Korea #2 (17 Junie 2012)

Ons is sover maar nogsteed op die pizza haha. Het darem so bietjie sushi gekoop by die supermark alhoewel ek nogal die groot stukke vleis mis…veral my ma se appelkooskonfyt-hoender… Hier is baie tipe vis-goete maar eks nog te bang om enigiets te koop – die meeste van dit is sommer sulke heel goed wat nog nie skoongemaak is nie. Sal dalk later meer gewaagd raak.

Verskeidenheid van sushi of kimbab.

Verskeidenheid van sushi of kimbab.

Bietjie seekat? Hierdie is darem dood, maar seekat word baie keer in Korea ook lewendig geëet.

Bietjie seekat? Hierdie is darem dood, maar seekat word baie keer in Korea ook lewendig geëet.

Hier is plekke soos Mc Donalds en Burger King, maar nie wat baie naby aan ons apartment is nie. Pizza hut se pizzas is ook baie duur, so ons koop eerder by Pizza School wat so 5000KW is. Dit werk so op R45 uit  vir ‘n groot pizza. Een van ons co-teachers het darem aangebied om op gereelde basis ons te gaan bekendstel aan van die ander eetplekke. In Korea is dit goedkoper om te gaan uiteet as om vir 2 mense kos te maak….so hoekom gaan ek nou skottelgoed vuilmaak?

Vrugte is ongelooflik duur….ek is al so lus gewees, het nou die dag ‘n klein handjie vol bessies vir 3000kW gekoop – dis omtrent R27….
Ons het darem ontbyt-pap en yoghurt, maar met die dat ons al 11h middagete by die skool kry as ons eers 10h daar hoef te wees is ontbyt eet soms bietjie oorbodig. alhoewel ek maar ontbyt eet omdat ek nog nie so lief is vir die koreaanse kos nie en maar min eet by die skool.
Melk is nogals taamlik duurder as in SA, maar ons gun onsself maar die luxury.
Ons was Saterdag bietjie Seoul toe die oggend. Lyk regtig baie lekker daar. Ons was in ‘n huge laptop-winkel…so groot soos ‘n Game, maar verkoop NET laptops. Het toe vir Adi ‘n baie lekker laptop gekry vir R4500. Het nie veel verder geshop nie…het net so bietjie rondgeloop tussen klomp stalletjies. Oppad terug het ons verby ‘n paleis-iets gery, sal graag in die vervolg wil gaan besoek. Dit was baie warm en daar is so plein waar water vanuit die grond spuit in sulke dun straaltjies. Mens sien net orals ouers wat met hul kinders daar speel en baljaar in die water. Ek’t nie veel opgelet of dit baie besoedeld is nie…maar dink nie dis so erg nie. Dit stink gewoonlik vir my in Johannesburg en daar het hierdie keer niks my afgesit nie.

Namaaksel van Adidas. Nou nog spyt ons het nie maar die hemp vir Adi gekoop nie!

Namaaksel van Adidas. Nou nog spyt ons het nie maar die hemp vir Adi gekoop nie!

Ons het Sondag gaan inkopies doen by E-mart (ongelukkig so op die sabbat). Het egter met die terugkoms op die verkeerde bus geklim en toe lekker verdwaal… Ons bly toe maar sit, want wat gaan ons anyways doen as ons afklim. Toe die drywer klaar is met die roete toe probeer hy by ons hoor wat fout is, maar die kommunikasie was maar moeilik. Ons het wel reggekry om te verduidelik dat ons net weer wil terug ry… Ons moes toe maar wag dat sy breuk oor is en hy weer die terugroete aanpak. Gelukkig klim daar ‘n koreaanse vrou op die bus wat kan engels praat en sy kom agter ons is so effe benoud. Ons noem toe waar ons bly en wraggies, sy bly daar naby. Sy sê toe ons moet saam haar afklim en dan ‘n taxi neem…en sy’t betaal, wat ‘n bargain!! Werklik gebedsverhoor want volwassenes wat kan engels praat is so skaars soos hoendertande. 
Dit was ook met die shopping en verdwaal dat ek regtig so bietjie frustreerd begin raak het met die taal. Alhoewel ek weer dankbaar is nadat ek gesien het ‘n mede-Kovsie se ma is vermoor en pa kritiek na ‘n aanval  en ‘n oom wat Adi ken is by Soutpan geskiet, dat hier glad nie misdaad in Korea is nie. Ons los ons huis oop deur die dag, met 2 laptops en ons weet ons kan die aand terugkom en dit sal ng hier wees. En ons kan ook in die middel van die nag in die strate rondloop sonder om enigsins bang te voel. Al waar mens dit in SA nog kan doen is Orania…
 
