Korea #3 – 23 Junie 2012

hey almal!!
Ons het uiteindelik by ons nuwe woonstel ingetrek. Dis nogsteeds in dieselfde gebou, net ‘n paar vloere laer (dankie tog!! trappe is nie vir my nie) en groter. Ons het ook darem nou ‘n dubbelbed, so ons hoef nie in hierdie hitte meer ‘n 3-kwart bed te deel nie.
Een ding wat vir my regtig opvallend is, is die dogtertjies wat verskriklik mooi aangetrek word…rokkies met valletjies en strikkies en blommetjies. En die haartjies is net so mooi gedoen. Niks Hannah Montana en daai goed waaroor die SA dogtertjies so begaan is nie. Ekt al daaraan gedink om ‘n paar rokkies hier te koop en te bêre vir my dogtertjies eendag. Ek kon niks sulke klere kry toe ek blommemeisie-rokkies gesoek het voor my troue nie – die dat ek dit toe laat maak het. Die seuntjies is ook cute – maar nog nie so cute soos die dogtertjies nie!! Haha… hierdie kinders maak net vir Adi heeltemal te broeis na my sin…. Hy wil net babas hê!!!556303_10151165958153476_1977106385_n
Die kids se engelse name is ook soms baie vreemd. Daar is bv ‘n meisietjie in my klas wie se naam ‘Pink’ is. En sy trek omtrent net pienk aan!! Christina is ook ‘n gewilde naam onder die dogtertjies – daar is omtrent altyd 2 Christinas per klas – en daar’s gewoonlik nie meer as 10 kinders nie. Ek wonder of die TV-reeks, Greys Anatomy dalk ‘n invloed kan hê, siende dat die Koreaan in die storie se naam ook Christina is. June, Jamie, Alice en Chloe is ook baie gewilde name… Diername is ook gewilde keuses, het ‘n paar Lions, Eagles, Tigers en Dragons. Ek wag nog vir ‘n kind wat Angry bird genoem gaan word – die Koreane is behep daarmee!! Die een dierbare seuntjie het vir my angry bird stickers gebring en my hele arm vol geplak… ek’t toe nou maar besluit om my rekenaar bietjie te ‘pimp’ met Angry birds. Ek moet sê, hulle is nogal my ‘gatkruip’ klassie…heeltyd vol komplimente ‘teacher you’re beautiful’  of hulle massage my skouers as hulle klaar is met hul werk.
Ons het die week begin met klasgee op ons eie. Ek is mal oor my klein kiddies, dierbare cuties wat net heeltyd wil drukkies gee… my senior klas het so een stoute hel in wat dit regtig nogal sleg maak. Een van daai gevalle waar die kind nie Engels xtra klasse wil doen nie, maar deur sy ouers gedwing word, nou maak hy dit vir almal sleg. Ek hoor al die ander onnies sê letterlik hul haat hom en is te bly dat hy tog nie weer in hul klas is nie. Hopelik kry ek iets uitgerig. Ons voel maar nog so effentjies verlore met hoe en wat en waar, maar elke dag raak ons meer gemaklik met die skoolgee.

Ek en Adi is albei bietjie verkouerig gewees die week, neem aan dis maar al die aanpassings. Snaakste ooit: Adi nies nogals vreeslik hard…so regte A-tie-suuuuuuuu nies. So nies hy toe ‘n paar keer in die klas…die Koreaantjies dink dis vrek snaaks en dat dit ‘n speletjie is… hulle skree heeltyd ‘again’ , ‘again’ ….En Adi kan nie ophou nies nie, so hy doen dit ‘again’.

Ons albei bied een keer ‘n dag ‘n 20 min- kindy aan. Dis maar net baie basic engels vir 4 jariges. Daar’s een meisie in Adi se klas wat nie kan ophou lag as hy inkom nie…sy wys tot met haar vinger na hom…ai, die gingerism…haha!!
Fisieke kontak tussen mans en vrouens in die publiek is ‘n totale taboo hier. Dit is wel aanvaarbaar vir 2 mans of 2 vrouens om hand-aan-hand te loop as teken van goeie vriendskap. Mans sal ook glo met mekaar slow-dance ens in klubs. Ons het voor die tyd juis gesorg dat ons niks meer as hande vashou by die skool nie – maar dit was ook te erg vir die koreane en ons is aangespreek. Daar het wel nou die dag 2 seuntjies in my klas baie hartstogtelik begin soen. Het hul maar net op ander plekke laat sit. Is vir my maar bietjie freaky.424807_10151269009318476_1296925579_n
Nog ‘n snaakse ding wat ek agter gekom het van die toilets, is dat die Koreane nie die toiletpapier afspoel nie, maar dit eerder in die asblik gooi – seker om blokkasies te keer. Dis net vir my weird en ek kan nie minder worry nie…..

