dieselfde gedink oor sekere goed as ons alhoewel hy maar nogsteeds vreeslik liberaal is. Dink net hy’t ‘n paar mense kwaad gemaak toe hy sê dat hy wens Barack Obama gaan dood. Sy meisie is van Nieu-Seeland. Ek kan nie regtig agterkom of ek baie van haar hou nie, alhoewel ek nie kan sê dat sy my pla nie.
Die res van die mense het toe gaan karaoke, en alhoewel ek baie van karaoke hou, was ek net te moeg en ons het eerder vroeg gaan inkruip.
Maandag het ons weer bietjie op die eiland gaan rondstap.

Al gatvol gestap op die stadium. Het ongelooflik warm gekry.

Al gatvol gestap op die stadium. Het ongelooflik warm gekry.

Dis baie mooi, maar in die somer wil ek regtig nie stap nie. Het wel die army sien oefen op die strand – in Korea moet jy 2 jaar militêre diensplig doen as jy ‘n man is, en jy is glo baie gelukkig as jy na Jeju gestuur word. Die sand was meestal sulke swart korrels – natuurlik omdat Jeju ‘n vulkaniese eiland, nes Hawaii is. Die rotse daar was ook anders.

Die Japanese grotte

Die Japanese grotte

Ons het na Japanese grotte gegaan daar op die strand. Hulle het die gegrou om kanonne in die oorlog weg te steek, ek dink dit was met die 2de Wêreldoorlog. Daar was net vreeslik baie goggos op die dak van die grot.

Ons het weer die middag by die strand spandeer.

Heerlik op die strand. Ons handdoeke het egter heeltemal verspoel. Darem kon iemand my sak red voor hy met my selfoon en kamera ook daarmee heen is. Na die hele vakansie het ons besef ons het iemand anders se handdoek. Seker in die harwar deurmekaar geraak!

Heerlik op die strand. Ons handdoeke het egter heeltemal verspoel. Darem kon iemand my sak red voor hy met my selfoon en kamera ook daarmee heen is. Na die hele vakansie het ons besef ons het iemand anders se handdoek. Seker in die harwar deurmekaar geraak!

HEERLIK verby. Hier was die water warm soos ‘n warm swembad (East China Sea). Dit is ook omtrent ‘n 100m lank knie-hoogte voor dit dieper begin raak. Die water was baie helder en ons kon die vissies saam ons sien swem het. Dit was vreeslik cool!! Ons het so lekker geswem en ontspan dat ons nooit besef het die gety het ingekom nie…Die eilandjie waar ons al ons goed neergesit het was toe nie meer daar toe ons teruggaan nie. Gelukkig het iemand ons goed geskuif – ongelukkig nadat als ge’soak’ is. gelukkig het ek my kamera en selfoon die oggend in ‘n waterproof sakkie gesit binne my groot sak, anders sou dit tickets gewees het.

Die aand het ons lekker in Jeju downtown gaan eet en toe by die hotel se swembad verder gaan kuier.

553449_10151064363003476_1281733788_n

By die swembad saam met vriende wat ons op die toer gemaak het.

Ander mense was na die klub toe, maar ek verkies swem bo dans in hierdie warm plek. Ons klomp wat teruggegaan het het darem baie lekker saam gekuier.

Die aand het ons roommates baie later ingekom (hulle beurt vir die bed). Ek word later wakker omdat ek verskriklik warm kry EN omdat Matt vreeslik hard snork. Ek sit toe maar die aircon aan, maar besef toe, die hitte is van al die stoom van die stort af… Daar lê ons lawwe Amerikaanse vriend poedelkaal uitgepaas onder ‘n vuurwarme stort. Maak toe maar die water toe en gooi die nodigste met ‘n handdoek toe. Sukkel egter om te slaap…Matt snork nogsteeds baie hard. Besluit om hom wakker te gaan maak dat hy darem nou ook sy beurt vir die bed nuttig gebruik. Koue water oop. Maar die man slaap!! Hy’t darem vir 5 min opgehou snork en ekt amper begin wonder of ek hom dalk versuip het!! Hy’t toe so 7 uur die oggend in die bed gaan klim. Toe hy later weer wakker word kon hy niks onthou van dit nie…alhoewel hy gedink het die storie was vreeslik snaaks.
Ons het die dag bietjie afgegaan in die lava tubes.

