Korea #5

Hey almal!!
Ons het uiteindelik summervacation!!! Al is ons nog vars in die werk en sou ons nog ‘n maand of twee kon uithou, bly vakansie tog maar lekker. Veral in ‘n nuwe land wat mens kan verken.
Maandag 23 Jul: Ons het bietjie na Insadong in Seoul gegaan, dis ‘n tradisionele mark. Nogal verstommend, toe ons net so voor 11h daar aankom, was sommige winkels nog nie oop nie…tog staan van hul produkte buite. Dis maar algemene praktyk vir hulle, maar vir ons SA’ners is dit vreemd dat dit nie gesteel word nie. By een stalletjie laat hulle tot toe dat jy jou eie kleingeld uit die kassie kan haal, soveel vertrou hul mens. Het maar meer gekyk as gekoop, wil nie nou te veel opgaar voor ons na ons nuwe huisie trek nie. 557498_10151040007743476_1667832137_nOns was ook by ‘n paleis en kon sien hoe die wagte ruil. Was heel lekker om na die tradisionele seremonie te kyk. Van daardie wagte het maar lang messe, hoor!! Ons het ook ‘n foto saam met die wag geneem, is nou nie seker hoe baie hy daarvan gehou het nie, maar dis maar sy probleem. Ek heg bietjie fotos aan en ‘n 5-min video van die wagte ruil vir die wat nie fb het nie.Verandering van wagte
Korea 2012 063 (1)
Dins 24 Jul: Ons is 4 maande getroud!!

Simbool van Noord- en Suid-Korea wat verdeel is. Suid-Korea sal graag wil verenig.

Simbool van Noord- en Suid-Korea wat verdeel is. Suid-Korea sal graag wil verenig.

Monument ter ere aan hul familielede wat in Noord-Korea agtergebly het en met wie hul nou heeltemal kontak mee verloor het.

Monument ter ere aan hul familielede wat in Noord-Korea agtergebly het en met wie hul nou heeltemal kontak mee verloor het.

Korea 2012 064

Het bietjie op ‘n toer gegaan na die DMZ (demilitarized zone). Noord en Suid-Korea het elkeen ‘n strook land afgestaan waar daar niemand mag kom nie, sodat elke land se wagte/soldate ver van mekaar af is. Die verdeeldheid is ‘n baie hartseer storie, amper soos Duitsland net dat dit 10x erger is. Noord-Korea is nommer een op Geopende Deure se lys van vervolgde lande in die wêreld en die Christene kry baie swaar. Hulle word in konsentrasie kampe gegooi saam met moordenaars en verkragters en nog baie erge goed! Ons het maar toe ons by die grens kom ‘n gebedjie vir hulle opgesê en hoop dat God hulle sal dra in hul tye van nood.Korea 2012 070 Interessant genoeg, mens kan soontoe gaan vanaf China, maar nie vanaf Suid-Korea nie. En ook net as jy nie ‘n Suid-Koreaan is nie. Daar is wel boere wat sekere tye in die JSA (joint security area) mag boer omdat dit hul grond was en hul oorlogsveterane was. Hul is ook vrygestel van enige belasting. Hulle moet egter ‘n sekere tyd weer daar uit wees. Ons was ook af in die 3rd tunnel, ‘n tonnel wat die Noord-Koreane gegrou het om hier in te kom om te spioeneer, maar wat die Suid-Koreane ontdek het en weer toegemaak het. Huyndai, was vir lank die enigste company wat mense oor die grens kon neem. Die stigter van Huyndai was ‘n Noord-Koreaan wat voor die verdeling na Suid-Korea gekom het. Hy het egter ‘n koei gesteel en verkoop vir geld om tot hier te kom. Jare later toe sy besigheid suksesvol was, het hy 1001 koeie aan Noord-Korea terug gegee. Die ekstra duisend het getel as rente. Hul het laasjaar egter opgehou om oor die grens te gaan nadat ‘n vrou doodgeskiet is. Sy’t met haar voete in die water van die rivier gaan staan tydens lae gety en nooit besef sy’t verby die grenslyn (of so iets) beweeg nie en toe skiet hulle haar. Erg! In Noord-Korea is militêre diensplig verpligtend. 10 jaar vir seuns (vandat hul 15 is) en 7 jaar vir meisies. Omdat die land kommunisties is, is daar geen privaat maatskappye nie. Die werkers daar kry minder in ‘n maand se salaris as wat ons per dag kry in die Suide… daar is dus vreeslike armoede en hongersnood. Ek weet regtig nie hoekom daar nog mense is wat kommunisme (of sosialisme) aanhang nie. Dit het nog NOOIT gewerk nie en die land is altyd in ‘n gemors daarna… Daar is sommige mense wat al ontsnap het na ander lande, maar hul moet totaal en al geleer word om in die samelewing te funksioneer omdat hulle so vreeslik geisoleerd is. Dit was vrek warm gewees, die hitte is verseker erger as in SA. Ons

Die stasie wat die verste Noord is in Suid-Korea.