Dis nogsteeds elke lunch vir my ‘n straf om te gaan eet… maar moet sê, die tofu nou-die-dag was eintlik heel lekker. En die aartappel. lol. Gelukkig kry ons met die pouse 3h ‘n broodjie… Ek glo nogsteeds dat brood vet maak, maar dis darem beter as om dood te gaan van die honger. Brood is eintlik baie duur hier – so R30 vir ‘n heel brood. Die koreane beskou dit nie as ‘n stapelvoedsel soos ons nie, maar eerder as ‘n snack. Dus word hier nie baie brood geëet oor die algemeen nie. Ons het intussen weer gebraai – bietjie steak die keer. Is maar duur, maar tog nie buitensporig nie.Ek en Adi het elk ‘n groterige steak vir so R60 vir albei gekoop. Ons het ook ‘n heerlike pasta plek naby ons huis ontdek, so ons kan darem die pizza so bietjie afwissel.

1.6 liter bier

1.6 liter bier

Ons oorweeg dit om vir die vakansie na Jeju-Island te gaan. Ek sien daar is ‘n toer van 5 dae hierdie maand met verblyf en reiskoste ingesluit wat so R3000 per persoon kos. Hulle neem jou dan  ook na al die besienswaardighede daar op die eiland. Ek dink glad nie dis ‘n slegte deal nie, ek hoop net daar is so toer met ons vakansie tyd. Ons het die mense ge-email, so hoop ons kry positiewe terugvoer. Meeste foreigners hier het ons ook al gesê dat Jeju ‘n ‘must see’ is.

(gaan kyk op http://www.adventurekorea.com/ as julle meer wil uitvind van wat ons beplan vir vakansie).

Liefde
Lize (en Adi)

Korea #2 (17 Junie 2012)

Ons is sover maar nogsteed op die pizza haha. Het darem so bietjie sushi gekoop by die supermark alhoewel ek nogal die groot stukke vleis mis…veral my ma se appelkooskonfyt-hoender… Hier is baie tipe vis-goete maar eks nog te bang om enigiets te koop – die meeste van dit is sommer sulke heel goed wat nog nie skoongemaak is nie. Sal dalk later meer gewaagd raak.

Verskeidenheid van sushi of kimbab.

Verskeidenheid van sushi of kimbab.

Bietjie seekat? Hierdie is darem dood, maar seekat word baie keer in Korea ook lewendig geëet.

Bietjie seekat? Hierdie is darem dood, maar seekat word baie keer in Korea ook lewendig geëet.

Hier is plekke soos Mc Donalds en Burger King, maar nie wat baie naby aan ons apartment is nie. Pizza hut se pizzas is ook baie duur, so ons koop eerder by Pizza School wat so 5000KW is. Dit werk so op R45 uit  vir ‘n groot pizza. Een van ons co-teachers het darem aangebied om op gereelde basis ons te gaan bekendstel aan van die ander eetplekke. In Korea is dit goedkoper om te gaan uiteet as om vir 2 mense kos te maak….so hoekom gaan ek nou skottelgoed vuilmaak?

Vrugte is ongelooflik duur….ek is al so lus gewees, het nou die dag ‘n klein handjie vol bessies vir 3000kW gekoop – dis omtrent R27….
Ons het darem ontbyt-pap en yoghurt, maar met die dat ons al 11h middagete by die skool kry as ons eers 10h daar hoef te wees is ontbyt eet soms bietjie oorbodig. alhoewel ek maar ontbyt eet omdat ek nog nie so lief is vir die koreaanse kos nie en maar min eet by die skool.
Melk is nogals taamlik duurder as in SA, maar ons gun onsself maar die luxury.
Ons was Saterdag bietjie Seoul toe die oggend. Lyk regtig baie lekker daar. Ons was in ‘n huge laptop-winkel…so groot soos ‘n Game, maar verkoop NET laptops. Het toe vir Adi ‘n baie lekker laptop gekry vir R4500. Het nie veel verder geshop nie…het net so bietjie rondgeloop tussen klomp stalletjies. Oppad terug het ons verby ‘n paleis-iets gery, sal graag in die vervolg wil gaan besoek. Dit was baie warm en daar is so plein waar water vanuit die grond spuit in sulke dun straaltjies. Mens sien net orals ouers wat met hul kinders daar speel en baljaar in die water. Ek’t nie veel opgelet of dit baie besoedeld is nie…maar dink nie dis so erg nie. Dit stink gewoonlik vir my in Johannesburg en daar het hierdie keer niks my afgesit nie.