Ek wil bitter graag bietjie see toe gaan – ek beny vir Ingrid wat in Pohang bly en gereeld op die strand kan gaan stap. Het sover nog net die see vanuit die vliegtuig gesien en toe ons daar verby ry nadat ons geland het in Incheon. Hoop om die vakansie te gaan draai in die Oos-kus. 
 
Ek kan nie regtig die skoolopset vergelyk met SA s’n nie omdat ek werk by ‘n kindergarten en in SA net met Hoërskool gewerk het. Die skoolgebou self is baie mooi en modern en baie kleurvol. HUlle het ook glasborde ipv swartborde – werk baaaaie beter, maar dit sal seker nie in SA heelbly as hulle dit by die skole implementeer nie. Engels word ook as ‘n speaking language geleer – met klem dat hulle die taal sal kan gebruik. Die heel kleintjies (4/5 jr) is maar die moeilikste omdat hulle absoluut niks van engels weet nie. Maar aan die ander kant spring mens ook nie net weg met moeilike grammar ens nie. Ons sal bv TPR (Total physical response) met hulle doen soos ‘hands up, jump left, ens terwyl jy dit saam met hulle doen. So leer hulle maar die aksies. Jy leer aanvanklik net vir hulle woordeskat in die begin mbv flashkaarte met prentjies op. Die werk raak egter vinnig moeilik want hulle is regtig skerp kindertjies. DIe 10-jariges doen bv dieselfde grammar as wat ek laasjaar met van my hoërskool kinders gedoen het. Ons maak egter baie van speletjies en liedjies gebruik om dinge vir hul te leer. Ek wens nogals ekt ‘n paar sulke liedjies laasjaar geken vir my HS kids – sou die goed baie makliker kon memoriseer. 
 
Die kinders is absoluut gek oor Adi, ek voel soms jaloers… as hy net in die gang af geloop kom hol hulle na hom en dis net Adi-teacher voor en agter. Hy het aanvanklik baie gestres oor die hele kindergarten idee, maar na 2 weke se observasie lyk hy baie meer ontspanne. Hy is eintlik opgewonde oor die klasgee. Asian kids is net mal cute en hulle vermaak mens regtig baie. Ek’s al klaar lief vir die kiddies. 
Ons het hierdie Vrydag bietjie op die dak gebraai om bye te sê vir Jon en Kandice, die 2 Kanadese in wie se plek ons kom werk. Saterdag het ons bietjie Itaewon toe gegaan, ‘n voorstad van Seoul. Baie interessant daar, daar is ‘n baie groot internasionale gemeenskap daar. Ons wou graag by Braai Republic, die SA restaurant gan eet het, maar hy was toe te vol. Ons kon darem baie lekker burgers te koop kry by ‘n Amerikaanse Diner. Ons het toe ook gaan kuier by ‘n Kanadese Pub en is later vir die rugby na Scrooches, ‘n Sportsbar waar hulle die rugby op big screen uitgesaai het. Dit was ‘n lekker ervaring, maar ek en Adi is vandag omtrent uitgeput.
 
Tot volgende keer….

Lewer kommentaar