Die stasie wat die verste Noord is in Suid-Korea.

was ook by ‘n stasie wat in 2002 gebou is met die doel om Noord-Korea binne te kon gaan (dis die enigste pad buiten as jy vlieg of bootry om by ander lande uit te kom). Aanvanklik het Noord-Korea die planne goedgekeur dat hul ‘n treinspoor ens kan bou. Maar net toe Suid-Korea als voltooi het, toe kanselleer hul die hele projek. So is daar ‘n hele spoor en stasie in totale onbruik. Suid-Korea hoop wel dat hul dit eendag weer sal kan gebruik (is 2 maal gebruik vir die toetsritte). Baie families wat verdeeld is, was baie teleurgesteld.

Catharina Grobler 19 September 2002 - 24 Julie 2012

Catharina Grobler 19 September 2002 – 24 Julie 2012

Ons het egter die aand die vreeslike nuus gekry dat my tannie Griet en niggie Catherina verongeluk het. Is maar erg as mens so ver is en nie die familie kan troos in so tyd nie. Bid maar asb vir my oom Piet vir vertroosting.

Woens 25 Julie: Ons is bietjie Nami-Island toe gewees.

pragtige swamme het orals gegroei

pragtige swamme het orals gegroei

Pragtige oord so 60km buite Seoul. Was lekker om bietjie natuurskoon te kon geniet na 2 maande in ‘n betonoerwoud. Hulle maak baie kunstige goedjies en herwinnings-kunswerke waarmee hul die hele plek versier. Dink dit sal lekker wees om vir ‘n naweek soontoe te gaan, dis glo baie mooi daar in die aand. Dit lyk soos ‘n feetjie-paradys en dus is dit nie ‘n verrassing dat hul die hoofborg van die Hans Christian Andersen prys is nie. Daar is ook ‘n HCA Hall ens. Ons was bitter spyt ons het nie ons swemklere saamgevat nie, die water sou ‘n lafenis wees (moes dalk voor die tyd uitgevind het of hul swemgeriewe het). Dit was lekker rustig teenoor die ander dae in die baie woelige Seoul. Kon die sonbesies hoor skree…en hulle KAN skree! Ons het onsself net bewonder aan God se skepping. Daar was ook orals eekhorinkies wat vreeslik mak is, mens kom sommer naby aan hulle…

Die enigste Koreaan met 'n baard wat ons ooit gesien het.

Die enigste Koreaan met ‘n baard wat ons ooit gesien het.

gesig gemaak uit blik

gesig gemaak uit blik 

Die ferry na Nami-eiland

Die ferry na Nami-eiland

561220_10151045564983476_828420745_n

Don 26 Julie: Vandag was ons in ‘n hinderlaag…het laag gelê en niemand gehinder nie!! haha. Het tot laat gistraand series gekyk en toe het ek ‘n rekord slaapsessie ingewerk deur eers 2pm op te staan. Heerlik!! Adi was egter al vroeg op en het aan ‘n artikel vir Faith&Heritage gewerk. Hy het ook 12h skelm gaan MacDonalds koop, sonder om my te se. Het die middag bietjie woonstel skoongemaak en so bietjie begin pak (vir die eiland en vir die trek). Vriende van ons, Deon en Nadia het ons gaan stick vir ete by so buffet plek. Oeeee dit was lekker!! Soveel kos om van te kies en mens kon eet soveel jy wil. Daar was steak, skaaptjops, gammon, sweet&sour pork, eend, hoender, seekosse, sushi, koue vleise, groentes, slaaie, vrugte, pasta, pizza en 2 tafels nagereg. Ons het so baie geëet ons het daar uit gerol!! Gewoonlik eet ek maar min op ‘n slag, maar 2 vol borde kos en ‘n hele bord poeding het hierdie keer die ding gedoen. Adi het my rekord ook verbeter. Dis heel moontlik die meeste kos wat ek op een slag geëet het ooit.
Adi met 'n kokketiel

Adi met ‘n kokketiel

Vry: Ons was bietjie Seoul Dieretuin toe gewees.

Adi haal sy aapstreke uit!

Adi haal sy aapstreke uit!

Vryf bietjie 'n takbok

Vryf bietjie ‘n takbok

Was baie lekker en ons het klomp interessante diere gesien. Baie van die diertjies is ook vreeslik mak gewees. Dit was net vrek warm gewees!

Lewer kommentaar