Namaaksel van Adidas. Nou nog spyt ons het nie maar die hemp vir Adi gekoop nie!

Namaaksel van Adidas. Nou nog spyt ons het nie maar die hemp vir Adi gekoop nie!

Ons het Sondag gaan inkopies doen by E-mart (ongelukkig so op die sabbat). Het egter met die terugkoms op die verkeerde bus geklim en toe lekker verdwaal… Ons bly toe maar sit, want wat gaan ons anyways doen as ons afklim. Toe die drywer klaar is met die roete toe probeer hy by ons hoor wat fout is, maar die kommunikasie was maar moeilik. Ons het wel reggekry om te verduidelik dat ons net weer wil terug ry… Ons moes toe maar wag dat sy breuk oor is en hy weer die terugroete aanpak. Gelukkig klim daar ‘n koreaanse vrou op die bus wat kan engels praat en sy kom agter ons is so effe benoud. Ons noem toe waar ons bly en wraggies, sy bly daar naby. Sy sê toe ons moet saam haar afklim en dan ‘n taxi neem…en sy’t betaal, wat ‘n bargain!! Werklik gebedsverhoor want volwassenes wat kan engels praat is so skaars soos hoendertande. 
Dit was ook met die shopping en verdwaal dat ek regtig so bietjie frustreerd begin raak het met die taal. Alhoewel ek weer dankbaar is nadat ek gesien het ‘n mede-Kovsie se ma is vermoor en pa kritiek na ‘n aanval  en ‘n oom wat Adi ken is by Soutpan geskiet, dat hier glad nie misdaad in Korea is nie. Ons los ons huis oop deur die dag, met 2 laptops en ons weet ons kan die aand terugkom en dit sal ng hier wees. En ons kan ook in die middel van die nag in die strate rondloop sonder om enigsins bang te voel. Al waar mens dit in SA nog kan doen is Orania…
 
Ek wil bitter graag bietjie see toe gaan – ek beny vir Ingrid wat in Pohang bly en gereeld op die strand kan gaan stap. Het sover nog net die see vanuit die vliegtuig gesien en toe ons daar verby ry nadat ons geland het in Incheon. Hoop om die vakansie te gaan draai in die Oos-kus. 
 
Ek kan nie regtig die skoolopset vergelyk met SA s’n nie omdat ek werk by ‘n kindergarten en in SA net met Hoërskool gewerk het. Die skoolgebou self is baie mooi en modern en baie kleurvol. HUlle het ook glasborde ipv swartborde – werk baaaaie beter, maar dit sal seker nie in SA heelbly as hulle dit by die skole implementeer nie. Engels word ook as ‘n speaking language geleer – met klem dat hulle die taal sal kan gebruik. Die heel kleintjies (4/5 jr) is maar die moeilikste omdat hulle absoluut niks van engels weet nie. Maar aan die ander kant spring mens ook nie net weg met moeilike grammar ens nie. Ons sal bv TPR (Total physical response) met hulle doen soos ‘hands up, jump left, ens terwyl jy dit saam met hulle doen. So leer hulle maar die aksies. Jy leer aanvanklik net vir hulle woordeskat in die begin mbv flashkaarte met prentjies op. Die werk raak egter vinnig moeilik want hulle is regtig skerp kindertjies. DIe 10-jariges doen bv dieselfde grammar as wat ek laasjaar met van my hoërskool kinders gedoen het. Ons maak egter baie van speletjies en liedjies gebruik om dinge vir hul te leer. Ek wens nogals ekt ‘n paar sulke liedjies laasjaar geken vir my HS kids – sou die goed baie makliker kon memoriseer. 
 