In die lava-tube

In die lava-tube

Dis omtrent soos lang grotte, maar dis nogal groot. Die dak is seker so 15-20m en dis omtrent net so breed. Ek’s net nie heeltemal seker hoe lank dit was nie, want ons het nie tot die einde geloop nie. Dit was darem lekker koel daar onder. Ons het ook die maze gaan besoek en probeer om hom reg te kry. Het maar gesukkel maar op die ou end het ons wel by die eindpunt aangekom.

Ons het gaan perdry. Rip-off gewees. Ekt hierdie prentjie in my kop van perdry op die strand of in die berge ens. Betaal 8000W (dis so R56)…om EEN keer in die ring te ry. En toe raas die mense nog met my omdat ek die teuels vashou (mens moet glo aan die saal vashou). Ek kon dit nie glo nie. Moerse teleurstelling gewees!!
Laaste op ons agenda was Loveland.

By Loveland

By Loveland

Nou dis iets heel anders as die konserwatiewe Korea waaraan ek gewoond is. Seks-beelde orals en natuurlik museum ook. Van die Amerikaners het nogal mal gegaan met fotos saam die beelde (party is baie erg!!!), maar ons het maar gesoek na die meer beskaafdes (daars maar min sulkes gewees). Dit was wel ietsie wat nogal snaaks was. Jy kon ook allerhande dingetjies by ‘n winkeltjie daar koop…tot ‘n spesiale mussie vir die winter…

Ons het vir die laaste aand pizza, hoender en bier by die swembad geniet. Ekt die kuiertjie regtig baie geniet.
562806_10151064366713476_83633698_n480617_10151064365623476_1064833751_n378258_10151064386668476_560833064_n527472_10151064367768476_1392632297_n
Woensdag het ons huiswaarts gekeer en begin pak vir die groot trek die volgende dag.
Ochang lyk sover heel oraait. Dis baie kleiner met minder geboue en meer groentetuine. Die skool het ook ‘n plaasatmosfeer met die ryslande en groentetuintjies om hom.

Uitsig oor die landery vanaf my klaskamer

Uitsig oor die landery vanaf my klaskamer

Ons woonstel is ook ‘n groot verbetering. Al wat my bekommer is dat ek nog nie ‘n bus of busstop in ons omgewing gesien het nie. Die skoolbus sal ons wel elke dag op en aflaai. Die mense hier is ook glad nie engels magtig nie.

RIP English. Nogal by die "Engelse" skool

RIP English. Nogal by die “Engelse” skool

Hulle kom groet ons op straat vreeslik entoesiasties, maar dis maar al wat hulle kan sê: “Hello, pleased to meet you.” En dan slaan hulle blank. Shame, dis nogal cute as hulle so graag wil probeer.

My klaskamer

My klaskamer

Ingrid het kom kuier!

Ingrid het kom kuier!

Ingrid kom Sondag kuier as als volgens plan verloop. Ek sien baie uit om bietjie ‘n bekende te sien!! Hoop maar sy kom reg met ‘n trein of bus tot by ‘n nabygeleë stasie en dat die taxi-drywer haar by ons huis sal kan aflaai. Ek het darem die adres in hangul vir haar gegee, so hy behoort dit te kan lees.

Cheers vir eers, dis nou koffietyd.
Laat weet maar hoe dit daar gaan, ek geniet dit om julle emails ook te lees!!
Liefde
Lize        

Lewer kommentaar