Die kinders is absoluut gek oor Adi, ek voel soms jaloers… as hy net in die gang af geloop kom hol hulle na hom en dis net Adi-teacher voor en agter. Hy het aanvanklik baie gestres oor die hele kindergarten idee, maar na 2 weke se observasie lyk hy baie meer ontspanne. Hy is eintlik opgewonde oor die klasgee. Asian kids is net mal cute en hulle vermaak mens regtig baie. Ek’s al klaar lief vir die kiddies. 
Ons het hierdie Vrydag bietjie op die dak gebraai om bye te sê vir Jon en Kandice, die 2 Kanadese in wie se plek ons kom werk. Saterdag het ons bietjie Itaewon toe gegaan, ‘n voorstad van Seoul. Baie interessant daar, daar is ‘n baie groot internasionale gemeenskap daar. Ons wou graag by Braai Republic, die SA restaurant gan eet het, maar hy was toe te vol. Ons kon darem baie lekker burgers te koop kry by ‘n Amerikaanse Diner. Ons het toe ook gaan kuier by ‘n Kanadese Pub en is later vir die rugby na Scrooches, ‘n Sportsbar waar hulle die rugby op big screen uitgesaai het. Dit was ‘n lekker ervaring, maar ek en Adi is vandag omtrent uitgeput.
 
Tot volgende keer….

Eerste week in Korea (Junie 2012)

Tydens ons verblyf in Korea het ek gereeld emails na vriende en familie gestuur om hul op hoogte te hou. Ek’t baie goeie terugvoer gekry en besluit om al my emails hier te kom spoeg en plak. Net tot ek die blog-ding gewoond geraak het.
9 Junie 2012:
Ons is nou uiteindelik in Korea woonagtig!!

Korea

In die vliegtuig, reg om te vlieg na ons eerste avontuur in ‘n nuwe deel van die wêreld!

Heel interessante ervaring sover. Ons is so 18 foreign teachers wat in dieselfde woonstelblok bly en by 3 verskillende skole werk. 10 van ons is ook Suid-Afrikaners. Die res is Kanadese en Amerikaners. Dit voel amper weer of ons in ‘n koshuis is… Ons kuier lekker saam op ons oop dak of doen maar dingetjies saam.

Koreaanse kos is vrek sleg. Adi hou daarvan – maar kool wat in gegiste knoffel en asyn gestaan het is nou nie my idee van lekker eet nie. Sover lewe ek op pizza. Het gistraand met Ingrid gepraat en sy voel nes ek oor die kos!! Ons wil in die skoolvakansie kyk of ons by haar kan uitkom. Sy’s nie so gelukkig soos ons met vakansies nie – so ons gaan maar aan die Oos-kus bietjie see toe gaan en hoop om oor ‘n naweek bymekaar uit te kom.

564917_10150935923288476_991711896_n

Hier het ons galbi gaan eet. Van die beter Koreaanse kos. Elke tafel het sy eie braaiertjie waar jy dan stukkies vleis braai.

Ons selfone werk nog nie, alhoewel ek met whatsapp kan kommunikeer as ek wi-fi sein het. Kommunikasie is moeilik want die Koreane kan nie engels praat nie – soos glad nie, nie eers ‘n bietjie nie, so ons het nou al handgebare uitgefigure.

Die kinders is baie oulik en nogals soet – net hier en daar ‘n woelige een. Ons klasse is egter baie klein – gewoonlik nie meer as 10 kinders nie. Toe ek vir die amerikaners vertel dat SA skole maklik 50 in ‘n klas kan hê, of minstens 35, het hul monde oopgehang.
DIe kinders het veral ‘n liking in Adi gekry en as hulle hom sien word daar net heeltyd geskree: “Adi-teacher, Adi-teacher!!”

319372_10151038697498476_418623511_n

My een klassie, baie oulike kindertjies.

Die toilette is ook snaaks – spoel self en die sitplek word verhit!! En as jy klaar is, dan praat ‘n koreanse vrouestem met jou (Adi sê hy’t aanvanklik sy gat af geskrik toe ‘n vrou sommer so langs hom praat.) Die publieke toilette is egter BAIE skoner as wat jy ooit in SA sal teekom (net soos als anders)…

Ons kry nou lekker series en dinge gedownload – Adi is aan Army Wives bekend gestel en nou is hy meer verslaaf as ek!! haha.

O ja… moenie ooit ice coffee bestel nie…dis SWART koffie met ys in…vrek sleg – nie dit wat ek in SA kry nie. Vra eerder vir ‘n iced latte…dit het melk in!!

Daars so baie wat ek wou vertel, maar wat ek wragtig nie kan onthou nie… so skryf terug en vra vrae!!

Liefde
Lize

PS. Die mense hou honde en katte as troeteldiere aan en nie net as kos nie….